TLU SA bekommerd oor voortgesette afsonderingsperiode

Argieffoto (Foto: Fernando Zhiminaicela/Pixabay)

TLU SA is dankbaar dat die kern van die voorstelle wat die organisasie tot dusver oor die afsonderingsmaatreëls gemaak het, nou deur die regering aanvaar word. Volgens die organisasie lê die onus nou grootliks op die bevolking van Suid-Afrika om self verantwoordelik te wees om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

“Die finansiële impak van die verlengde afsonderingsperiode was vir verskeie besighede egter reeds te groot om voort te gaan. Die ekonomie het reeds baie seergekry,” het Louis Meintjes, die president van TLU SA, in ʼn verklaring gesê. “Baie besighede sal nie die verdere finansiële las kan dra om die verpligte higiëne maatreëls te implementeer nie. Verbruikers se finansiële vermoë het drasties afgeneem en daarom sal die markte as gevolg van gebrek aan besteebare fondse baie stadig ontsluit.”

Meintjes meen elke stukkie ekonomiese stimulasie gaan vorentoe broodnodig wees. “Daarom maak die volgehoue beperking op tabakprodukte nie sin nie.”

Intussen sal verskeie nuwe uitdagings veral die landbou beïnvloed sodra meer bedrywe begin oopmaak.

  • Elektrisiteitsvoorsiening – die groter vraag na elektrisiteit van bedrywe sal waarskynlik tot beurtkrag lei;
  • Brandstofvoorsiening – die raffinaderye van brandstofmaatskappye het gedurende die afsonderingsperiode afgeskaal. Die voorsiening van diesel net voor die strooptyd kan problematies raak indien die verskaffers nie vinnig genoeg op die nodige vraag kan lewer nie;
  • Voedselverspreiding – hoe groter die vraag na voedsel by plekke soos winkels en sopkombuise, hoe meer samedromming sal daar wees. Die oopstel van boeremarkte en meer aankooppunte direk van boere sal bydra tot meer effektiewe sosiale verspreiding van mense.

“Ons is verder steeds bekommerd oor hoe die SAPD in baie gevalle optree,” het Meintjes bygevoeg. “Hulle moet die honger mense sonder inkomste eerder bystaan as om teen hulle oorlog te maak. Dit is veral belangrik dat alle hulpmaatreëls deursigtig moet wees en volledig aan aanvaarbare ouditreëls onderhewig moet wees. Daar kom te veel klanke van korrupsie na vore.”

TLU SA betreur dit dat die kerke nie toegelaat word om hulle rol te kan speel nie. In hierdie neerslagtige tye is hul geestelike ondersteuning van kritiese belang. “Wat nou belangrik is, is dat almal skouer aan die wiel moet sit om die ekonomie so goed soos wat dit moontlik is weer aan die gang te kry.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Cleopatra69

Hef alle inperkinge op, laat almal hulle maskers dra en handwas doen want Covid maak ons ekonomie dood. Wat help dit ek gaan nie dood van Covid nie, maar ek verloor my werk en kan nie kos koop of verblyf betaal nie, dan moet ek n lang uitgerekte dood he