TLU SA eis verduideliking oor gewysigde jagregulasies

Argieffoto (Foto: klimkin/Pixabay)

TLU SA dring aan op ʼn verduideliking oor gewysigde regulasies wat Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer is en die reis oor provinsiale grense vir jagdoeleindes verbied.

Die departement van omgewing, bosbou en visserye het met die wysigings ook ʼn stokkie gesteek voor akkommodasie vir jagters.

“Dit is uiters onverskillig en irrasioneel om sulke regulasies te publiseer,” sê Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Dit is nog ʼn ekonomiese slag vir wildsboere wat reeds groot verliese gely het as gevolg van die eerste weke van die afsonderingsperiode se regulasies. Ons lede het reeds deposito’s ontvang en voorbereidings getref vir jagters wat van ander provinsies by hulle sou gaan jag. Die risiko vir die verspreiding van Covid-19 op verafgeleë gebiede, waar min mense met mekaar in aanraking kom, is minimaal.”

Wildsboere moet vanjaar sonder die inkomste van internasionale jagters klaarkom en het staatgemaak op plaaslike jagters om gedurende die jagseisoen ʼn gedeelte van hulle inkomste op te maak. Daar is nou baie min geleentheid vir hierdie boere om ʼn inkomste te verdien om sodoende die wildsplase aan die gang te hou.

Dit sal ook ʼn invloed hê op werksgeleenthede. Volgens ʼn verslag van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) in April, is 67% van werknemers in die wildbedryf negatief geraak deur die beperkings.

In baie landelike gebiede is die plattelandse ekonomie afhanklik van jagters en wildsboere se spandering. Dit is inderdaad wat die landelike omgewing aan die gang hou.

“Ons versoek die departement en regering om ʼn verduideliking te verskaf waarom hierdie regulasies skielik gewysig is,” sê Meintjes. “Boere is reeds baie ontevrede oor hoe die afsonderingsperiode hulle beïnvloed, terwyl die regering op hulle staatmaak om voort te gaan om voedsel te produseer. Die dag sal kom wanneer boere nie meer in hierdie vraag kan voldoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Joggie ·

Geen verduideliking sal gegee word nie. Die agenda is om die landbousektor so seer as moontlik te maak, siek regering waarmee ons opgeskeep is!

Trevor ·

Dit raak maar seker tyd dat ons almal doen soos ons wil en wat ons wil, n taxi mag vol persone ry , maar 4 jagters mag nie eens op n 1600h plaas kom nie, Is is very apparent that certain sectors are targeted in a concerted effort to force equality , at the expense of workers earning a income

Oompievis ·

Nog ń regulasie om totale beheer te probeer kry oor die wetsgehoorsames. Moet die span nie eerder konsentreër om te poliesieer waar die ongehoorsame wetteloses chaos saai nie?

Alleen Wolf ·

Dis ironies dat wild veilings steeds gehou kan word, wonder hoeveel invloed het C.R. se eie opkomende wild veilng op die besluit gehad?

Hoekom ·

Hierdie regulasies het niks met covid19 te doen nie. Deel van die ANC se “reset the economy” plan. Niks gaan oorbly nie…

Scalla ·

Civid 19 word gebruik as verskoning om hul onbevoegtheid weg te steek.

Adam Adriaan ·

Dit is deel van die Kommunistiese ANC se strategie om alle boere van plase te verwyder deur hulle ekonomies te knak. Hulle inperking op beweging is erger as die apartheid se paswette. nie net word die swart mense weer beperk in hulle beweging nie, maar elke lid van die bevolking se beweging word nou gemuilband.

Adri ·

Duidelik ñ bose plan om ons mense te straf. Hoop regtig TLU SA kan plan maak. Ons jag is die hoogtepunt van die jaar.

christo ·

Die ANC regering se agenda is om wit boere én swart boere wat suksesvol kommersieel boer van hulle grond af te kry sodat die spul soos in Zimbabwe kan sê: ‘ I am a farm owner’. Ek is bly die politici wat deel aan die uitverkoop van die wittes so lekker laaaaaaaaank lewe, en blykbaar in pyn, sien hoe wit mense wreed vermoor word. ‘n Bekende SA militaris het met die oorgang na demokrasie gesê dat die vrede erger sal wees as die oorlog. So waar, want hy het wyd geleef en gelees.

Kobus ·

Maklike som om te maak. 99% Jagplase behoort aan blanke boere. 99% jagters is blank.ANC het beslis verskuilde agenda.Taxi’s doen wat hulle wil sonder vervolging. Waarom staan al die blanke ,Indiër en Bruin eienaars van restaurante, drankwinkels,Jagplase,lodges,hotelle ens Nie saam en open op n gegewe dag en tyd vir besigheid nie? Die SAPD kan Nie almal arresteer nie en al doen hulle dit waar gaan almal aangehou word?

Scalla ·

Kobus, stem saam, dink jy nie daar moet dan begin word by die oorvol taxis om hul n punt te bewys nie?

Louis ·

Die kennisgewing is nie ‘n “regulasie” nie – dit is ‘n aanwysing (“direction”). Ek is van mening dat die aanwysing ongemagtig is – geen voorsiening is daarvoor in die regulasies gemaak nie. Die aanwysing is ook so onredelik en onverklaarbaar dat dit ook op daardie grondslag op hersiening ter syde gestel behoort te word. Ek hoop iemand gaan die aanwysing op hersiening neem.

Stofdonkie ·

Met die klomp kaders in beheer gaan hulle net die prosesse gebruik om uitstel te verkry om antwoorde te verskaf. Teen die tyd dat hulle tot die regering kan deurdring is die jagseisoen al verby. Hierdie regering probeer net die boere by te kom. Die boere moet met onmiddelike effek hulle werkers sommer almal aflê. As hulle besigheid nie kan voortgaan nie kan hulle mos hulle personeel verminder.

Scalla ·

Dit is dus aanvaarbaar as ek tien jagters na my plaas nooi vir die dag, hul kom met n taxi, gemasker, geen drank en sigarette word vervoer en minimum 2 ruite moet oop gehou word, ons skiet klomp wild deur die dag, voor donker moet hul terug keer na hul wonings en indien daar te min wild geskiet word kan hule die volgende oggend weer kom op dieselfde voorwaardes, lagwekkende redenasie.

Johannes Andries ·

Ek stem saam met Kobus dat ons almal op ‘n gegee dag self die inperkingsmaatreels afskaf. Die korrupte regering sal dit nie reg kry on dit te beeindig nie. Kom aan Hou op kla en staan saam, “Eendrag maak Krag” Laat hulle jou beboet as hulle dit kan regkry in die hof. Gewoonlik vra die regter/magistraat wat bied jy aan te versagting. Se Dan “EK HET NIE GELD NIE RAMAPHOSA HET MY BEROOF VAN MY WERK, EN INKOMSTE, SO EK KAN NIE BETAAL NIE!!” Hulle sal nie almal kan toe sluit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.