TLU SA oorweeg belastingboikot  

(Foto: TLU SA/Facebook.com)

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) ondersoek die moontlikheid om munisipale belasting te boikot indien die regering voortgaan met onredelike verhogings van die waarde van eiendomme.

Munisipaliteite regoor die land is besig om eiendomme te inspekteer vir algemene of aanvullende waardasierolle. Die waarde van die eiendom bepaal ook die tarief wat op dienste en belasting vir die eiendom gehef word.

“Ons is verbaas en teleurgesteld oor hoe die waarde van eiendomme, spesifiek in die landbousektor, tot dubbel die huidige waarde aangepas word,” sê mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA. “Dié verhogings is verder dubbelsinnig in die lig van onteiening sonder vergoeding en sprake van ʼn nul-waarde op eiendomme. Jy kan nie aan die een kant sê ʼn eiendom se waarde is nul sodat onteiening sonder vergoeding kan plaasvind en aan die ander kant ander eiendomme se waarde opblaas sodat heffings styg nie.”

Die wet spesifiseer die basis van ʼn eiendomswaardasie word deur die markwaarde van die eiendom tydens verkoop bepaal. Die verkoopprys word tans ooreengekom deur ʼn gewillige verkoper en gewillige koper.

“Maar met die waarskynlikheid van onteiening sonder vergoeding wat die waarde van eiendomme asook die aantal gewillige kopers laat afneem, is daar geen aanvaarbare rede vir munisipale waardeerders om die waarde van eiendom so dramaties aan te pas nie, aangesien ʼn eiendom geen waarde het indien daar geen aanbod is nie,” sê Meintjes.

TLU SA het ʼn beroep gedoen op die onderskeie LUR’e vir plaaslike regering om ingevolge artikel 81 van die Munisipale Eiendomsbelasting-wet die nodige stappe te doen en in te gryp waar munisipaliteite onredelike verhogings op eiendomme toepas. “Ons dring verder aan op ʼn omvattende impakstudie ten einde die waarde van landbougrond met onteiening sonder vergoeding in ag genome, te bepaal.

Hy sê die organisasie sal oorweeg om sy lede aan te moedig om munisipale belasting te boikot indien die regering nie hieraan aandag skenk nie.”

“TLU SA waarsku grondeienaars om deeglik kennis te neem van die waardasie op eiendomme en beswaar aan te teken waar dit buitensporig verhoog is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johan Venter ·

Ja, en ek sien Dan Kriek, gewese president van AgriSA het vir Cyril Ramaphosa ‘n stoetbul present gegee. Seker omdat hy knorrig vir Afriforum is oor hul aksie teen die uitvoer van skape na Koeweit in haglike omstandighede.

Jacobus ·

Sien Dan het aangesluit by die Stellenbosch tak van kokedil voerders.

Nell ·

Kokedil? :)) ‘n kruising tussen ‘n kokketiel en ‘n krokodil? :)

ElizeK ·

Dit Johan, is ook een van die redes hoekom duisende kiesers die stembusse vermy.
Jy weet nie meer wie om te vertrou nie.
Hier is baieeee mense met verskillende maskertjies tussen ons.
Die situasie en jou omstandighede bepaal watter een opgesit sal word.

Leeuwyfie ·

Ek is so dankbaar om te sien dat ek nie die enigste persoon is wat die waarheid van kriek raaksien nie. Ek luister net gister ‘n afskuwelike verdraaiing van Afriforum en ophemeling van kriek op rsg.
Ek wou slange vang.

Jacobus ·

Sien oom Dan Kriek het van span verander. Wonder wat is die voordele gekoppel aan die voer van die krokkedil.

Andre ·

Wat hierdie regering ook nie sal doen om geld te kry nie.Hou geld terug en beveg belasting.Die tyd van boikot het aangebreek .

Alet ·

Dit is deel van die vindingryke skema aan staatsvergrype. Niks anders nie

henndrik ·

Ek dink dit is ‘n baie goeie idee, belastingbetalers word regtig swaar belas

ElizeK ·

Uiteindelik praat iemand my taal!!!!
Moenie waarsku nie, stel dit groot asseblief net in.
Nie net vir TLU lede nie, maar vir almal wat gebuk gaan onder eiendoms belasting, en nog belasting en nog en nog!!!!!
Brei dit sommer uit om persoonlike belasting ook in te sluit.
Ek weet eerlik nie hoekom ons in n hoekie gaan sit het en aanvaar het dis reg om so vertrap te word nie.

Leeuwyfie ·

Hoor hoor.
Daar moet ‘n uitweg wees, selfs vir diegene wie se belasting afgetrek word voor salaris uitbetaling. Dit moet onwettig gemaak word

Tiaan ·

Ek ondersteun TLU se poging om sulke baldadige aanslae teen ons Boere af te weer

DieKriek ·

Ek boikot al vir jare grondbelasting. Hulle dreig om my dienste af te sny maar lewer GEEN dienste nie. Miskien haal hulle my een of ander tyd in. Intussen betaal ek net nie.

KAIROS ·

Jy kan nie aan die een kant sê ʼn eiendom se waarde is nul sodat onteiening sonder vergoeding kan plaasvind — ek sou nie die kaart gespeel het nie. julle blaas n dooie ding lewe in

Hy sê die organisasie sal oorweeg om sy lede aan te moedig om munisipale belasting te boikot indien die regering nie hieraan aandag skenk nie.” – Boikot dit en wys ons almal hoe.

Hennie ·

Moes al lankal gebeur het… Al manier waarop die ANC ‘n les geleer gaan word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.