TLU SA dring aan op verskoning van Mabuza oor restitusie

Adj.pres. David Mabuza. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die ANC is huigelaars wat hulle op die Grondwet beroep soos wat dit hulle agenda pas, maar andersins amptelike aankondigings maak soos wat hulle lus het, ongeag die grondwetlikheid daarvan. TLU SA dring daarop aan dat adjunkpres. David Mabuza sy woorde rondom restitusie terugtrek.

Mabuza het tydens ʼn antwoordsessie in die parlement gesê die regering sal onteiening sonder vergoeding gebruik om restitusie-eise af te handel en dat die onteiening van grond maar een van die stukke gereedskap is om grondhervorming toe te pas.

“Hierdie kommentaar bring die ware kleure van die ANC na vore,” sê Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Die wyse hoe senior lede van die ANC hulle hoegenaamd nie steur aan die land se Grondwet nie en bloot voortstu met populistiese uitsprake om hulle radikale ondersteuningsbasis se guns voor die verkiesing te wen. Dit wys duidelik dat die ANC se voortbestaan vir hulle meer gewig dra as die land en mense.”

Mabuza het verder gesê dat hulle nie gaan wag totdat die regsprosesse afgehandel is voordat hulle begin om die land van die wat dit besit oor te dra aan die wat daarop aanspraak maak nie.

“In die een asem verwys hy na mense as die eienaars van grond, maar in die volgende asem insinueer hy dat boere die land gesteel het en dit dus sonder vergoeding moet teruggee,” voeg Geldenhuys by. “Geen boer het op enige wyse sy of haar grond onregmatig bekom nie. Elke duim daarvan is binne die bestel en op ‘n wettige wyse bekom.

“TLU SA het in dié verband reeds etlike jare gelede ‘n beloning van R100 000 aangebied vir enige persoon wat kan bewys dat ʼn TLU SA-lid die grond wat hulle besit, gesteel het.  Nodeloos om te sê lê die geld nog veilig in ons bankrekening.”

TLU SA is uiters bekommerd oor waarheen die onverantwoordelike verwagtinge wat die ANC onder hulle ondersteuners skep gaan lei en wat ondeurdagte uitsprake aan beleggersvertroue doen.

“Die enigste legacy wat die ANC tot dusver nalaat is een van ʼn regering wat afbreek en die toekoms vernietig,” het Geldenhuys gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Friedrich ·

Die legacy van die ANC is ook korrupsie, moenie daai deel vergeet nie. Izinykas

jzjz05 ·

En die ANC is nie eens skaam dat hulle n helle ekonomie vernietig het nie maar roem eerder daaroor.

annie ·

Hoe die DKMskiewies tot die oortuiging gekom het dat ‘n bende cum terroriste tot edele verfynde staatsmanne omgetoor kan word, weet nugter alleen en lg wonder nou nog of hy regtig weet want dit was toe nie moontlik nie. Selfs diegene in ANC-geledere met hul vuil vingertjies in die geldlaai, ontvang steeds na jare heerlike pay, want ons is ‘een’ en altyd reg. Diè wat steeds op beide knieè voor die voorbokke vir ‘change to please the queen’ staan, vaar op ‘n ge-pledge-te vrot bootjie na kammaland.

Hennie ·

Ek wil hê my buurman se hond moet ook sy blaf terugneem… Not gonna happen!

daniel ·

Dit wil voorkom asof die ANC en EFF GURUS nou regtig van die wa op hul koppe geval het. Elke keer as hulle hul monde oopmaak getuig dit van uiters onkunde en truuks om korrupsie te laat herleef.

Rooikoos ·

TLU, wat verwag julle van ‘n spul terroristiese kommuniste?

Dries ·

Ek verstaan nie. WAT GAAN N VERSKONING ENIGSINS HELP. Sy hart en persoonlikheid is vol haat teenoor die blanke boer. Hy sal maar net weer n ander manier vind om die blanke boer te na te kom

Persheks Adri ·

Hou aan om ons te ondermyn ons boere is al keelvol verby vir julle klomp patete pffft

Punisher ·

Oorlog is naby soos jy tussen die lyne sê Adri hulle besef dit net nie

Yvonne ·

Hulle sal nie rus voor alles verwoes is nie….leer hulle nooit uit ander se foute nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.