TLU SA agterdogtig oor skielike beurtkrag

(Foto: TLU SA/Facebook.com)

Die landbouorganisasie TLU SA sê hy vind dit uiters verdag dat Eskom vandeesweek beurtkrag in werking gestel het, slegs dae nadat die sukkelende elektrisiteitsvoorsiener ʼn hofsaak teen die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aanhangig gemaak het.

Eskom het Vrydag aangekondig hy gaan hof toe oor Nersa se jongste besluit oor kragtariewe. Eskom voer aan Nersa se prysvasstelling het hom met ʼn tekort van R102 miljard gelaat, gegewe dít waarvoor hy aansoek gedoen het.

Die kragvoorsiener sê dringende tussentydse verligting is nodig om ʼn finansiële ramp te voorkom.

“Dit wil byna voorkom of hier sprake is van subtiele afpersing, soos dit in die verlede ook al meermale plaasgevind het as Eskom dit oneens was met Nersa se besluite. Die verbruiker begin al die indruk kry dat as Eskom nie sy sin kry nie, daar beurtkrag ingestel word as ʼn soort hefboom,” het Louis Meintjes, president van TLU SA, gesê.

“Die verduideliking dat daar al van Saterdag af probleme is, maar die land word eers Woensdag onverhoeds betrap, sonder enige vooraf waarskuwing, is net so onaanvaarbaar. Baie boere moet in hierdie droogtetoestande en warm temperature hul besproeiing behoorlik skeduleer, sodat hulle voedsel vir die land se tafels kan voorsien. Hulle is die reg van behoorlike beplanning ontneem deur Eskom se laksheid en ongevoelige optrede. Ek wil boere wat skade as gevolg hiervan ly, vra om TLU SA te kontak, sodat ons kan kyk na gepaste optrede om die skade te verhaal.”

Meintjes sê Eskom het geld vir duur hofsake teen Nersa, maar kan nie behoorlike instandhouding bekostig nie.

“Dit is totaal onaanvaarbaar, en Eskom se bedryfshoof se verskoning aan die land vir die beurtkrag is nie die papier werd waarop dit staan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stefanie Tredoux-Malian

Eskom doen dit elke flippen jaar!!!!! Almal is nie so dom soos hulle dink nie

Alet Klaassen

Dit het nou al patroon gevorm wat almal van ons kan sien. As hulle meer geld soek begin hulle met beurtkrag. Selfs die kinders kan dit raaksien.. Evkom is sooooo voorspelbaar.

Willem

ESKOM is bankrot nou verkwis hulle nog meer geld om NERSA hof toe te sleep.

John

… kan regter Zondo dalk die ooms van Eskom iewers inpas, want hul vrolike storie sal die Z&G-bydrae totaal oorskadu tov groot waarhede…. en groot geld… Hul kundigheid oor waar die probleem setel is verbysterend… maar niemand weet hoe om dit reg te maak sonder… bonusse wat wag en groot kragprysverhogings nie. Koop solank ‘n goeie voorraad kerse en vuurmaakhoud. 50% aanpassings by matriekresultate is ook op die kerskouslysie.

Donald

Presies, sê dit al jare. Social Engineering is die korrekte term.