TLU SA bevraagteken ook vervolging van Petzer, Wessels, Hofmeyr

Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels. (Foto: Isabel Venter)

“In ʼn land waar rassespanning telkens dreig om op te vlam, is dit verontrustend dat dit wil voorkom asof die wet selektief toegepas word,” het die landbouorganisasie TLU SA Woensdag gesê oor die inhegtenisneming van Willem Petzer, Tewie Wessels en Devon Hofmeyr.

Petzer, Wessels en Hofmeyr het Maandagoggend by die polisiestasie in Groblersdal aangemeld waar hulle in hegtenis geneem is op aanklag van openbare geweld.

Die aanklagte hou verband met die gebeure van sowat twee weke gelede buite die landdroshof op die dorp toe Piet Groenewald (63) en sy stiefseun Stephan Greeff (27) in die hof verskyn het.

Groenewald en Greeff word daarvan beskuldig dat hulle ʼn werker aangerand en na bewering ʼn veiligheidshond op hom losgelaat het.

“Ons gaan ons nie bemoei met die meriete van hierdie saak nie,” sê Henk van de Graaf, voorsitter van TLU SA se Noordstreek. “Waar mense in konflik met die gereg kom, moet die gereg sy loop neem en moet die uitkoms daarvan, na welke kant toe ook al, gerespekteer word.

“Ons wil wel daarop wys dat drie van hierdie manne [Petzer, Wessels en Hofmeyr] hulleself wel aan die polisie gaan oorgee het toe hulle gevra is om dit te doen. Duidelik hou hulle geen vlugrisiko in nie en sou ʼn waarskuwing of onmiddellike borgtog waarskynlik voldoende gewees het, eerder as om hulle op te sluit.”

Van de Graaf is ook ongelukkig daaroor dat Julius Malema, leier van die EFF, oor dieselfde naweek wat Petzer, Wessels en Hofmeyr aangesê is om hulle aan die polisie oor te gee, “voor ʼn propvol stadion” die gewraakte lied “Kill the boer, kill the farmer” gesing het.

“As dít wat die jong manne na bewering voor ʼn handjievol mense in Groblersdal gedoen het, neerkom op opsweping, is dit wat Malema voor ʼn propvol stadion gedoen het, opsweping kwadraat!,” sê Van de Graaf.

Hy wys dan daarop dat Malema tot op hede nie aangesê is om hom by ʼn polisiestasie te gaan oorgee nie. Van de Graaf sê dít is volgens hom “selektiewe toepassing van die regspleging”.

“Intussen het daar in die week ná Malema se oproep, weer landwyd ʼn hele aantal plaasaanvalle plaasgevind. Natuurlik gaan daar geargumenteer word dat dit nie aan Malema se oproep verbind kan word nie, maar tog skep hy ʼn klimaat daarvoor.

“Die ergste is dat dit wil lyk of die land ontaard in ʼn mafia-staat waar geen respek vir sy Grondwet bestaan nie en waar viktimisering en intimidasie van rasgroepe handuit ruk.

“Dit is onaanvaarbaar en die landbougemeenskap dring nou aan op die inhegtenisname van Malema op aanklag van aanhitsing,” sê Van de Graaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Billy ·

Dankie TLU AFRIFORUM EN SOLIDARITEIT vir wat julle doen. Ongelukkig sit jan alleman
op grorpe en om hulle eie braaivleis vuur en mop maar dit hdlp niks… spoil net die kuiertjie… hoe kry ons weer die Afrikaner volk to put their money where their mouth is … en ons God is nog verder op die agtergrond…. en todat ons nie almal weer opkyk na hom nie…. is satan tussen ons losgelaat

Papsak ·

Amen mooi van der Graaf jy is reg ons dring aan dat Malemma hom ook gaan oor gee en laat hy ook toegesluit word daai drie jong manne het hulle self gaan oor gee wat is hy beter as hulle laat hy ook gaan gat kruip vir borg mooi so bou voort !!!!!!!!

Karen ·

Ongeregtigheid/Onregverdigheid in die hoogste graad. Die meerderheid in SA is soos beskermende wild. Die minderheid tel glad nie.

Wendy ·

Hierdie 3 mans ht absoluut niks gedoen ni di goed wat uit Malema se mond kom was ni eers te bespeur by die ni ds absolute wanpraktyk nou moet di gereg sy loop loop maar op frond waarvan??

Nie Verbaas ·

Onthou dat Malema graag die slimste persoon in die land wil wees. Die dag as hy die erkenning kry gaan hy egter die enigste persoon in Suid Afrika oor wees.

Pensionaris Sedgefield ·

Ja Henk van de Graaf, jy gaan jou nie “bemoei met die meriete van die saak nie.” Nou sien ons wie die ruggraadloses in ons land is. As jy nie kan opstaan wanneer die reg selektief en onregverdig toegepas word nie, is jy nie werd om ‘n leier genoem te word nie. TLU sal nooit weer deur my ondersteun word nie. Ek skaam my vir jou en die res van die TLU.

Helena ·

Maklik om te sé sluit rooikap toe! Dieselfde Sal gebeur toe hul zuma op sluit…. SA Sal weer brand!

John ·

Hulle gehoorsaam darem die wet en gee hulle self oor en nie soos Stortkop Zuma wat in Rusland gaan wegkruip het nie in plaas van dat hy homself moes aanmeld vir aanhouding….

Karoo ·

As ons… na amper 30 jaar, by nou NOG nie weet dat daar, nes in die vere verlede 2 stel reels is nie, dan wanneer gaan ons, en wanneer gaan ons ons kinders dit leer? Moenie onosel wees as jy die onderdrukker was nie, hulle kom vir ons. Pas aan, en hiermee bedoel ek ie gaan le en wag vir die dood nie, maar as jy nie slim gaan wees nie, gaan jy uit sterf.

Nico ·

Is hierdie rooi pette bokant die wet, is hulle onaantasbaar of is die regsstelsel bang vir hulle.

Papsak ·

Sluit Zuma Malemma Ramaphosa ook toe wat maak hulle so onaantasbaar se my ??????

Andrew ·

Dis maar ding as jy na ander se wense moet dans. Dink die “teen wigte” begin bietjie ophoop.

Nicky ·

Helena SA gaan in elk geval brand een of ander tyd dit is onvermy baar

Luckykat ·

Die sogenaamde Afrikaner organisasies is vir my heeltemal te stil oor die storie.

Gaitsigubib ·

Gelyke toepassing van die wet is die ruggraat van jou hele regstelsel. Dis waarom mens in een hofsaak kan verwys na ‘n beslissing wat in n ander saak gemaak is. In piesangrepublieke word dit wel ingespan na die wil van die regerende party. Dwase is mal daaroor om wet & orde te sien ten gronde gaan, hulle besef nie hul saboteer hul eie toekoms nie.

ronel ·

Sien mense nie die ooreenkoms met Die Nürnberger Gesetze’nie ??? Dit is die Nazi handves uit die boeke uit! Hoekom ons dit sien, weet en toelaat, en steeds geskiedenis homself laat herhaal gaan my verstand te bowe!

Althes ·

Dankie dat julle opstaan. Ek glo self dat Groenewald en sy seun ook onregverdig behandel word. Dat hul menseregte ook geskaad word agv beurtkrag is onaanvaarbaar. Ek dink dis aspris

LIEZL ·

En die hof laat toe dat polisiemanne hulle gesigte heeltemal verbloem, kyk die polisieman, balaklava of lap oor sy hele gesig. En hoe disrespekvol is die pette op die kop. Sies man

Treurwilger ·

Ondanks dié verklaring van TLU SA is dit duidelik dat hierdie drie aan genade alleen oorgelaat is.
Baie sterkte toegewens.

johan ·

Hulle is 4 Francois. Teewie. Armand. Willem. Alles voorspoed vir n regverdige dag vandag

Sonneblomkind ·

So onregverdig. As dit nie n mafia staat se wyse is nie weet ek nie. Daar mag net sekere wegkom en ander word geboelie. Dankie TLU. Waarheen gaan hierdie wereld. Beslis politieke boelie

Johan ·

ANC Circular 213-7 “constant pressure from violence and economic uncertainty”. Een ding wat ons van die ANC kan sê, hulle maak hulle mikpunte en hou by hul beleide.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.