Tjokkie floreer in sy nuwe huis

Tjokkie saam met sy nuwe eienaar, Natascha Erasmus. Foto: Verskaf

Tjokkie saam met sy nuwe eienaar, Natascha Erasmus. Foto: Verskaf

“Sy is gek na klein Tjokkie en dit het regtig geblyk of dit liefde met die eerste oogopslag was. Hy gaan behoorlik bederf word.”

Só het Cilla Trexler, eienaar van Wollies Animal Project, waar Tjokkie nog tot Woensdag tuisgegaan het, gesê nadat die gewilde hondjie ’n vaste tuiste gekry het.

Natascha Erasmus het Woensdagmiddag ’n halfuur vroeg opgedaag om Tjokkie te kom haal. “Ek dink die opgewondenheid was net te groot.” Vir baie diere wat geen heenkome het nie, is die kans om aangeneem te word, maar net ʼn droom. Vir Tjokkie het daardie droom waar geword.

Erasmus het Tjokkie na sy nuwe tuiste op ʼn perdeplaas in Cartwell geneem. Dit volg nadat Texler foto’s van hom op hul Facebook-blad geplaas het en verskeie mense hom wou aanneem. Bedags sal Tjokkie by Lyra Doggie Day Care bly terwyl sy nuwe eienaar by die werk is. “Wanneer ek nie by die werk is nie, sal Tjokkie aan my sy wees en ek weet hy sal ook baie vriende op die perdeplaas maak.”

Trexler het verlede week aan Maroela Media gesê iemand het die hondjie langs ʼn pad in die Seekoeigatomgewing naby die ou Moloto-pad gelos het. “ʼn Polisiebeampte het op die hondjie afgekom en hom na ons skuiling gebring.”

Tjokkie is intussen gesteriliseer en gebad by Wollies se eie hondesalon, wat Saterdag geopen is. Volgens hul Facebook-blad roem Wollies Animal Project hulle daarop dat hul ekstra moeite doen om ʼn goeie huis vir hul diere te vind. Hulle ondersoek eers moontlike huise voordat ʼn besluit gemaak word oor wie die troeteldier sal aanneem.

“Tjokkie se vorige eienaar het onderneem om aan my ʼn e-pos te stuur waarin hy sy kant van die storie stel, maar ek het nog niks ontvang nie.” Wollies Animal Project het nog 300 honde en 100 katte wat wag om soos Tjokkie in liefdevolle huise aangeneem te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
KOWIE

DAAR IS DAREM EEN BROKKIE NUUS WAT NIE GEWELD IN HET NIE .

Hentie

Almal is nie daarvan bewus, dat “hoofletters” dieselfde is as “skree” nie. Dan is daar ook omstandighede wat ‘n rol kan speel. My suster het net een hand waarmee sy kan tik, omdat die ander een verlam is, en om dit vir haarself prakties en makliker te maak wanneer sy tik, doen sy dit slegs in hoofletters. So verstaan ‘n mens nie altyd, die rede waarom iemand iets op ‘n spesifieke manier, doen nie. Daar is baie erger dinge in die lewe, as om in hoofletters te tik!!! Gee mekaar ruimte en genade.

Wiebo

Ek het vir Wollies gebel, want ek wil graag n klein hondjie he. Net jammer mens moet so baie geld betaal, en die SPCA is nog duurder. Geen wonder hulle het so baie diere nie! Nie alle diere liefhebbers het soveel geld nie. Hondjies in Junkmail is goedkoper.

Christie Joubert

Wiebo, kry jou feite agter mekaar asseblief? Wollies vra R370 vir n hondjie wat klaar gesteriliseer is EN inspuitings op datum het. Jy het duidelik geen idee wat dit kos om n dier te laat steriliseer nie , laat nog alleen inentings. So koop jou diere in die Junkmail, en sit agterna met die gebakte pere as jy n ongewenste werpsel het!

Wiebo

Christie Joubert. Ek WIL n werpsel he en nie n gesteriliseerde hond nie. Ek het grootgeword met honde, en in my 48 jaar, het GEEN van ons honde ooit n inenting gehad nie, en die honde het nooit siek geword nie. Hulle is dood van ouderdom en n paar was doodgery. Dis net alles n geldmaak storie. My worshond is nou 10, en was nog nooit siek of nodig gehad vir n inenting nie!