TLU SA maak reg vir hofsaak oor onteiening sonder vergoeding

landbou-mielies-pexels

(Foto: Pexels/Pixabay.com)

Die landbouorganisasie TLU SA sê hy maak gereed vir ʼn hofstryd oor die regering se omstrede plan van onteiening sonder vergoeding. Dit kom ná samesprekings met die parlement se ad hoc-komitee om voorstelle in te dien oor hoe art. 25 van die Grondwet – wat handel oor onteiening sonder vergoeding – gewysig moet word.

“Dit is duidelik dat die komitee se fokus uitsluitlik is op hóé die wet gewysig moet word en nie wat die gevolge van die wysigings sal wees nie,” het Louis Meintjes, president van TLU SA, gesê.

“Enige insette van belanghebbende rolspelers wat landbouers verteenwoordig, is telkens eenvoudig afgemaak as irrelevant.

“Dit is uiters kommerwekkend dat aspekte soos gevolge op die ekonomie, beleggingsonsekerheid, graderings deur kredietagentskappe en die heel belangrikste, voedselsekerheid, geen gewig dra in hierdie proses nie. Die enigste saak van belang is dat grond onteien moet word ondanks meervuldige voorbeelde van hoe dit weens korrupsie, onkunde en gierigheid misluk het. Dit strek nie tot die voordeel van Suid-Afrika nie,” het hy gesê.

Die organisasie sê hy vertrou ook nie die “stoomroller-proses” wat gebruik word om die wysiging aan die parlement voor te lê nie. Die komitee het voorgestel dat ʼn konsepwet teen 27 November klaar geskryf word, waarna dit teen middel Desember en begin Januarie aanstaande jaar vir openbare kommentaar beskikbaar gestel moet word.

Openbare verhore volg dan in Februarie en op 20 Maart moet dit finaal by die komitee wees sodat dit op 31 Maart aan die parlement voorgelê kan word.

“TLU SA het reeds begin om op internasionale vlak en van internasionale regskenners aanbevelings in dié verband te ontvang en sal dit so spoedig moontlik bekend maak,” het Meintjes gesê.

“Dit is egter duidelik dat die komitee die proses as ʼn formaliteit beskou en dat die wysiging nou slegs deur gemeenskapsdruk en litigasie beveg kan word.

“Ons doen daarom ʼn beroep op Suid-Afrikaners wat besorg is oor die beskerming van landbou, voedselsekerheid en eiendomsreg om TLU SA se Eiendomsregfonds te ondersteun en te versterk vir die komende hofsake.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Feite ·

Regstelling van die onreg van die verlede kan volgens ANC ideologiese interpretasie, wat die howe en buitelandse mening insluit, slegs geskied deur wit bevoorregting weg te neem en te vervang met swart bevoorregting, aangesien wit kolonialisme nooit op die bevoorregting aanspraak kon maak nie. Dat die TLU hulself lelik gaan vasloop behoort dus vir niemand n verrassing te wees nie, maar ons bou mos sakeryke ipv wat die Skrif ons beveel om te doen!

Anton ·

Die regering verwag van die publiek om beleggers te lok maar beleggers word weg gejaag as gevolg van dinge soos die en Malema se uitsprake.

KO ·

Sterkte TLU, net baie hartseer om te dink dat die boer was in beheer was sy eie grond 25 jaar terug.

Willem Grobler ·

Hulle wil witmense se grond vat sonder om vir dit te betaal. As jy dan hof toe gaan moet jy wéér betaal terwyl hulle met jou eie geld jou teenstaan. Klink dit regverdig? As ons almal nou dinge wat honderde jare terug gebeur het begin “regstel” is ons in die moeilikheid. Hoe gaan die grondeisers die witmense vergoed vir al die infrastruktuur, industrieë ens ens wat die kolonialiste hier opgerig het? O, jammer. Ek het vergeet mens mag dit nie sê nie. Dis ‘n kwade dag as mens nie meer die waarheid mag aanvoer as ‘n teenargument nie…

aj ·

Die 1994 grondwet was ‘n vredesSKIKKING (ooreenkoms) wat beding is tussen strydende groepe in die “oorlog” !

Die beplande eensydig verandering in die grondwet impliseer dat die ANC die SKIKKING wil verbreek en die land terugsleep na die pre 1994 “oorlog” toestand.

Die ANC bewys homself daardeur as ‘n ONBETROUBARE party in onderhandeling en oneerlik in die honorering van skikkingsooreenkomste.

Met dié oneervolle daad maak die ANC ook die bydrae van Nelson Mandela tot niet.

Die res van die wêreld behoort hiervan kennis te dra en dringende internasionale aksies in te stel om die onbetroubare ANC te straf.

Hopelik inisieer die VN strafmaatreëls téén die ANC soortgelyk soos die VSA en EU se ‘swartlys’ wat ingestel is teen die Mugabe regering.

Niemand sal in die toekoms wéér die fout maak om die ANC te vertrou nie.

Hierdie verbreking van die 1994 skikkingsooreenkoms kan op bloedvergieting en geweld uitloop wat die land kan vernietig!

Feite ·

@sannie ek se mos soos wat die Skrif ons beveel om te doen. Wanneer God se volk nie militer georganiseer was nie en die vyand die volk sou verslaan, dan moes God se volk hulle grond, eiendom en besittings verkoop en hulself versprei oor verre vreemde lande heen. Diegene wie dit nie doen nie sou deur die onheil wat die bose dade van die vyand bring, saam met die vyand verswelg word. Die onheil verswelg en vernietig alles, mens en dier sal nie die water kan drink nie, selfs plante sal nie groei nie. sannie, die eff se boodskap aan oom Angus spreek van haat, wraak en vergelding deur geweld, dit is tans net idees, maar dit is idees wat bose dade tot gevolg het teen God se volk, bose dade bring onheil en dit is my beskeie opinie dat daardie onheil met n spoed oppad is en dat die Afrikaner as volk voor een van twee keuses staan en om n sakeryk te bou is nie een van die keuses nie!

Vra-maar-net ·

Tekste asseblief. Ek reken ek ken my Bybel redelik goed, maar ek weet nie van eiendom verkoop en dan wêreldwyd gaan versprei nie. Tydens die ballingskap was wêreldwyd gaan swerf ‘n straf en is hul eiendom deur die heidene ingeneem. Israel sukkel vandag nog om hul verkleinde land te behou. Die palestyne grom en blaas elke dag oor wie se land dit eintlik is.

Kallie ·

SA is op pad na ‘n kommunistiese paradys. Die staat sal vat wat hulle wil. Die Afrikaner sal verder vertrap word. Om op en af te spring gaan nie help nie. Geniet maar die beker en partie saam met die ANC heersers. Solank die rugby sterk is, is Afrikaners gelukkig.

Dolf ·

Afrikaners het hul lot aanvaar. Daar is geen baklei oor nie. Hulle sal nou eerder teen mekaar baklei om die meester gelukkig te hou. Tipiese Pavlov eksperinent.

Michael P ·

Tot hulle jou goed begin vat. Dan wil ek sien wat beteken daai goue koppie

jaco ·

onthou net: die wit boere in Zimbabwe is ook howe toe oor onteiening sonder vergoeding en hulle het n hele paar hofsake gewen. En toe vervang President Mugabe eenvoudig daardie regters met regters wat konswent altyd sy beleid napraat.
Die ANC wil grond sonder vergoeding onteien. Die ANC regeer ook SA en beheer dus die Departement van Justisie, waar die howe is. Dié departement, en dus by implikasie die ANC, betaal die regters se salarisse. Geen regter wat sy werk wil behou, sal dus teen onteiening sonder vergoeding uitspraak lewer nie.
So hofsake gaan nie eintlik help nie.
Wees eerder bly onteiening kom uiteindelik. dit sal ten minste ‘n einde maak aan alewige wrede plaasaanvalle en plaasmoorde, want dan is die wittes mos finaal WEG van die plase af.

Chris ·

Liewe Jaco, geen verskoning is goed genoeg nie, geen vergoeding, geen bevoordeling, niks, so sal geen grond goed genoeg wees nie. Dit sal huise, pensioene, besighede en alles van waarde word. Die aanvalle en moorde sal eers stop wanneer hulle te bang is om te probeer.

De Villiers ·

@Jaco, wat jy nie besef nie is dat, as grond dan nou sogenaamd onteien is, stop die geweld en plaasaanvalle nie. Dan kom hulle vir jóú huis in die dorp, stad, plot of waar jy ook al bly. Onthou, hierdie grondonteieningskwessie is ń aanslag teen blankes, ongeag die gevolge vir die land en ekonomie.

Gaitsigubib ·

Dis baie waar Chris. Ek hoop tussen al die geblokkery deur kry jy my boodskap want jou tipe insig is skaars

Sê-maar-net ·

Waarheen gaan daai Wittes??? Ek het 2 broers op 2 verskillende plase. Afgetree. Geniet nou die vrug van hul arbeid. Moes gronde verhuur weens gebrek aan belangstelling van hul nageslag. Huurgeld sit nou kos op die tafel. Waarheen moet hulle gaan? Armlastiges word???

Johan ·

Boere moes al n paar jaar gelede net begin minder plant het dan sal daar geen probleem wees.

Ander Koos ·

Hof gaan nie anc regering stop nie, dit is tog al oor en oor bewys dat geen hof teen regeringsbeleid uitspraak lewer nie. Verder ignoreer anc eenvoudig enige hof uitspraak/bevel wat hulle nie aanstaan nie. Ander maniere sal gevind moet word om hierdie katastrofe te keer. Sterkte met die stryd.

Getransformeer ·

Talle hofsake se uitslae het dit reeds duidelik gemaak dat die hof/regstelsel reeds getransformeer is en daarom weet almal in hul binneste waarna alles oppad is.

Transformertjie ·

Genoeg hofuitsprake het reeds bewys dat die howe/regstelsel getransformeer is. Almal weet klaar in hul binneste wat die eindresultaat gaan wees.

Basjan ·

TLU SA dit is goed dat julle al hofstukke begin voorberei. Die kaders benader die wetgewing met oogklappe aan. Ek het ‘n goeie beskrywing van die regering se houding raakgelees in die berig hierbo: “Die enigste saak van belang is dat grond onteien moet word ondanks meervuldige voorbeelde van hoe dit weens korrupsie, onkunde en gierigheid misluk het.” Hierdie sin spreek BOEKDELE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.