TLU SA ondersteun ‘ware geskiedenis oor grondbesit’

Skermgreep uit die video

TLU SA dring daarop aan dat die waarheid oor die geskiedenis van grondbesit sy regmatige plek bo die verdraaide en vals weergawes van die ANC-regering en sommige ander politieke partye inneem.

“Die spreekwoord lui: Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel,” sê Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Buiten ʼn verwronge en vernietigende ideologie waaraan die ANC so styf vashou, word hulle onakkurate weergawe oor die geskiedenis van grondbesit en die ontwikkeling van die land so wyd en gereeld verkondig dat nie net hulleself nie, maar nuwe generasies en ander oningeligte mense dit nou as die enigste waarheid glo.

“Hierdie leuens wat hulle verkondig is die fondament waarop byna al hulle argumente geskoei word,” sê Meintjes. “Vernietig hierdie leuen en die ANC se hele argument val plat.”

Die TLU SA-lid Werner Weber het met die hulp van verskeie rolspelers in die geskiedenis gedelf en die korrekte feite in die boek The South African Land Issue weergegee

TLU SA stel graag die boek met ʼn reeks video’s wat die onderskeie tydperke van die geskiedenis oor grondbesit-ontwikkeling toelig, bekend.

  • Die debat rondom grondbesit in Suid-Afrika

  • Swart grondbesit in 1820 en die Groot Trek na die binneland

  • Natal en die Zoeloes

  • Lydenburg, die Pedi’s en Swazi’s

  • Die Bataung en Matabeles in die Vrystaat

  • Voortrekkers kry land as vergoeding

  • Louis Trichardt en die Vendas

  • Meer oor The South African Land Issue

 

“Ons wil graag hê dat mense hulle vergewis van die ware feite van grondbesit in Suid-Afrika voordat hulle aan die debat daaroor deelneem,” voeg Meintjes by. “Versprei gerus die inligting aan alle Suid-Afrikaners.”
The South African Land Issue kan per e-pos by [email protected] bestel word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Dit is net nog n rede hoekom SA opgedeel moet word in onafhanklike tuislande sodat elke volk sy geskiedenis kan behou en homself kan ly na voorspoed ….Dit werk in Europa.

Johan Venter ·

Die ANC en Julius maak toe mos so ‘n geraas, FW vra toe sommer om verskoning en trek sy woorde ‘terug’. Dis hoog tyd dat ons die land se ware geskiedenis onvoorwaardelik terugeis en dit wêreldkundig maak.

Die tyd is verby dat ons die ANC se verdraaide geskiedenis moet sluk wat hulle vir propaganda gebruik om die Afrikaner se aanspraak te misken sodat dit hulle alleenreg op die land en grond kan gee in die najaging van hul ideologie. Kap daardie propaganda sommer in blokke af.

Dit is reg so dat ons darem nog mense in die land het wat vir wat reg is opstaan en die waarheid en reg onverskrokke najaag, dit laat my aan Jan FE Cilliers dink, en ek haal aan:

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan;
Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan;
‘n oog wat nie wyk,
wat ‘n bars kan kyk;
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan –

vas soos ‘n berg van grou graniet
op vaderlandsgrond, sy hartsgebied,
aan haar getrou
soos aan kind en vrou,
en wat in haar ere ook syne siet.

Johan Venter ·

Kom ons vertrou alle belanghebbende politieke partye, die FV Plus, burgerlike- en landbouorganisasies, die private sektor, kan hierdie inligting en ware geskiedenis aanwend om die ANC en sy regering se dorstige ideologie en vergrype in hul spore te stuit.

Lyal ·

Baie oulik, maar dit help nie om dit te verkondig aan die mense wat al klaar dit weet nie.

Die mense wat dit juis moet hoor gaan nie luister na ‘n persoon wat die presiese prentjie van hul ‘historiese vyand’ verteenwoordig nie.

Johan Venter ·

So ons moet nou maar gods water oor gods akker laat loop an als gelate aanvaar?

Johan Venter ·

En hoe graag sal ek Cyril se gesig wil sien as mens hierdie videos vir hom speel!

Genis ·

As ek reg is, is feitlik die hele Zimbawe in die besit van die burgers? Hulle is tans op die brink van ineenstrorting. Is ek reg hier?

Daniel ·

Een van belangrikste kwessie is dat grenslyne in Afrikalande wat deur kolonalisme geïnspireer was. Dit is wat Malema-hulle glo Afrika is een swart land sonder grense.
Tweedens Malema-hulle verwerp enige blanke skrywers se perspektief in hulle boeke/bewyse/meriete.

madels ·

Dis nie dat die regering nie weet wat die waarheid is nie HULLE WIL NIE DIE WAARHEID HOOR NIE! Die gesegte lui: daar is niemand dower as die een WAT NIE WIL HOOR NIE. Hierdie hele ding gaan nie oor die “land dispute” nie, dit gaan oor n kommunistiese regering wat in BEHEER wil wees, was die hele SA wil dwing om onderdanig aan hul en hul evil planne en kommunistiese ideologie te wees

Johan Venter ·

Kan alle private skole dan nie ook hierdie inligting by hul leerplanne inwerk nie? Dit sal mos nou wonderlik wees!

Hector ·

Dankie, TLU SA en Maroela Media! Dit lyk vir my, wat in die oorseese Vlaandere bly, maar lankal ‘n vriend van die Boere is, ‘n verskriklik interessante boek wat kan help om die in SA wyd verspreide leuens te ontmasker.

Henri ·

Dankie vir die goeie werk! Ons benodig hierdie in Engels om die anderstalige burgers en wêreld ook in te lig, asseblief. Dit help maar baie min ons sê dit net vir mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.