TLU eis ingryping ná Sondagsriviervallei-oproer

Miljoene rande se skade is reeds in die Sondagsriviervallei aangerig. (Foto: Thamsanqa Mbovane/GroundUp)

Die landbougroep TLU SA eis daadwerklike ingryping deur die minister van polisie en sy nasionale kommissaris oor die chaos wat die afgelope ruk in die Sondagsriviervallei heers.

Pakhuise vol pas geplukte produkte is in brande vernietig en woonhuise in puin gelê, terwyl vrugte in boorde gestroop en op die grond gegooi is om vertrap te word, asook takke van bome afgeruk is.

Groot getalle betogende sitruswerkers het die afgelope ruk skade van miljoene rande in die gebied aangerig. Die situasie het reeds so versleg dat die hooggeregshof in Gqeberha ʼn tussentydse interdik aan plaaseienaars toegestaan het teen betogende plaaswerkers en leiers van die burgerregtegroep, die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerorganisasie (Sanco), wat hulle verbied om die betrokke plase te betree of binne 500 m daarvan te kom.

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, het in ʼn brief aan min. Bheki Cele en genl. Fannie Masemola sy misnoeë te kenne gegee oor die “lukrake optrede” van die polisie in die gebied om die situasie in bedwang te bring.

Geldenhuys het hulle ook kennis gegee dat, benewens eise om skadevergoeding, die betrokke mense ook persoonlik aanspreeklik gehou sal word deur die instelling van ʼn groepsgeding.

TLU SA het reeds met Peter Cloete, president van Agri Oos-Kaap, gepraat oor die toepassing van gesamentlike druk op die owerhede en ondersteuning waar moontlik.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê hy hoop onmiddellike en behoorlike optrede volg om skade te beperk.

“Dit is duidelik uit wat ons hier sien gebeur het dat die polisie nie oor die vermoë – of skynbaar die wil – beskik om wetsgehoorsame burgers op te pas en te beskerm nie. Ons doen ʼn beroep op die polisie om uitgesproke te raak oor die feit dat wetsgehoorsame burgers van die land die reg het om hulself te verdedig teen misdadigheid,” sê Van Zyl.

Hy sê die polisie het toegekyk hoe misdaad gepleeg word.

“Die leiers van ons land se polisie en lede van die rl moet hulself skerp uitspreek teen misdadigheid en daarop wys dat wetsgehoorsame burgers die reg het om bates en lewens te beskerm. Brandstigting verwoes nie net bates nie, maar stel ook lewens in gevaar,” sê Van Zyl.

Dit is nie die eerste keer nie dat kommer uitgespreek word oor die moontlikheid van verdere werksverliese in ʼn land wat reeds gebuk gaan onder ʼn rekordhoë werkloosheidsyfer indien boere dalk besluit om eerder te meganiseer om voorvalle en gevare soos dié te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Renier johannes ·

Hulle is te bang vir die betogers want hulle help hulle liewers

casper ·

Boere MOET meganiseer — masjiene maar en plunder nie !!!!!

Pietertjie ·

Die foto spreek boekdele. Dís hoe our people vooruit boer. Brand vandag af, more moet die trekker weer beskikbaar wees vir die dag se werk.

Marius ·

Die regering keur mos vreedsame betoging goed en as dit ontaard in plundering, beskadiging van eiendom en geweld is die ruggraatlose polisie veronderstel om die optog te stuit en op te breek. Klaarblyklik is dit baie moeilik om te begryp.

Dup ·

Optrede is te laat.Die skade is reeds aangerig.Die SAPS staan en kyk al van 1994 af.So gaan die minderheidsgroepe nog vernietig word terwyl die ANC toekyk.

Adriana ·

“Bytes” the hand that feeds them. Hoe stupid kan jy wees, sal jou mos nou glad nie weer vertrou en in diens neem nie. Nou sit jy sonder ñ inkomste, nou gaan jy in die ry staan vir grants, want jy is te sleg om te werk en wil betaal word daarvoor, wat die belasting betaler moet betaal, ñ groep mense wat werk om iets in die lewe te bereik, teen die wat net kry vir elke dag rond sit en toi toi en verwoes, waar is die regverdigheid daarvan.

Eragrostis ·

Soortgelyke optrede van die SAPD laas jaar tydens die onluste in KZN. Nou wat het intussen verbeter by die SAPD.? Die minister van Polisie, Bheki Cele, het juis na die onluste laas jaar gesê dat hulle daaruit geleer het en sulke optrede nie meer sal duld nie. Die SAPD se optrede tydens hierdie sitrusplaas optrede bevestig net weereens Cele se totale onvermoë om in sy pos te dien.

Hasie ·

As die boete meganiseer gaan hul daaroor ook staak …..en die rssekaart word gespeel

Jacobus ·

Die polisie loop altyd voor die betogers om hulle te beskerm. Die polisie se primêre taak is om betogers te beskerm, nie die eiendom wat hulle vernietig. Om enigsins daaraan te dink dat die polisie jou of jou eiendom sal beskerm, is wensdenkery.

SjN ·

Klomp lafaards, haal net die belhalms met geweld uit en almal hardloop weg. Marikana was n goeie voorbeeld, Geen verdere betogings het daar plaasgevind na die voorval.

Kokerboom ·

Net die volgende waarnemings:
1) Die is tekenend van ‘n vervalle staat
2) SAP tree ALTYD ( as hul wel ) REAKTIEF op!
3) Optredes, indien enige , gebeur SLEGS NA massiewe skade aangerig is
4) Die SAP se intelligensiestelsel werk NIE of hul weet nie wat dit beteken!
5) Swart lede van SAP vrees weerwraak van hul eie mense
6) Massas het GEEN respek of ontsag vir SAP of regstelsel of ekonomie
7) Hierdie aksies is ‘n tikkende tydbom

Jack ·

Hulle is nie bang nie hulle is familie en pelle en deel in die opbrengs soos in durban se stropery. Is bheki met vakansie in china? Hoor niks van hom nie.

pieter ·

Hoe dink die klomp vuilgoed , wat gaan in hulle koppe aan? , hoe kan enige regsdenkende sulke Strooi aanvang.
Jammer ons land het geen toekoms met hulle nie , punt .

mattk ·

O nee, Bekkie en sy generale korps is nou in KZN besig en het nie die tyd om aan die wit onderdrukkers se probleme aandag te gee nie. Hulle gee nie om dat mense hul werk en boere hul inkomste of grond kan verloor nie. Hulle is te besig om ondersteuning en stemme te werf in KZN.

Yvonne ·

Tussen die lyne…wie hits hulle aan met verseker ….ydele beloftes etc…..hierdie oproere is nie toevallig nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.