Tito Mboweni: ‘Julle gaan spyt wees Afrikaans is weg by Tuks’

Tito Mboweni se twiet. (Skermskoot)

Tito Mboweni, minister van finansies, het Donderdag gesê hy is gekant teen die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om Afrikaans as onderrigtaal by dié instansie uit te faseer.

Mboweni het behoorlik sy kop in ʼn byenes gedruk deur te twiet: “Ek stem openlik, en in my persoonlike hoedanigheid, nie saam met die uitfasering van Afrikaans as een van die tale van onderrig by die Universiteit van Pretoria nie. As ʼn land, skiet julle julself in die voet. Julle sal oor 30 jaar hieroor spyt wees,” het hy getwiet.

Sommige sosialemediagebruikers het Mboweni geloof vir sy siening, maar hy het hom grootliks kritiek op die hals gehaal. Een van die kritici was EFF-leier Julius Malema wat geantwoord het: “Maar jy word nou te veel, dit is nie meer snaaks nie.”

Verskeie mense het na Hector Pieterson (12) verwys en gesê dié seun het nie gesterf vir Afrikaans as onderrigtaal by Suid-Afrika se onderriginstellings nie. Hector is in 1976 deur die polisie doodgeskiet tydens gewelddadige jeugopstande teen Afrikaans in skole. ʼn Foto deur Sam Nzima van die sterwende Hector in die arms van een van sy skoolmaats het ʼn ikoniese foto geword wat oor die hele wêreld bekend geraak het.

Die taalbeleid van die UP het vandeesweek weer onder die vergrootglas gekom nadat AfriForum ʼn mediaverklaring uitgereik het waarin die organisasie sê hy veroordeel ten sterkste die aankondiging van die UP se nuwe visekanselier, Tawana Kupe, dat die universiteit van vanjaar af net in Engels sal funksioneer.

Rikus Delport, die universiteit se woordvoerder, het egter teruggekap en gesê AfriForum praat “snert”. Hy het verduidelik dat Engels van vanjaar af die taal van onderrig en studie in alle eerstejaarprogramme word, maar dat studente wat reeds by die universiteit ingeskryf is die geleentheid kry om hul onderskeie studies in Afrikaans klaar te maak.

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Tukkies se raad het reeds in Junie 2016 ʼn nuwe taalbeleid aanvaar ingevolge waarvan Engels die primêre onderrigtaal word. Ook is besluit dat Afrikaans as onderrigtaal geleidelik uitgefaseer word.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum verantwoordelik vir taalkwessies, sê dat die UP aanvoer hy wil meertaligheid en sosiale kohesie bevorder, maar dit lyk asof die bestuur nie die woord “meertalig” verstaan nie. “As studente op die kampus, in onderriglokale en selfs in studentebehuising slegs een taal – naamlik die koloniale taal Engels – gebruik, is daar van eentaligheid sprake, nie van meertaligheid nie, want daar is immers geen ruimte vir meer tale in die formele universiteitsomgewing nie,” sê Bailey.

Sy het daarop gewys dat die UP graag noem dat die aantal moedertaalsprekers van Afrikaans aan die universiteit afgeneem het, maar vra hoeveel van die UP se studente se moedertaal Engels is. “[Dit] teenoor die sprekers van ander moedertale wat nou in hul tweede, derde of selfs vierde spreektaal onderrig word,” sê sy.

Bailey sê die UP verwys na geen plan om in die toekoms enige ander taal tot gelyke status as Engels te bevorder nie; dus is daar geen verbintenis tot moedertaalonderrig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

JL ·

Ag komtog oor die Hector seun wat betoog het. Daar word 1000de vermoord, maar jul maak n held van n rioter af.

leser ·

dankie mboweni
“ek sal lewe, ek sal sterwe, vir my afrikaanse ” SUID AFRIKA”

Charles ·

Mnr Tito Mboweni, dankie, jy slaan die spyker op sy kop, lank lewe ons dierbare taal Afrikaans!

Ander motief ·

Hy is die Minister van Finansies . . . . as sulks, wonder hy seker wie hoe sal die universiteit kan oorleef, sonder die betalende blanke . . . . want sy kierserkorps gaan aandring op gratis ALLES

Afrikaner ·

Watter taal word by die Universiteit van die Noorde gebruik? Hierdie is ‘n absolute haat vir die Afrikaner en sy taal wat vernietig moet word omdat dit volgens die regering rassisme en apartheid verteenwoordig. Hoe maak ENGELS enigiets reg? Daar word nou meer skole uitgebrand as die paar wat in die apartheidsjare gebrand het JUIS OOR AFRIKAANS. Enkele skole is oor Afrikaans verbrand, duisende ander sommer net omdat mense vandale en vernielsugtig is. DIt is ‘n diep ingeborge HAAT vir die witman en Afrikaner wat beter as hulle presteer .. Ons kinders se handboeke was in elk geval alles in ENGELS en hulle het ALLES DEURGEKOM, ek kan nie dieselfde van julle lot se nie.

JohanL ·

Hector Peterson is oorlede omdat daar betoog is teen Afrikaans wat afgeforseer was op die swart leerders. Is dit nie juis presies wat nou by Tuks gebeur nie? Engels word as enigste taal afgeforseer.

So die swart populiste soos Malema verkrag dan nou juis Hector Peterson se nalatenskap.

Baie dankie Mnr Mboweni – verfrissend om te sien u sien die lig.

Charles ·

Die storie oor Afrikaans wat kwansuis afgedwing sou word is net die halwe waarheid Johan; die realiteit van wat gebeur het; die aanloop, en dit wat daartoe aanleiding gegee het, is baie, baie meer ingewikkeld as dit. Eenvoudig gestel: ons pragtige jong taal wat eintlik nog in sy kinderskoene is, is van daardie tyd af die teiken van feitelose sensasie, en haatgeinspireerde fopnuus, en die “scapegoat” vir al die swartes se probleme en “the object toward which their wrath is directed”.

Is dit nie…”geskiedenis” nie..in elk geval…wanneer beweeg die mense aan? (wenk: nooit nie, want slagofferskap sindroom vier hoogty onder hulle EN IS PERMANENT)
EK VRA MET TRANE IN MY OE: Waarom haat koester teen ‘n taal as gevolg van haat teenoor die sprekers daarvan? WAT OP AARDE HET ONS GELIEFDE TAAL DAARMEE TE MAAK!!?

Ina Cronje ·

Charles, dit is so dat Engels is die mees aanvaarbare taal Internasionaal veral mbt tot werksgeleenthede. Ons het as kinders tweetalig grootgeword – Afrikaans as huistaal en Engels as opvoedkundige taal. Ons was almal vlot tweetalig. My seun was egter in ‘n baie goeie dubbel medium skool – Afrikaans was sy taal van keuse om sy skool loopbaan te voltooi. Op universiteit – Stellenbosch – was alles in Engels weens die rigting wat hy gekies nl ingenieurswese – wat te verstane is. Hy het nooit gekla daaroor nie omrede hy geweet het dit sou so wees. Met verdere studie by Ikeys, ook weer alles in Engels, het hy met vlieende vaandels geslaag. Hy sit vandag oorsee nadat hy ‘n uitstekende pos in sy vakgebied aangebied is – alles in Engels, en nog steeds Afrikaans as huistaal – godsdiens ens. Waarom almal so groot bohaai maak kan ek nie verstaan nie – gebruik beide tale tot voordeel van jouself – werk en persoonlike lewe en jy sal nooit spyt wees nie.

Phill ·

Ek het gesit en wonder oor onderrig in Afrikaans en moet my nie verkeerd verstaan nie maar, internasionaal kommunikasie is Engels. As ons wil vooruitgang wil geniet is onderrig nie beter in Engels? Kyk na die Jode/ Isreal, internasionaal floreer hulle suksesvol. Wat keer ons Afrikaanse mense om ook suksesvol te wees, ‘n politieke bakleiery oor Afrikaanse onderrig? En ja ek werk nie in SA nie maar ek beleef wat in die buiteland gebeur, ek wil my kinders die geleentheid gee om internasionaal suksesvol te wees en dink dis dalk nie ‘n slegte opsie nie om Engelse onderrig te oorweeg nie.

Sarie ·

Die hooftaal in Israel is moderne Hebrèeus Die Japannese en Duitsers presteer goed op die wêreldmarkte tog studeer hul in hul moedertaal.

Johann van Cullinan ·

Ek stem saam. My moedertaal is Afrikaans, maar ek dink Phill het ‘n punt beet. As jy na seker lande wil immegreer, moet jy eers ‘n Internasionale Engelse Toets aflê. Ek is ook lief vir Afrikaans. Ons sal dus ons kinders moet grootmaak om twee talig te wees.

Deon ·

In Quebec is daar Franstalige universiteite. Die studente word nie in die Engelse Kanada benadeel nie. In Belgie is daar Vlaamse en Franse universiteite en skole.

Deon ·

Johan, nie almal wil of kan die land verlaat nie. Neem as voorbeeld BSc Agric studente wst wil gaan boer.

Wessel ·

Phill, hierdie gesprek is mos al oor en oor en oor gevoer met dieselfde gevolgtrekking, hier is jy nou besig om die wiel weer van vooraf te ontwerp.

Anel ·

Daar is net paar lande waar engels gepraat word. En die wêreld se handelstaal is ook nie engels nie. Die Europese unie wag ook net dat Engeland weg is dan word dit ook nie meer daar gepraat nie. Frans en Duits sal dan die spreektale wees. Die helfde van Afrika is ook Franssprekend. Slegs die lande war deur Engeland geanekseer was praat nog die taal, maar Frans word meer wêreldwyd gepraat as die britte se taal. So leer in Afrikaans en praat Afrikaans. Dis jou moedertaal. Hoekom gemiddeld wees in ander taal as jy nie oorsee kan of wil gaan nie. Maar ek sê ook, bevorder die ander landgenote se tale dat hulle nie nodig het om minderwaardig te voel nie. My opinie.
In elke geval, daar is ‘n studie gedoen verlede jaar, en kinders uit Afrikaanse skole het 4de geiendig, bo, Australie, Engeland, Amerika. Ek dink die Noorwëers en nog Skandinawiese lande was die enigstes wat beter as die Afrikaanse kinders gedoen het.

Janet ·

Anel, ek’s nuuskierig oor waar jy jou syfers kry. Want ‘n vinnig internetsoektog sal jou wys dat Engels steeds die wyds gesproke taal is: byna vier keer meer mense praat Engels as Frans. (Ons praat hier van beide eerstetaal- en addisioneletaalsprekers.) Daar is ook heelwat meer mense wat Mandaryns, Hindi en Spaans praat as Frans.

Deon ·

Ina, dinge het goed vir jou seun uitgewerk. Gaan hy terugkeer na SA? Indien nie, het belastingbetalers baie geld op hom gemors. Maar die res van ons moet maar verengelsen verduur. Let wel, daar is ‘n merske verskil tussen Engels en verengelsen.
Dink maar waarteen het die vaders van Stellenbosch, Langenhoven, Hoogendyk, Pannevis, Toitius en baie ander opgestaan. Hulle was ysters wat bereid was om op te staan vir hul regte. Ons mis dit vandag.

Sonet ·

UP is inelkgeval nie die enigste universiteit wat afrikaanse vakke aangebied het nie so die wat kerm oor dit, stuur jou kind na Potch toe, Unisa, Akademia, ens. Engels is ongelukkig die taal wat wêreld wyd aanvaar en verstaan word. Jy gaan net makliker Oor die weg kom en baie deure vir jou oop maak as jy in engels gaan swot. Eks trots op my taal (Afrikaans) maar mens moet tog ook dink aan jou eie toekoms.

gatvol ·

Ek het in die vroeg 70’s twee grade aan Tukkies behaal. Toe was dit ‘n blanke en Afrikaanse instansie. Ek wil absoluut NIKS meer met my alma mater te doen he nie! Ek het dus my boedel aan Orania, Akademia en Sol Tech bemaak. Good riddance!

Deon ·

Anel, teen 2040 gaan sekere gedeeltes van die VSA hoefsaaklik Spaans wees. Dit gaan pret wees indien staats universiteite in Kalifornia Engels begin uitfaseer.

Thinus ·

Hector Pieterson is n sprekende voorbeeld van “kinder soldate” wat die Terroriste Organisasies in hulle sogenaamde stryd na die bevolking te neem soos Stompie Moeketsi Seipei, die ANC is egter nie ons probleem nie en is en was die Afrikaner, as gevolg van sy onwrikbare geloof, so deursuur, Mat 16, dat hy as gewillige dwaas deur die Mosesstoel, hulle wat meesters genoem word, Mat 23:5-10, en het me agteraf onderhandelinge, hoogverraad, die Afrikaner uit verkoop, die Verenigde Nasies moet nog antwoorde, so ook die Menseregte waghonde oor die gebruik van kinder soldate! Die Waarheid en Versoening Kommissie se “Vrywarings” aan die ANC deur die Mosesstoel bewerkstellig is ongeldig, “Ex dolo malo, non Oritur Actio” of geen regshandeling vloei voort uit bedrog nie, en die ses beginsels vir onderhandeling met die ANC, die voorlopige beginsels van Immanuel Kant se Perpetual Peace, wat deur die VN en Wêreld Vredesorganisasie n voor vereiste was vir die Onderhandelinge is reeds verbreek, en het die Afrikaner die volste reg om die Uitklim klousule van Art 33 van die Grondwet te gebruik om wettig die TBVC state terug te gee aan hulle bewoners, en Suid-Afrika dmv Restitutio Integro te herstel! Ek hoop dit plaas grondhervorming in n totaal ander lig?

Oom Willem ·

As ek reg onthou was Afrikaans ‘n keusevak gedurende 1976 en het die kommuniste dit gebruik om opstande aan te blaas. Netsoos dit vandag gaan waar enigiets wat niemand kan dink eers grens aan rassisme nie deur die media en politici gebruik word om onrus te stook.

NEEE WAT ·

Ek is trots Afrikaans, maar my dogter is in ‘n Engelse privaatskool. Ek sien hoe sukkel Afrikaanse kinders as hulle na skool studeer met die Engels, en is dankbaar dat ons daai aanpassing in Gr8 gemaak het. Sy sal altyd Afrikaans bly, maar ek dink dit is tyd om nugter hieroor te dink… Al sou sy die opsie hê, sal sy (soos menige ander wat ek van weet) in Engels studeer…

Deon ·

Nee wat, jou kleinkinders gaan nie ‘n idee het wat se taal ouma praat nie, selfs in SA.

Gert ·

Ek dink nie sy sal altyd Afrikaans bly nie, sy meng nou net met “Engelssprekendes”, sal maar vir haar ‘n lewensmaat onder hulle kies, en haar kinders sal engels wees.
Dink egter nie dit sal jou pla nie.

Charles Skeen ·

Myns insiens gaan die besluit nie eers oor Afrikaans nie. Dit gaan oor die UHURU strewe om alles te verswart wat voorheen wit was. Nou kan hulle die universiteite behoorlik aftrek op hulle vlak en so die beginsels van Afrika Wetenskappe instel. Die blote feite dat ons hulle toegelaat het om die beheer van die universiteit oor te neem was reeds die laaste spyker in die kis vir goeie universitêre opleiding. Van opvoeding sal daar vorentoe geen spraak wees nie.

Hanna Hoekom ·

Kom ons wees nou maar eerlik: solank daar blankes en Afrikaans is sal die Afrika-mens altyd minderwaardig voel. Punt. So, in plaas van hulself ophef (soos wat wereldwyd die norm is), dwing hulle standaarde af. Probleem opgelos!

Kediksie ·

Tito is 100% reg…. Oor 30 jaar het die boerevolk suksesvol graad gevang in Engels en de laaste een sal vir hulle n heenkome in n ander land gaan kry. Dus, oor 30 jaar het ons n klomp stommerikke in Suid Afrika wat hul graad “demand”, want self gaan hulle dit nie sommer reg kry nie.

Elvira ·

Ek gee UP 2 jaar dan is daar duisende inskrywings in Januarie, maar teen April het driekwart OF opgeskop OF tou op gegooi.

Hoc est bellum ·

Pasop! Hy soek jou stemkruisie in die ANC-blokkie in die komende verkiesing. Pasop!

Basjan ·

Netso! Jy het dit baie goed gestel! “Hy soek jou stemkruisie in die ANC-blokkie in die komende verkiesing.”

GM ·

@Neeee Wat – Dalk is die taal nie die rede gewees hoekom die ‘Afrikaanse kinders’ na skool gesukkel het nie? Daar is immers baie faktore wat ‘n rol speel. Wegwees van hul ouerhuise – geen ouer wat toesien dat hulle leer nie. Nuutgevonde vryheid – so gaan kuier in plaas van leer. Kind was dalk ‘n presteerder op skool, en toe hy/sy op universiteit kom, was die massas werk net te veel om als net gou deur te lees voor ‘n toets. Die lys gaan aan.
Ek was in ‘n Afrikaanse skool, het klas geloop in Engels en in Afrikaans op universiteit (afhangende van die module), handboeke was ALS in Engels. Engels was immers ‘n skoolvak, (en TV-programme is ook meestal Engels), so ek kan nie sien hoe die taalskuif ‘n probleem raak op universiteit nie. Terminologie leer mens tog aan.

Thinus ·

GM en Alida navorsing het gewys dat as jy in jou eie taal leer jy ontwikkel en die belangstelling behou om te leer. Die klug dat Engels die Internasionale Besigheidstaal is, is by juis die Mosesstoel op jou afgedwing in is die Afrikaner soos die Israeliete identitetsloos. Daar word van plus minus 20 sosiale ondermynings tegnieke gebruik gemaak! Dit is makliker om op te gee en te versleg as om te veg? ” Way of least resistance” of die breë pad na die verderf. Die Verenigde Nasies het n afdeling wat dekolonisasie moet inisisieer ons het net van n ongedokumenteerde kolonie nou na n gedokumenteerde “Demokratiese” Statebond. Die res van die Wêreld kan nie bekostig dat die Afrikaner n Fisiese, Intelektueele en Geestelike bedreiging vir hulle word nie, daarom word jou standaarde verlaag. Jou Akademici het die vermoeëns om alle Internasionale handboeke te vertaal en hulle eie navorsing te publiseer IN AFRIKAANS. Die probleem het gekom toe die Afrikaner vir Einstein verkeeerd bewys het en dat die Aarde nie om die son wentel nie, dat die ses grade van vryheid nie ‘n oop siklus is teen 90° nie op x, y en z-as nie, maar n geslote lus in n tetrahedron teen 60°. Hierdie data moet nou aan 13356 universteite internasionaal gestuur word om die Afrikaner verkeerd te bewys. Mboweni weet as jy nie tyd kan bepaal nie, kan jy nie belasting of rente hef nie, hulle skuld my n antwoord!!!

Philip ·

Hy het guts om dit te sê. Ek dink hy gaan teenspoed optel. As hy eerlik is oor die saak gee ek hom volpunte.

Alida ·

Dit is maklik. Maak die skole en universiteite almal engels. Die taal wat in die korporatiewe wereld en oorsee gepraat word is engels. Behou jou taal tuis of buite die hekke en leef jou kultuur uit by die huis. Wat is so moeilik om te verstaan? Ons gaan en sal nooit wen nie want hier is 11 tale dus is engels die antwoord. Dink bietjie.

Charles ·

Ons dink op baie rasionele en logiese wyse en met ons kinders se toekoms in gedagte dankie, maar ander blykbaar nie…

Afrikaans ONONDERHANDELBAAR.

Deon ·

Alida, gaan kyk hoe lyk die Engelse skole in gevestigde buurte. Ryk Engelse ouers stuur hul kinders nou na privaat skole.

Johan ·

Moedertaal onderrig het sóveel voordele dat dit ‘n ononderhandelbare eis moet wees…
Ontwikkel eerder die ander inheemse tale tot volwaardige wetenskap-tale sodat almal hierdie voordeel benut.

Charles ·

Die Derde Afrikaanse Taalbeweging is op hande, eintlik moet ons vir die haters se dankie!!

Jerry ·

Charles, as Afrikaans ononderhandelbaar is, hoekom is dit dan uitgefaseer by universiteite en by staatsinstellings! Dalk verstaan jy nie mooi wat ononderhandelbaar besig is om te doen aan die Afrikaner jeug nie, dit sluit die jeug uit, dit isoleer die jeug en dit beperk die jeug tot inklusiwiteit by akademia. Dit is geen wonder dat die jeug nie wil emigreer nie, die arme kinders kan nie Engels praat nie!

Frans C ·

Die antwoord is eenvoudig.Jou moedertaal is die taal waarin jy jou die beste kan uitdruk ‘n ander taal kanaan leer en kennis aan ander oordra.

Die ANC voel vere vir enige moedertaal,want dit beoog ‘n globale mens wat sover as moontlik is Engelssprekend is.As jy ‘n mens wil geestelik doodmaak begin jy deur sy moedertaal uit te faseer.Taal en kultuur en geskiedenis van ‘n volk is onlosmaaklik aan mekaar verbonde.

Deon ·

Jerry, selfs in die VSA en VK is baie immigrante wat nie Engels kan kommunikeer nie. Daar is ook SA jonges wat na nie-Engelse lande mik…

Thinus ·

Jerry jy is reg, reeds gedurende die onwettige onderhandelinge in Julie 1987 gedurende die Dakar onderhandellinge het IDASA, onder leiding van Alex Borraine, (Kerkman met Bybel onder die blad en duiwel in die @#$) saam met die ANC bepaal dat die Afrikaner moet verarm, dit is fisies, intelektueel en ook geestelik. Presies dieselfde beginsels wat deur die Jesiuetiese priester gebruik is om die voorlopige Grondwet van 1855 op te stel toe die 33 Artikels van die Sandrivier konfensie vervang is? Kyk die verband tussen Art 33 van die Grondwet en die Sandrivier konfensie? Ek dink ek behoort my Grondwet, wat ek geskryf het, en onder die Uiters Geheime 22 Reeks leêrverwysing aan Nasionale Intelligensie en Buitelandse Sake beskikbaar gestel het met die uitsluitlike doel om as Trojaanseperd te dien! Dit is die steen wat losgekom het soos in Dan 2:34 waarvan gepraat word? Reeds in 1979 het Pres. Botha gesê dat die Westminster sisteem nie werk vir Suid-Afrika en Afrika nie, en is ons opdrag gegee om Immanuel Kant te herbesoek vir Wêreldvrede! Wat dan ook gedoen is en die Totale Strategie of Reënboog Strategie gebore is. Wat julle sien is die teenoorgestelde van die Reënboog Strategie! Dit belowe ek, ek werk nog onverpoos om n Demokrasie te implimenteer! Die koningkryke tuimel internasionaal, dit is die enigste hoe die Afrikaner bevry sal kom, vat die geveg na hulle toe???

Gustav ·

Slegs dom Afrikaanse kinders sal sukkel om in Engels te kommunikeer, so hulle moet dalk maar eerder dan in Engels studeer. Enige slim Afrikaanse kind wat in Afrikaans studeer sal maklik in Engels kan kommunikeer. Snaaks hoedat part mense dink hulle kinders is dom.

Johan H. ·

Ek persòonlik doen baie om die taal lewendig tehou,.Afrikaans jou yster! Die wittes en bruin mense moet almal vf+ stem,ek dink dit sal n verskil maak!

marco polo ·

Ek beskou myself as n groot Afrikaanse patriot en het onderskeidings daarvoor op skool en universiteit behaal. Maar feit bly staan, Engels is die wereldtaal en as jy in die buiteland wil woon en werk, moet jy dit magtig wees. Ek put groot genot uit die ironie van die feit dat hierdie Boertjie nou n Engelse onderwyser is in die buiteland.

Thinus Erasmus ·

Jerry daar is twee kampe:
Mense wat glad nie omgee vir Engels op skool, universteit, by die werk en die hele wereld nie.
En dan is daar die ander verkrampte, ouderwertse en stoere Afrikaners, wat ten spyte van hul taal “gebrek” sommer baie goed gevaar het plaaslik en internationaal.
Lg. weet egter dat as jy nie Afrikaans vir jou kinders as eerste en moedertaal leer nie, en hul laat goed voel en trots wees om Afrikaners te wees, te leer en te werk nie, dan sal hulle of hul nageslag maar net Engelsprekendes – Engelse word, dit is tog net logies.
En almal van julle wat die eerste groep verteenwoordig, voel vry om voortaan in jul beste Engels kommentaar te lewer dat jul kindertjies ook kan verstaan.
En laastens Jerry, vandag se kinders sukkel met taal en nie net Engels nie. Dis weens die oormatige gebruik van selfoon en ander tegnologie en die gebrek aan lees en skryf in boeke, behoorlike persoonlike kommunikasie en klomp ander faktore!
Afrikaans vir opregte trots Afrikaners, en Engels vir die res!!!!!!!!!!

Charles ·

Wat jy nie verstaan nie,is dat die vyande van ons volk NOG ALTYD ons taal Afrikaans intrek by hul veragtelike politiek,en sodoende ‘n politieke speelbal daarvanmaak,TERWYL DIT NIE SO MOET WEES NIE.Ons begin nou UITEINDELIK die REALITEITte aanvaar,en neem daarom die uitdaging aan deur ons kinders die geleentheid te bied om in hul moedertaal te studeer via Akademia en ander opsies;weg van die verdorwende invloed van staatsorgane wat by uitstek hul politieke meesters napraat;wat ALTYD van ons onskuldige,geliefde taal politieke maak.
Hulle trek ons taal in WAAR DIT NIE WIL WEES NIE;EN IN IETS IN WAARMEE DIT NIKS TE DOEN HET NIE,MY LIEWE HEMEL;HULLE WIL ONS NET NIE UITLOS NIE! Verstaan jy dit nie?
Waarom is dit uitgefaseer by UP, UFS en Unisa? Maklik: GETALLE,en ‘n oordrewe vyandigheid teenoor die taal a.g.v.haar assosiasie met ons.Gee ons werklik om:NEE~!
By Pukke en US;wat staatsuniversiteite aanbetref,BLOM dit nog.Waarom?getalle!
Afrikaans isoleer nie;DIT BEMAGTIG!!
Vergelyk enige jeugdige met ‘n AFRIKAANSE jeugdige;wat skoolgegaan het in’n Afrikaanse Skool;en waag dit om te se dat ‘nkind van ENIGE ras of kultuur daardie kind se prestasies oortref.Dit is eenvoudig onmoonlik a.g.v.die ingeboude waardestelsel wat Afrikaans bied.
En o ja,al hoe meer jeugdiges en migrante migreer(soek werk ook)Nederland toe a.g.v. ons taaleenheidmethulle.WAAROM:’N ONGEBREIDELDE EN ONLESBARE LIEFDE VIR DIE TAAL.

Thinus ·

Charles, jy is korrek, in n Demokrasie gaan dit nie oor Intelektueele ontwikkelling nie, maar talentontontwikkeling, dws die individu se belangstellings, vermoeëns en kreatiewe denke word gesamentlik op n uitkoms gebasseerde sisteem gekoppel en jou ekonomie word nou nie aan valuta gekoppel nie, maar aan mens produktiwiteit, daarom is die Afrikaner as slaaf opgeraap deur die Buiteland, want ons kom doen nou hulle werk waarvoor hulle te sleg is. Mandaryns en daarna Spaans wat die meeste gepraat word. Dit is nie Logos of Logika wat vooruitgang skep nie, maar Sophos of Wysheid en n lewens filosofie wat die Afrikaner en Afrikaans n Wêreld bedreiging maak? Ons sal altyd die positiewe en negatiewe hê, soos dag en nag, geboorte en sterfte, maar die Afrikaner kom elke keer sterker terug! As Afrikaner gaan ek nêrens heen nie, en wettig sal ek my Afrikaner nageslag verseker? Ek mag miskien n ou toppie wees, maar baklei sal ek baklei vir Afrikaans en die Afrikaner.

Lerato ·

Navorsing het onomwonde bewys dat leerders beter presteer as hulle in hulle moedertaal onderrig word

Swart mense is vir dekades gedwing om in Engels en Afrikaans onderrig te ontvang.

Die meeste Suid-Afrikaanse se universiteite se onderrig media was uitsluitlik Afrikaans. Dit terwyl dit voorsiening gemaak het vir ‘n klein deel van die bevolking waarvan ek deel was.

Nou veg ons ten bloede vir ‘n reg wat ons ander misken het.

Johanna Botha ·

Ek was verbaas toe ek destyd n nagskof gewerk het en die meeste werkers toe na Jakaranda geluitser het …lekker Afr en almal het dit geniet. Net n paar wat dit vir die meerderheid sleg maak …veral die wat net wil afbreek brand protes maak oor alles. Snaaks dat Eng so gewild is juis histories die taal van die onderdrukker …dit praat ons lekker nou !

jaco ·

net 2 vrae:
1. so nou word die onderrigtaal engels. dis sover ek weet n wit europese taal wat uit die landjie Engeland in die weste van Europa kom. dit was ook n taal van onderdrukking dwarsoor die british empire. waarom is n ander taal van onderdrukking dan reg?
2. As die afskaffing van Afrikaans n straf n manier is om witr mense vir apartheid te straf, dan is seker maar goed so. dis darem beter as konsentrasiekampe ens. Maar wat ek graag wil weet is, wat van kleurlinge wat Afrikaans praat? hulle is tog ook slagoffers van apartheid. waarom moet hulle dan gestraf word?

Hans ·

Wonder nog steeds waarom ‘ n Zim burger as Rektor van U P aangestel word, is daar waarlik nie n enkele bevoegde gebőre suis-afrikaner om die pos te vul nie. Daar is soveel universiteite in die land dat daar baie maklik vir elke taalgroep ‘n universiteit daargestel kan word.

Deon ·

Hans, my probleem net buitelanders in plaaslike leierskaprolle is dat hulle nie ons geskiedenis en sosiale probleme goed begryp nie. Besluite word blindelings geneem met katastrofiese gevolge. In townships word buitelanders gou uitsorteer.

Martie Müller ·

Phill so jy het geen haat teen die engelse (Britse regering) nie. Jy sê hulle taal moet seëvier (engels) terwyl hulle ons voorvaders se huise gebrand en ons Vrouens en kinders in konsentrasiekampe gegooi het.

Louis ·

Ja, ons kan Afrikaans by ons huise lewendig hou en dit uitleef buite onderwys instellings, MAAR dis nie die probleem nie. Afrikaans is nie net ń taal wat jy praat nie, dis ook ń hoogs ontwikkelde akademiese taal met goeie literatuur en taalreëls.
Diegene wat Afrikaans wil weg hê verstaan dit nie…hulle sien die hele situasie deur ń politieke oogpunt. Hoekom doen die regering nie moeite om ander Afrika tale so te ontwikkel nie?
Die Afrikaners moes dit doen en ons het…die regering kan ook.

Brendon ·

Ek is tans besig met my M by tuks en verkies al my klasse in engels aangesien my thesis internationaal van standaard moet wees. Afrikaanse mense wat gekant is teen vooruitgang skiet hul kinders in die voet met die geneul oor afrikaans. Dit is asof die behoud van n taal belangliker is as vooruitgang van die volgende generasie van ons land.

Gert ·

Brendon, jy is bevoorreg, want jy kan in engels studeer soos jy graag wil. Daar is egter baie mense wat graag in afrikaans wil studeer, en hulle kry nou nie meer daardie opsie nie. Dis soos Henry Ford met die Model T: “jy kan die kleur van jou keuse kry, solank jy swart kies”.
Ek persoonlik weet dis beter vir ‘n afrikaner om in afrikaans te studeer, maar mag nou nie meer daardie opsie uitoefen nie. Jou idee van skiet in die voet is anders as myne.

Deon ·

Brendon, wie in die buiteland gaan nou in jou M wysheid belangstel. Vir baie jare is net die beste Afrikaanse M en D verhandelinge in Engels vertaal. Die proffies het kwaliteit geruik. Onthou, nie-Engelse Europeers, Asiate en Latyns Amerikaners voltooi steeds proefskrifte in hul moedertale en net die bestes word in ander tale vertaal.

Piet ·

Afrikaanse mense wat vir Engels baklei verbaas my eindeloos. Afrikaanse mense wat hulle kinders Engels grootmaak of in Engelse skole sit oor dit kwansuis beter is en dan nog spog dat hulle kinders nie ‘n woord Afrikaans kan praat nie. Is die Engelse Suid-Afrikaanse kultuur waaraan hulle verknog is werklik so wonderlik? Dit is basies ‘n afgewaterde Afrikaanse kultuur sonder wortels of tradisie. As jou bloedjie met sy/haar faux Engelse naam te onnosel is om twee tale te kan praat hoort hulle in elk geval nie in ‘n duur privaat skool of universiteit nie. Ek het met my Afrikaanse grade vir lank in die buiteland gewerk en my Boere Engels was dikwels veel beter as vele eerstetaal sprekers. Verder was ek veel beter opgelei as vele van my Britse kollegas.

Deon ·

Piet, ek het my BIng baie jare gelede in Afrikaans gedoen. Ook in heelwat lande gewerk met mense van nie-Engelse agtergronde. Glo my, die meeste was beter kundiges as Engelsprekendes.

Duiwelsadvokaat ·

Tito kon in sy twiet net sowel die woord Afrikaans met Zulu, Tswana, Xhosa, Sotho, Koi of Ndebele vervang het…dit is presies dieselfde. Almal word verdring ten koste van die “Coloniser” se engels. Vir al diegene wat so aangaan oor engels as wêreldtaal…Einstein was nie vaardig in engels nie. Hy het al sy navorsing in sy moedertaal Duits gedoen. Sy kollegas het als vertaal soos nodig. Selfs sy bekende brief gerig aan Pres Roosevelt oor die gevare van kernkrag was deur sy kollega geskryf wat hy net geteken het. Afrikaans se grootste vyand buiten die anc…is sy eie sprekers. As jy jou kinders engels wil grootmaak…dis jou reg. Maar moenie namens my besluit nie, jy het nie daardie reg nie….en nog minder die korrupte anc.

Piet ·

Ek staan verstom vir Afrikaners wat nie vinnig genoeg die mantel draai teen Afrkaans nie. Mense wat hulle kinders doelbewus verengels deur hulle Engelssprekend groot te maak of in Engelse skole te sit. Kinders wat boonop spog met faux-Engelse naampies wat ongemaklik met hulle Afrikaanse vanne sit. Alles kwansuis oor Engels die wêreldtaal is. Ek het beide my grade in Afrikaans voltooi en jare in die buiteland gewerk. My Boere-Engels was dikwels beter as eerstetaal Engelssprekers en in die werkplek het ek vir niemand teruggestaan nie. Tans hier in SA moet ek daagliks swak Engels korrigeer van eerstetaal Engelssprekers: power sinskonstruksie en uiters swak grammatika en taalgebruik. Verveel jou, jy kan slegs een taal praat en dan ook nie eers behoorlik nie.

Fanie Kemp ·

Dit is oor-en-oor-en-oor in die praktyk bewys en word so deur Opvoedkundiges ( hulle is immers die kundiges wat weet ) verduidelik dat moedertaal onderrig op alle vlakke die beste resultate oplewer.
Daar is talle voorbeelde waar Afrikaanssprekende kinders ( baie uit die verre platteland) wat in Afrikaans studeer tot die hoogste vlak, Internasionaal presteer en baie top poste oorsee beklee. Die belangrikste is egter – ons het juis die beste wat ons land kan oplewer hier nodig.
Daar is paar jaar gelede Internasionale woordeboek saamgestel met tien grootste tale ( grootste woordeskat, nie getalle gebruikers ). Afrikaans is een van die tale wat opgeneem is in die woordeboek.
Daar is ook ‘n Ruimte – Tegnologie Handleiding saamgestel bestaande uit vyf tale wat oor al die nodige Vakterminologie beskik. Reg geraai _ Afrikaans is een van daardie tale.
Asseblief: Kom ons wees trots op wat ons Taal vermag het in die relatief kort tydsbestek en ons handhaaf en bou dit verder uit met mag en mening.

Deon ·

Fanie, dit is tragies dat daar Afrikaners is wat dit nou tot ‘n einde wil bring.

Die student ·

Hulle kan doen wat hulle wil, ek sal my vraestelle in my moedertaal beantwoord, want toe ek ingeskryf het,het ek die opsie om in Afrikaans te onderrig word.

Rupert Ashford ·

Boikot finansieel. Vat alles weg (ook leerstoele en institute wat deur “Afrikaanse” geld ondersteun word) en ondersteun Afrikaanse instansies.

jaco ·

verstaan wit afrikaanse mense dan nie engels nie?
sover ek onthou, was engels ook in die ou SA ‘n verpligte vak op skool, tot in matriek. dit was selfs so in suiwer afrikaanse skole.
ek sien nooit kleurlinge kla oor Afrikaans misken word nie
ek sien ook nie swart sprekers van Xhosa, Zulu ens kla oor alles verengels nie
dis net die wit 8% van SA se bevolkinmg wat kla.
oppas met al die gekla: dit word gesien as mense wat nie wil transformeer nie en mense wat rassisties is. al is dit eintlik nie waar nie. uiteindelik word ons almal, ja al die wit mense, gestraf NET omdat ons wit is en dan is dit strawwe veel erger as net diskriminasie teen Afrikaans. Moenie dink dit kan nie gebeur nie: dit het n Rwanda gebeur in 1994 en ons almal weet wat die “beskaafde” Duitsers met die Jode gedoen het.

Deon ·

Jaco, bruin mense in die Wes Kaap is ook gatvol. Vra maar vir Danny Titis en Peter Marais. Bruin mense is aan die voorpunt om die Wes Kaap onafhanklik te verklaar van ‘n RSA wat eintlik nooit moes bestaan het nie.

Stephan de S ·

Paar jaar gelede was daar in een vd Afrikaanse koerante n brief van n polisie offisier wat by die destydse Soweto opstande betrokke was en hy het met feite gestaaf dat die opstande net in naam oor Afrikaans gegaan het. Niemand het destyds sy feite weerlê nie maar die gerieflike verdraaaing vd geskiedenis woed net voort.

Es ·

Daars verskil tussen onderrig in Engels en verengelsing. Dis waar dat Engels n wêreldtaal is, maar as oud tukkie was ek geskok toe ek ek gister my dogter by n koshuis ingeboek het. Alle kommunikasie en kennisgewings slegs in Engels, en, alhoewel baie hulpvaardig, kon (of wou?) nie een van die 5 ontvangsdames my in Afrikaans bedien nie.

A Mac ·

Teen die tyd moet ons mos nou al weet dis ‘n gegewe dat alles wat met Afrikaans te doen het oral uitfaseer gaan word. Hoe vorder Solidariteit se opleidingsinstellings? Gaan van die studente vir wie dit so belangrik is om in Afrikaans opleiding te kry daar regkom met hul studierigtings? Net so terloops ‘n klip in die klas, is daar werklik ‘n groot verskil in die vakinhoud en kwaliteit wat die tale betref, nl. tussen Afrikaans en Engels?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.