TLU SA bevraagteken plaasmisdaadstatistiek

Foto: Reint Dykema

Louis Meintjes, president van TLU SA, het gesê volgens die SA Polisiediens was daar 62 moorde op landbou-eiendomme gedurende die afgelope finansiële jaar.

“Daarteenoor is 70 moorde op TLU SA se databasis geregistreer wat bykans 10% meer is as die amptelike statistiek. Hierdie verskil asook die noodsaaklikheid om uit een mond te praat oor ʼn onderwerp wat toenemende internasionale aandag trek, vereis konsolidasie,” het Meintjes verduidelik.

Hy het reageer op die jongste misdaadstatistiek vir die boekjaar 2017-2018 wat Bheki Cele, minister van polisie, Dinsdag bekend gemaak het.

“TLU SA het reeds etlike pogings aangewend om ʼn afspraak met die minister van polisie te maak ten einde hierdie verskil asook ander verbandhoudende kwessies met hom te bespreek, maar sonder enige konstruktiewe reaksie.

“Dit is noodsaaklik dat hierdie kwessie (wat ook van internasionale belang is) gesamentlike en geïntegreerde optrede vereis. Met dit in gedagte is ʼn Nasionale Landbouveiligheidstrategie ter ondersteuning van die SAPD se Landelike Veiligheidstrategie geformuleer, deur ASUF goedgekeur en gevolglik geïmplementeer.

“Ek vertrou dat beide die minister van polisie asook die nasionale polisiekommissaris sal besef dat die voortgesette en gewelddadige aanslag teen landbouers, hul families en plaasbewoners ʼn toegewyde en verenigde poging verg om sodoende ʼn veilige omgewing te skep vir geïsoleerde gemeenskappe wat vir voedselsekerheid in Suid-Afrika verantwoordelik is,” het Meintjes bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Hulle voel vere vir plaasmoorde. Hulle is bly daaroor. Elke boer moet homself en sy gesin ten alle koste beskerm. Die staat sal nie enige poging aanwend om te help nie.

Snotklap ·

Daar word natuurlik met die data gespeel. (her klassifikasie van misdade ens.) Ek het geen vertroue in hulle vermoe om akkurate statistiek te gee nie.

AGV affirmative action en employment equity kan die gemiddelde konstabels skaars tot 10 tel wat nog data bymekaar maak.

Jerry ·

Dit gaan oor n kombinasie van onvermoe en n traak my nie agtige houding op meeste vlakke in die SAPD! Ons moet maar net fokus op eie akkuraatheid, want salf is daar nie te smeer aan die SAPD nie. Ten minste is die minister en kommissaris gewillig om te luister en probeer hulle iets doen. Hulle praat nie net nie, maar ek is bevrees dit sal 3 generasies neem om onbevoegdheid en die traak my nie agtige houding aan te spreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.