TLU SA sê: ‘Dankie, wêreld’

TLU SA (Foto: Facebook)

TLU SA het met groot waardering kennis geneem van stemme wat in die buiteland opgaan oor die situasie van Suid-Afrikaanse landbouers.

“Ons bedank die Australiese regering in besonder vir die feit dat hulle immigrasiekanale wil vergemaklik indien die situasie in Suid-Afrika onhoudbaar sou word. Dit is ʼn wonderlike gebaar wat ons werklik hoop nooit nodig sal wees om te gebruik nie,” Louis Meintjes, president van TLU SA, gesê.

Meintjes het bygevoeg dit is betreurenswaardig dat die minister van internasionale betrekkinge, Lindiwe Sisulu, dit nodig ag om die Australiese verteenwoordiger in Suid-Afrika na haar te ontbied in die hoop om ʼn amptelike verskoning te kry. “Ons hoop dat Australië geen verskoning sal aanbied nie, want die feite waarop die moontlike verslapping van visumvereistes aan Suid-Afrikaanse boere oorweeg word, is heeltemal korrek, en geen verskoning is nodig as geen leuen uitgespreek word nie. Inteendeel, die ANC en die EFF hoort eerder verskoning aan te bied vir hulle volgehoue leuen dat die boere die grond gesteel het.”

Meintjes het ook sy waardering uitgespreek teenoor Vlaamse studente wat op 22 Maart ʼn stille protes wil hou teen die moorde op Suid-Afrikaanse boere. “Dankie, wêreld,” was Meintjes se woorde. “Ons is dankbaar dat TLU SA se internasionale aksies oor jare heen, nie vergeefs was nie en dat die wêreld kennis neem van ons probleme.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pieter ·

Baie goeie nuus ek wens ons kon almal gaan ,tyd geword vir ernstige sanksies teen die piesang republiek van Azania

( P R A)

Meer asb ·

Ons moet nog meer en meer mense en organisasies oorsee bewus maak van wat hier aangaan.

Hanna ·

Ek dink Sisulu het haarzelf lelik onderskat met die mentaliteit en intelligensie van hierdie eerste wereld lande (dis maklik om n leuen aan ANC en EFF kiesers te verkoop). Die wereld MOET eenvoudig begin kennis neem van die volksmoord op ons blankes! Nou moet ons nog net vir pres Trump ook op die “band wagon” kry…

Eish ·

Die momentum begin opbou.
Ek vertrou die Afrikaanse Burgerregte organisasies, en ook landbou organisasies en ander wat die saak goedgesind is, verslap geensins in hul pogings om die waarheid uit te basuin aan die buiteland nie. Inteendeel, n verskerping daarvan is nou broodnodig vir stukrag.
Die deur van vreedsame naasbestaan is toegeklap in ons gesig, maar die deur van buitelandse simpatie begin opgaan.
Die bewusmaking van ons tweedeklas burgerskap moet sodanig gepropageer word dat protesaksies in die buiteland alledaags word.
Sportsanksies moet die volgende doelwit wees.
Niks het verander sedert apartheid nie, dis slegs halftyd en spelers het kante geruil op die veld.
Dus laat ons die Peter Hains van die verlede weereens mobiliseer tot aksie.
Die boere het reeds n geopende deur in Australië. Ons gewone mense soek ook n deur, moenie verslap nie.

Liesie ·

Ek dank Jesus, dat die buite wêreld se oë oopgegaan het….en sien wat in ons land aangaan…..dankie Australie, dankie Vlaamse studente……….groete…
eh…..

Elvira ·

Dankie TLU. Saam sal ons almal verkondig hoe hierdie boere verniel, gemoor, geplunder en gehaat word.

Dink Self ·

As daar nie ‘n probleem was nie, het Sisulu geen rede om die visa’s te vrees nie. Met haar en die regering se reaksie het hulle eintlik maar net skuld herken.

Andrea ·

Ons sê altyd ons moet die buitewêreld laat weet wat hier aangaan, en uiteindelik neem mense kennis. Dankie Vader. Ek is baie dankbaar dat daar dalk deure vir ons boere kan oopgaan. Soos ons ander wat nir boer nie sê, hoop ons daar is vir ons ook moontlikhede.
Ek stem egter nie met Louis Meintjies saam nie: ek sou sê druk/hou vol met gesprekke om reeds nou die emigrasieproses te begin, nie eers wanneer die gemors in die waaier vassit nie.
Ek het ook n vraag: Is daar n organisasie in SA wat probeer beding vir steun/hulp om te emigreer na lande wat bereid sou wees om Suid-Afrikaners in te neem? Ek kan nie dink dat TLU en Afriforum voorstanders is van emigrasie nie. Soos wat ek dit verstaan veg hul vir n plekkie in die Suid Afrikaanse son vir ons.

FM ·

Ons besef nie wat Agri SA, Afriforum, Solidariteit en al die ander instansies vir die landbou en in besonder vir die Suid-Afrikaanse boere en hul plaaswerkers doen nie. Landbou lewer n fenominale bydrae tot SA se ekonomie.. Ek is n lid van Afriforum en beveel ten sterkste aan dat ons hul hande moet sterk deur aan te sluit. Afriforum is realiste en nie goedkoop populiste soos malema en kie nie. Malema saai anargie en sal nie omgee as SA n tweede zim word nie. Die eff( everything for free) destabiliseer die land tot in die grond in. Wanneer besef malema die realiteit? Seker nooit.

Karolis ·

Aitog, so ek moet maar agterbly net omdat ek vrekbang is vir ‘n vliegmasjien.

Clive Crout ·

Something I do not understand. At the end of World War 2 the UN created an International Crime Court to bring the perpetrators of crimes against humanity. This court bought many people to book for the crimes against humanity during the 2nd world war. But sadly today the UN and the International Crime Court do nothing about the crimes against humanity that is been dished out to the farmers in South Africa. Why.

HPV ·

Karolis, jou kans dat jy in Suid Afrika vermoor word is honderdvoudig meer as ‘n besering of sterfte in ‘n vliegtuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.