TLU SA eis steeds optrede teen BLF-leier

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

TLU SA het ʼn memorandum aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oorhandig oor die vervolging van Andile Mngxitama, die president van Black First Land First (BLF).

“Ons is almal besorg. Almal in Suid-Afrika is,” het Louis Meintjies, president van TLU SA, Dinsdag gesê toe hy die memorandum aan die NVG in Pretoria oorhandig het.

Dié memorandum hou verband met beweerde rassistiese uitlatings wat Mngxitama verlede jaar by ʼn saamtrek in Potchefstroom in Noordwes gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig TLU SA het op 11 Desember 2018 ʼn klag van haatspraak teen Mngxitama by die polisie aanhangig gemaak nadat hy die vorige dag tydens ʼn openbare byeenkoms voor ʼn groot gehoor gedreig het om vyf wit mense dood te maak vir elke swart mens wat doodgemaak word. Hy het voortgegaan om vroue en kinders te dreig: “We will kill their children, we will kill their women, we will kill anything we find on our way.”

“Dié soort haatspraak wat gedurig uit sy mond kom, is uiters opswepend en dikwels die vonk in die kruitvat wat lei tot gewelddadige aanvalle en selfs moord op plase,” het Meintjies Dinsdag gesê.

“Ons het tot dusver nog geen terugvoer gekry oor waar die saak staan nie. Ná verskeie oproepe en e-posse het ons op 26 Februarie per hand ʼn brief afgelewer by die NVG se kantoor. Ontvangs daarvan is deur adv. E Matzke namens die adjunkdirekteur van openbare vervolging erken en sy het onderneem om ‘binne twee dae’ terugvoer te gee. Ons het nog steeds niks gehoor nie,” het Meintjies gesê.

Volgens Meintjies was ‘n me Makete van die NVG egter besorg oor hoekom daar nog geen terugvoer gegee is oor die vordering van die saak nie. “Sy het haar dus voorgeneem om dit dringend met belanghebbendes op te volg en ook ʼn petisie met die name van 30 886 mense wat [die vervolging van Mngxitama] ondersteun, erken.

“Ons is bly om te hoor dat die NVG self bekommerd is oor die dreigemente wat mense soos Mngxitama en Julius Malema teenoor wit Suid-Afrikaners maak,” het Meintjies gesê.

“Ons vertrou dat daar nou binnekort uitsluitsel gegee sal word oor of Mngxitama vervolg sal word of nie,” het Meintjies gesê.

TLU SA doen ʼn dringende beroep op adv. Shamila Batohi, die NVG se nasionale direkteur van openbare vervolging, om Mngxitama wel te vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Johnny ·

Wow as enigiemand dink dat die NVG bekommerd is hoekom die saak nie vorder nie, glo jy seker ook aan die tande muis.

Waarheid ·

Daar sal niks van kom nie, ons presidensie is bang vir die eff en die blf….

Hans Richardt ·

Mazibuye party, BLF, EFF…?
Almal vol haat, 35 jaar November 1983 referendum?

pieter ·

As hy wit was,was die saak al deur die hof aangehoor,en hy in die tronk.

The face of the people ·

Onthou Mrk is die “face of the people” . Ek glo ons ons sal dit na die vekiesing verstaan.

Swartwolf ·

Soos gewoonlik maak die lee blikke die meeste geraas. Groot mond vol haat en bravado. Tot hy iets moet doen of gekonfronteer word dan het hy 1000 verskonings.

Koos de Meyer. ·

Pieter ek stem saam met jou. Maar ons moet paraat wees as hy sy dreigemente wil uitvoer gaan dit nag wees vir hulle.

Hendrik ·

Hou aan TLUSA tot sukses bereik is met vervolging. Dan kan die volgende saak opgeneem word tot sukses. Die saak moet tot op internationale vlak verhoog word sodat hierdie ouens se reise beperk word tot S.A en toegang geweier word tot ander lande.

Jaco Burger ·

Wanneer gaan die wit volk besef dat niks gedoen gaan word nie. Al wanneer iets gaan verander is as die cANCer uit die kussings gelig word. Die hele spul is kop-in-een mis, jy as wit organisasie kan op jou kop staan en niks sal gedoen word nie. Dit is soos God se Woord se, in die laaste dae sal dit wat slegs is goed genoem word, en dit en dit wat goed is sleg genoem word. Ons sit met ‘n heidense regering wat nie God se woord verstaan of wil verstaan nie. Ek spreuk dat God hierdie regering tot niet sal maak!!!!

Manie van Worcester ·

God kan die regering tot niet maak in n oogwink. Ek vra myself af, Wat doen die mense van die land om dit te verdien, Niks. Die inwoners van die land verdien wat hulle het want ons het toegelaat dat God uit grondwet geskryf is en niemand probeer dit regstel. Ons gaan voort op ons goddelose pad met kerke vooraan. Afgode soos menseragte,geld so kan jy aangaan vir dae

Koos ·

Hoe erg is dit dat ons moet smeek dat die wette van die land afgedwing word.

Gaitsigubib ·

Jy is absoluut reg Carl. Nie hierdie rassiste nie, maar die SA regering moet internasionaal verkla word omdat hulle nie wil optree nie. As hierdie haat uitsprake lei tot volksmoord hoop die ANC om gerieflik hul hande in onskuld te kan was. Hulle sal die blaam wil skuif na die BLF of EFF. Hulle hoop eintlik vir n mense slagting teen die blankes want heimlik is dit ook hul mikpunt. As dit nie was nie sou hulle hierdie blatante rassisme nie verduur het nie. Moennie die waardevolle poging van die TLU miskyk nie. Hulle hulp in die verband is van onskatbare waarde.

fred ·

kyk net na hom….en besluit self….moenie praat nie,net denk…..ja arm suid-afrika

Pietman ·

Indien die NVG niks doen nie, keur die regering die haatspraak goed. Ons het dus ‘n saak vir vlugtelingstatus.

Snowball ·

Dit sal goed wees Pietman, maar hoe kwalifiseer ons? Wie gryp in en verklaar ons vlugtelinge? Of gaan ons eers Rwanda moet herhaal voordat dit gebeur? Tot dusver het nie eers boeke en bewusmaking van die grusaamheid van plaasmoorde enige vlugtelingstatus tot gevolg gehad nie.

LADY ·

Genade nee die man het n vreeslike HAAT gesig. Hy haat ons en ons haat sy gesig. Wreed as jy my vra. Steve word in spervuur gegooi oor so klein aanmerking. hy se duidelik hulle moet ons doodmaak en wat gebeur ..net mooi niks. Ek glo wel dat God ons die paadjie laat stap want daar wag vir ons n groter en wyer pad..en dis nie meer lank nie dan sal ons ons beloning kry…maar net my opinie..

Hans Richardt ·

DA se beleid en verkiesingslagspreek is, Geforseerde etniese amalgamasie politieke beleid vir almal. Maw dis teenpool van apartheid.
Hierteenoor staan die Mazibuye party en BLF, wat net vir swartes.
Hierdie is alles diskriminerende beleid, wat vryheid van keuse en assosiasie ignoreer en direkte teenpool van apartheid.

pinkie ·

Snaaks hoe hulle steeds dink ons is die groot vyand. Hulle grootste vyand is hulself… Dieselfde mense wat ons land in die grond ingewerk het. Hulle is die vyande. Die mense wat armoede bewerkstellig, hulle is die vyande.

Hb ·

Wie “sponsor” hierdie BLF? Is dit ons, die belastingbetalers???

Jacques ·

Hb – As jy moet vra sal ek se BOSSASA en die die korrupte regering “sponsor” hulle .
Al wat ek kan se is kyk na Israel . Dit is n baie klein land wat baie suksesvol is op baie gebiede soos tegnologie , boerdery ens . Hulle oe is gerig op die Hemelse Vader en staan sterk op geloof deur al hulle verdrukking en aanslae . Ek dink dit is tyd SA ook dieselfde begin doen en op hou om self dinge te wil reg stel . Draai na die Here en Hy SAL die pad vir ons wys.

fred ·

goeie vra;”WIE BETAAL HULLE??”
niemand van hulle sal iets gratis doen en daar is n ganse klomp van hulle wat hierdeur “gesponser” word.

Pieter ·

BLF & EFF word deur Soros betaal en hul hanteerder is Lord Renwick, ‘n vorige Britse ambassadeur in opdrag van ‘n britse dame (?).

Hanna Hoekom ·

Nie eens die MRK het tande nie! Malema en kie word telkens onskuldig bevind. Ons president is ook tjoepstil. Ons kan maar net aanneem dat dit “stille goedkeuring” is. Internasionale hulp is al wat ons nog kan red!

oom ·

TN, aan Yahweh, Skepper van die hemel en aarde en ENIGSTE ware God.

Snowball ·

Die verpersoonliking van haat vasgevang in ‘n ontoereikende intellektuele vermoë. Die gevolg is ongebreidelde rassisme sonder die tempering van ‘n wag voor die mond.
En hy word in die politieke arena verwelkom want haat vir wittes is al wat party politici het om te bied, hy ry net saam op die ANC en EFF se wa.

Mariana ·

Die storie gaan dieselfde pad loop as Malema sn. Die mense mag sê wat hulle wil. In vandag se SA is dit net blankes wat liewer niks mag sê nie want dit sal jou in die tronk laat sit. So saam met Malema, ANC is hierdie tipe haatspraak maar niks. Gn wonder mense word links en regs vermoor nie, met sulke opswepers hoe dan anders. Politici moet verantwoordelik gehou word vir hul uitlatings.

Aster ·

Dié blikslaer gaan nog sy agterent sien! Die Here sien alles raak en waarvan die hart van vol is loop die mond van oor. Mens kan nie ‘n toekoms saam met hulle bou nie. Sorry dit werk net nie!!

landvaneensydigheid ·

Ons hande is vasgebind en ons monde is toegeplak. Die enigste manier hier uit is…wag laat ek my woorde tel voor my kommentaar verwyder word en my ip geblacklist word. So voeter ons aan soos pikkewyne wat skwaak terwyl die puma rondgaan en ons willekeurig verskeur…

Jerry ·

Nee Andre dit is nog nie oorlog nie, dit is nog net n klug van misleiding, uittarting en uitlokking. Bly maar eerder net wetsgehoorsaam en moet niks doen van wit teen swart nie sodat as dit regtig oorlog raak, laat dit swart teen swart wees!

Andreas ·

Jerry, hulle moet die BLF ou ‘n plaas gee, dit sal hom straf en sommer ‘n ook les leer.

Jeremia ·

Waarvan die hart vol is daarvan loop hierdie een se mond. Dit staan ook baie duidelik op die gesig geskryf wat daarbinne aangaan.

At ·

Die MRK-sirkus se narre sal ‘n geloofwaardige vertoning lewer. Vra hul vir ‘n vertoning.

hercu ·

die MRK se dr vd Berg met haar verkeerde besluit teen haatspraak sal eendag moet rekenskap gee van haar woorde!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.