Tito reageer op afgraderings: ‘Dis pynlik’

Die minister van finansies, Tito Mboweni. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Tito Mboweni, die minister van finansies, sê die graderingsagentskappe Moody’s Suid-Afrika en Fitch se besluit om Suid-Afrika se staatskuld nog verder af te gradeer, is pynlik.

“Die afgradering sal nie net onmiddellike gevolge vir ons leenkoste inhou nie, maar ook ons ​​fiskale raamwerk beperk.

“Dit is dus noodsaaklik dat die regering en sy maatskaplike vennote saamwerk om te verseker dat ons die onskendbaarheid van die fiskale raamwerk behou en broodnodige strukturele ekonomiese hervormings toepas om verdere skade aan ons soewereine gradering te voorkom,” sê die minister in ’n verklaring.

Moody’s het Vrydagaand Suid-Afrika se staatskuld twee vlakke onder beleggingsgraad afgradeer en sy vooruitsig negatief behou terwyl Fitch Suid-Afrika se staatskuld nou drie vlakke onder beleggingsgraad het. Hy het ook sy vooruitsig negatief behou.

(Argieffoto: Reuters/Reinhard Krause/ANA)

Die graderingsagentskap Standard and Poor’s Global Ratings (S&P) het Suid-Afrika se graderings egter onveranderd gehou.

Moody’s en Fitch het albei verwys na die ekonomiese skokuitwerking wat die Covid-19-pandemie op die land se skuldlas het.

Die regering doen nou ’n dringende beroep op landsburgers om alle veiligheidsmaatreëls en gesondheidsriglyne na te kom om ’n tweede vlaag Covid-19-infeksies in die land te voorkom aangesien dit beduidende nadelige gevolge vir die ekonomie en die regering se planne vir werkskepping sal inhou.

Die regering se skuld staan op nagenoeg R4 biljoen (“trillion”) en bestee ongeveer R226 miljard aan rentekoste.

“Finansiële druk op die regering weens die pandemie, swak ekonomiese groei, ’n hoë leenrekening asook deurlopende ondersteuning aan finansieel swak staatsondernemings het die openbare finansies verswak en daartoe gelei dat die regering skuld opgebou het,” sê die tesourie.

“Die onlangse afgraderings beteken dat Suid-Afrika snelwerkende strategieë moet instel om groei te bevorder, die ophoping van skuld reg te stel en die koste verbonde daaraan te beperk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hoekom ·

Weereens blameer die ANC cartel regime die mense van Suid Afrika vir hulle eie patetiese onbevoegdheid en korrupsie. Dit het ons land se ekonomie plat gele. Dit was so al voor covid…

Stefan ·

Dis pynlik ja, maar ons gaan net so aan.
Skenk biljoene aan bankrot staatsinstellings, hou aan ambtenare se aansienlike salarisse verhoog, doen niks aan korrupsie nie, laat die eff en ander als afbreek en vernietig sonder om op te tree.

ElizeK ·

Kort en kragtig het jy dit uitstekend gestel Stefan. Ek stem volkome met jou saam.

Jaco ·

Die afgraderings is rassisties. Wit mense by dié afgraderingsbesighede sit in wonderlike eerste wêreld lande en is onbewus van óf hulle ignoreer hoe swaar gewone meestal nie-wit mense in derde wêreld lande lewe. Ons gewone mense maak nie die simpel ekonomiese besluite nie. Dis ons regerings, maar hulle swem reeds só erg in geld wat hulle op korrupte maniere maak dat afgraderings hulle nie juis gaan straf nie.

Andrew ·

Hoe kom jy daar uit, “wit mense by afgraderings agentskappe”? En dan laaste wat ek gekyk het is afrika se populasie by die 99 plus % nie wit? So hoekom kan die ander 99 plus% nie hulself help nie en moet bestaande goed van minder as 1% probeer vat of hou aan stem vir hul regerings wat die lande derde wereld hou?

Jaco ·

Jy is seker bly elke keer wanneer die petrolprys ná ‘n afgradering styg. Jy betaal seker meer met ‘n lied in jou hart. Afgraderings straf nie die regerings wat ekonomieë swak bestuur nie. Net daardie lande se gewone mense kry swaar.

Danie ·

And guess who’s to blame for this Tito. Your own corrupt goverment. The fat cats in goverment who fill their pockets with stolen money and don’t forget the EFF and the Unions who strike for everything and then burn everything. Look at the facts. Who’s striking. Blacks. Who’s burning everything. Blacks. That Tito is real facts. I am not a rassist but my eyes are clear and I can see what is happening in this country and the ANC, BLACK UNIONS AND EFF are all working together to get this country bankrupt but what they don’t realise we whites will stand up and rise again.

Alleen Wolf ·

That is exactly it, we will survive, they will not, at the end of the day they will squander their loot and end up with nothing.

Carel ·

Sies Jan van Riebeeck !!
Kyk wat het jou nou alweer aan gevang

jzjz05 ·

Ek het vir hom nuus,om die omswaai van die ekonomie sonder die wit gemeenskap te probeer is gedoem tot n misluking.Met die meer as 150 apartheids wette teen wit drae klaar by tot n misluking

Vonkprop ·

Die ANC se beleid is pynlik. Om ‘n verskil te kan maak, maar jy mag nie is pynlik. Swak diens is pynlik. Plaasmoorde is pynlik. Eenkantige rassisme is pynlik. Om hierdie boodskap te tik is pynlik so ek stop maar hier.

Persheks Adri ·

Moet ons Boland bank bedank huh Tito? Julle is ook pynlik genade tog

Annette ·

Skokkend? Wat verwag die regering met al die korrupsie, diefstal, misdaad en geweld wat soos `n tsunami oor Suid-Afrika spoel? Covid kan nie vir alles blameer word nie. Die Regering moet eers voor sy eie deur vee.

Andrew ·

Hoe duurder die lenings hoe minder om te spandeer op die enorme staatsdiens. Die wêreld organisasies sit druk die anc deur maatskaplike gelde minder te maak, dis al. En anc in n mate is reg, die pandemie sit druk op die ekonomie oor al die welsyn wat uitgedeel moes word en nou gestop moet, en verder omdat lenings by die wereld organisasies, heens risiko, al hoe duurder raak. Uiteinde, verwag n klomp sjinese om binnekort hier aan te land. Wat op sy beurt weer die vernietiging van ons natuur gaan bewerkstellig deur die ontginning van nog steenkool ens. Die vraag bly, wat gemaak met 50miljoen mense wat van staat afhanklik is?

Eragrostis ·

Ahhh, gelukkig het die regering darem nou weer ń nuwe ding om te blameer vir hul eie foute, naamlik Covid-19, en nie meer apartheid of kolonialisme nie. MAAR, jy sal nooit hoor dat die ANC sal erken dat hulle die pandemie uiters swak hanteer het met swak besluitneming nie weens swak leierskap. Die inperkingstydperk was onnodig lank uitgerek en die regulasies te streng en irrasioneel wat ons ekonomie uiters erg benadeel het. Dit word bewys deur ons algehele ekonomiese verliessyfer gedurende die grendeltydperk wat soos ń paal bo water uitstaan teenoor ander lande. Maar moet ook nie vergeet dat Suid-Afrika reeds in rommelstatus was vóór die grendeltydperk nie, ń bewys van ń swak regering wat nie die vermoë het om verantwoordelik en ordelik te regeer nie. En dan het die ANC ook nie die vermoë om uit hul foute te leer nie. ‘n Verloor-verloor situasie.

Pieter ·

Al daai hoë westerse woorde het mos geen betekenis vir die onskuldige natuurkinders nie, ons kan mos weer van die veld af leef soos duisend jaar gelede. Wie het nou tegnologie nodig, oor paar geslagte kan hulle hulle weer verwonder aan die groot blink voëls in die lug en die groot silwer visse op die water en die kreature met die snaakse velle aan hulle lywe.

Spiggie ·

Ag nee dis ‘n lost case. Praat, praat, praat. Hierdie gat het nie meer ‘n bodem nie. Al begin die regering vandag en doen ALLES wat nodig is om die gemors reg te stel, gaan dit dekades wees voor ons ‘n verskil gaan sien. Wens my voorouers het net verdomp gebly waar hulle was.

Hendrik ·

Minister Mboweni,
Kom ons vee ‘n slag voor die regering se deur:
1. Hoekom laat julle toe dat betogings gehou word? 90% van die tyd ontaard dit in geweld en verlies deur brandstigting en plundering. Dink julle die buiteland sien dit nie raak nie?
2. Hoekom laat julle die “korruptes” toe om die wet te ondermyn en reg en geregtigheid te dwarsboom. Dink jy die buiteland sien dit nie raak nie?
3. Hoekom doen julle nie iets daadwerklik aan die korrupsie nie? Sit sisteme en planne in plek – julle weet julle bestuurders is nie in staat om dit te doen nie. ‘N mens sit nie ‘n honger mens in ‘n kombuis om dit te beheer nie!!! Dink julle die buiteland sien dit nie raak nie??
4. Hoekom doen julle niks aan die uitspattige staats besteeding nie? Soos om lyfwagte en someer te he nie? Is julle bang vir die bevolking dat julle soveel lyfwagte nodig het? Dink julle die buiteland sien dit nie raak nie?
Dit is maar net ‘n paar probleme wat moet uitgesorgteer word om die aanpassings te laat opgaan!!!

Mariana ·

Pynlik ja. En wie moet daarvoor bedank word. Korrupte ANC. Hulle het hierdie land opgemors.

JohanR ·

Is dit al wat hy kan se “dis pynlik?” As julle gedink het Pravin Gordhan en Tito Mboweni is goeie ANC ouens dink weer. Net soe verrot soos al die anders!

Derek ·

Die ANC het nog nie geleer dat die pyn wat jy aan ander veroorsaak hulle pyn word nie. Hoe meer hulle spartel hoe dieper sak hulle in hul eie modderpoel weg. Dit is die realiteit van die werklikheid van die lewe, hulle ondersteuners is nooit opgevoed nie, maar volg maar net hul voorbeeld.

Tiny ·

Ons haal Zim lekker vinnig in….. Nie meer lank nie, dan kos ‘n brood ‘n miljoen rand….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.