Tlakula: Wag eers, vra ANC

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Die ANC sê die parlement moet eers wag vir die uitkoms van Pansy Tlakula, beleërde voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), se appèl teen haar skuldigbevinding voor daar teen haar opgetree word.

Die kantoor van die ANC se hoofsweep sê die kieshof se aanbeveling dat die voorsitter van die OVK uit haar pos verwyder moet word, is in lyn met die prosedures soos uiteengesit in die Wet op die Verkiesingskommissie.

“In die lig van haar voorneme om die kieshof se uitspraak teen te staan, is ons van mening dat die nasionale vergadering moet wag vir die uitsluitsel van die regsproses voor hy sy verpligtinge in terme van die wet begin uitoefen.”

Die kieshof het bevind dat Tlakula skuldig is aan wangedrag en dat dit haar ontslag uit haar amp regverdig.

Talle opposisiepartye het die kieshof genader en geëis dat Tlakula as voorsitter moes bedank voor die verkiesing op 7 Mei. Die saak is egter tot na die verkiesing uitgestel om die hof genoeg tyd te gee om ‘n aanbeveling te maak. Die partye is van mening dat Tlakula se integriteit in die gedrang gebring is.

ʼn Herrie het om Tlakula se kop losgebars nadat ʼn forensiese ouditverslag van Price­waterhouseCoopers (PwC) bevestig het dat sy betrokke was by ʼn gekonkelry om ’n nuwe kantoor vir die OVK te bekom. Die tesourie het PwC opdrag gegee om ʼn verslag op te stel nadat Thuli Madonsela, openbare beskemer, vroeër bevind het dat Tlakula verkeerdelik opgetree het. Die kieshof het nou ook bepaal dat sy verkeerd opgetree het.

Lees ook:
Pansy Tlakula gaan glo om verlof vra
Verkiesingshof sê Tlakula moet gaan
EFF: ‘Tlakula moet net bedank’
Tlakula-ondersoek tot ná die verkiesing uitgestel
OVK-baas stel vandag haar saak
OVK-baas moet voorberei vir ondersoek
Partye nader hof oor OVK-baas se bedanking
Verkiesingshof genader oor Tlakula
OVK-werknemers dreig glo om te staak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.