TLU SA dring daarop aan dat die waarheid oor die geskiedenis van grondbesit sy regmatige plek bo die verdraaide en vals weergawes van die ANC-regering en sommige ander politieke partye inneem.
“Die spreekwoord lui: Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel,” sê Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Buiten ʼn verwronge en vernietigende ideologie waaraan die ANC so styf vashou, word hulle onakkurate weergawe oor die geskiedenis van grondbesit en die ontwikkeling van die land so wyd en gereeld verkondig dat nie net hulleself nie, maar nuwe generasies en ander oningeligte mense dit nou as die enigste waarheid glo.
“Hierdie leuens wat hulle verkondig is die fondament waarop byna al hulle argumente geskoei word,” sê Meintjes. “Vernietig hierdie leuen en die ANC se hele argument val plat.”
Die TLU SA-lid Werner Weber het met die hulp van verskeie rolspelers in die geskiedenis gedelf en die korrekte feite in die boek The South African Land Issue weergegee.
TLU SA stel graag die boek met ʼn reeks video’s wat die onderskeie tydperke van die geskiedenis oor grondbesit-ontwikkeling toelig, bekend.
- Die debat rondom grondbesit in Suid-Afrika
- Swart grondbesit in 1820 en die Groot Trek na die binneland
- Natal en die Zoeloes
- Lydenburg, die Pedi’s en Swazi’s
- Die Bataung en Matabeles in die Vrystaat
- Voortrekkers kry land as vergoeding
- Louis Trichardt en die Vendas
- Meer oor The South African Land Issue
“Ons wil graag hê dat mense hulle vergewis van die ware feite van grondbesit in Suid-Afrika voordat hulle aan die debat daaroor deelneem,” voeg Meintjes by. “Versprei gerus die inligting aan alle Suid-Afrikaners.”
The South African Land Issue kan per e-pos by [email protected] bestel word
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Dit is net nog n rede hoekom SA opgedeel moet word in onafhanklike tuislande sodat elke volk sy geskiedenis kan behou en homself kan ly na voorspoed ….Dit werk in Europa.
Die ANC en Julius maak toe mos so ‘n geraas, FW vra toe sommer om verskoning en trek sy woorde ‘terug’. Dis hoog tyd dat ons die land se ware geskiedenis onvoorwaardelik terugeis en dit wêreldkundig maak. Die tyd is verby dat ons die ANC se verdraaide geskiedenis moet sluk wat hulle vir propaganda gebruik om die Afrikaner se aanspraak te misken sodat dit hulle alleenreg op die land en grond kan gee in die najaging van hul ideologie. Kap daardie propaganda sommer in blokke af. Dit is reg so dat ons darem nog mense in die land het wat… Lees meer »
Kom ons vertrou alle belanghebbende politieke partye, die FV Plus, burgerlike- en landbouorganisasies, die private sektor, kan hierdie inligting en ware geskiedenis aanwend om die ANC en sy regering se dorstige ideologie en vergrype in hul spore te stuit.
Baie oulik, maar dit help nie om dit te verkondig aan die mense wat al klaar dit weet nie.
Die mense wat dit juis moet hoor gaan nie luister na ‘n persoon wat die presiese prentjie van hul ‘historiese vyand’ verteenwoordig nie.
En hoe graag sal ek Cyril se gesig wil sien as mens hierdie videos vir hom speel!