TLU SA skepties oor grondverslag

(Foto: TLU SA/Facebook.com)

Die landbouorganisasie TLU SA sê hy het geen vertroue in die verslag van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou wat vroeër vandag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig is nie.

Die paneel, wat uit verskeie kenners bestaan, is in September verlede jaar aangestel om die inter-ministeriële komitee oor grondhervorming, waarvan adjunkpres. David Mabuza die voorsitter is, te adviseer oor ʼn wye verskeidenheid beleidsake soos restitusie, herverdeling, verblyfreg en landbousteun.

Dr. Vuyo Mahlati, president van die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa), was die voorsitter van die paneel.

Die paneel moes ook ʼn uiteensetting gee oor grondbeleid gesien in die lig van voortslepende ongelykheid, onbevredigende grond- en landbouhervorming asook ongelyke stedelike grondontwikkeling.

“TLU SA is baie skepties oor die verslag en koester geen positiewe hoop oor die inhoud daarvan nie,” sê Henk van de Graaff, voorsitter van TLU SA se komitee oor eiendomsreg.

“TLU SA is geen geleentheid gebied om enige insette daarin te lewer nie, terwyl ons reeds etlike jare gelede ons plan vir volhoubare landbou bekendgestel het. Nie die regering of enige van sy instellings het enige belangstelling daarin getoon nie, waarskynlik omdat dit fokus op die vryemarkbeginsels.”

Daar was vroeër al omstredenheid oor die verslag toe ʼn sogenaamde minderheidsverslag ook saamgestel is, omdat sommige van die paneellede glo nie met die verslag saamgestem het nie.

Mahlati het daarna in ʼn skerp bewoorde verklaring gesê Dan Kriek, voorsitter van AgriSA, en Nick Serfontein, ʼn boer van die Vrystaat, is in hul private hoedanigheid lede van die paneel en dat AgriSA se toegang tot vertroulike paneeldokumente “kommerwekkend” is. Luidens berigte het Kriek en Serfontein die verslag saamgestel.

TLU SA sê die feit dat daar ʼn minderheidsverslag saamgestel is, ook vanuit die georganiseerde landbou, omdat ook húlle insette nie vervat is in die finale verslag nie, versterk die vermoede dat hierdie verslag net ʼn eggo is van die regering se sosialistiese standpunte, sonder om die aktiewe landbougemeenskap se voorstelle te oorweeg.

Die organisasie sê die verslag gaan daarom waarskynlik ʼn polities-ideologiese dokument wees, eerder as ʼn ekonomiese dokument wat op groei fokus.

“Daarom stel TLU SA dit op rekord dat ons ons nie gebonde ag aan enige bevinding of voorstel in die verslag nie en dat daar volledig op die inhoud gereageer sal word sodra pres. Ramaphosa dit amptelik bekend stel,” sê Van de Graaff.

Die presidensie het gesê die verslag word eers aan die kabinet voorgelê, waarna dit aan die publiek bekendgestel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sieg ·

Boere moenie plant nie, maak kos pepper duur, gee die regering pakslae, n voorsmaak as hulle die grond gaan vat. Laat hulle die duur kos invoer, hulle sal vinnig sien, maak pap per kilogram sommer vier keer die prys.

Jan ·

Waarom hou die dom boere soveel jare aan om hulle vyande te voer…dis nie baie alim vd boere nie…

Elna ·

Jy het n baie goeie punt Sieg. Die vraag is egter gaan jy saam die res van ons die duur prys betaal? Weet jy dat n erge hongersnood gaan dit veroorsaak? Slaan die regering met hoee prysse en die verbruiker en belasting betalers moet die spit af byt. Dis hoe dit gaan in die fantastiese land van ons. Franse revolusie in SA.

marco polo ·

En vertel ons waarvan gaan die boer lewe as hy nie inkomste het nie? Is jy bereid om jou werk te bedank en sonder inkomste te sit omdat jou belasting die regeerders voed?

Dirk ·

Of n organisasie hulself gebonde ag of nie, dit gaan niks verander aan die uitkoms van die herverdeling van grond volgens sosialistiese politieke beginsels van huurpag waar die staat die eienaar is en die grond verhuur. Staatskaping fase 2 is reeds in aanvang om beheer te vat van finansiele instellings, waarna privaatgrond tersprake sal kom. Hoe op deesaarde “slaan terug” dink hulle kan hierdie magsvertoonmomentum stop, sal nog eers gesien moet word.

DR ·

Jan, jy geniet seker elke aand jou steak, boere moet ook lewe dankie

Gert van Wierdapark ·

Dis logies dat daar skeptisisme oor die verslag sal moet wees. Dat dit as advies moet dien waar vriend Dawid voor sit, is nog erger. Wolf wat die skaapwagter moet wees, en boonop sommer ook die varkies se huisies wil omblaas in die proses. Die a en see leef in hul eie sprokie van grondhervoming. Dit wat aangebied word, kan eerder ‘n lag-vers of vers-lag genoem word! Daar is geen Grondige rede dat verwag kan word dat dit Gegrond sal wees op ‘n basis van verstaan en omgee nie!

Jan ·

Maar dis mos wat julle ou afrikanerkies wou gehad het…julle voer mos julle vyande…

Hanna Hoekom ·

Die besluit is reeds geneem. Ek dink nie enige insette sou ooit n verskil kon maak nie. “Our people” wil grond he. Hoop hulle kan grond eet… Vra maar die Zimbabweans hoe dit gedoen word.

cr ·

fw de klerk Dit is danksy jou dat ons boervolk nou geteiken word deur ‘n sukkelende en koerupte regering om al ons bates te vat. jy Moes nooit president geword het nie, jy het ons veraai. Ek hoop jy lees die!

Foeitog ·

Soos gewoonlik baklei die Afrikaner nou weer onder mekaar en blameer dan ander vir sy probleme!

Donderstorm ·

Hul wil als hê.As hul inelkgeval al die grond vat wat hul wil doen hoe gaan die boere inelkgeval leef?die het al bo in afrika begin hul is nou al in suid afrika dink jul hul gee om oor grond regte? Word wakker maak jul oë oop en kyk om jul rond wat aangaan al die minderheids groepe in hierdie land moet en oorsee se lande help net die regering wat in n land regeer nie die mense in die land nie .

JohanL ·

Grondeienaarskap en kommissies kom al vanaf begin 1900’s (bv Lagden-kommissie). So hierdie is maar net nog een. Natuurlik is hierdie een suiwer polities gedryf en baie ware kenners se insette ontbreek.

Ek sal graag wil sien wat die “kenners” bevind het wat moet met die grond onder beheer van die Ingonyama Trust gebeur. Gaan mense op daardie grond private eienaarskap kan verkry?

Ek wonder ook regtig hoeveel swartmense wil regtig “hul regmatige grond” terugkry en hoeveel is net agter die geld aan (as potensiele alternatiewe kompensasie). Meeste van daardie grond is weg van die stede en ek is nie oortuig dat al daardie mense wat “verontreg” is, wil teruggaan en boer nie. Van die mense wat oorspronklik in die 1930’s op daardie grond was, is nou al oorlede en ek wonder hoeveel van hul kinders(nasate) stel agv verstedeliking nie belang in die grond nie.

m.d.r. ·

Die verslag gaan maar net weer ‘n herhaling van die Sosialistiese liegstorie oor die waarhede van ons geskiedenis wees., net om hulle doelwitte te regverdig.
Reinig eers die land van al die “vlugtelinge” en onwettige immigrante wat so lekker op ons teer en kyk dan wat benodig word.
Mens wonder darem hoeveel van hierdie “passsiers” ry ook op die rug van die BEE en Regstellende wetgewing……?

@m.d.r ·

Ek wonder hoeveel van hierdie onwettiges het met onwettige ID boeke gestem in die verkiesing.

Weet baie van hulle kry SASSA toelaes.

Sarel ·

Ek was nog altyd van meening dat ons in hierdie tye gedwing sal word om hande te vat. Duidelik gaan dit nog nie sleg genoeg nie en vind ons dit nog vermaaklik om mekaar te diskrediteer. Huidiglik verloor baie boere hul plase weens bankrotskap en wil julle nou nog he die wat oor bly en moontlik kan oorleef moet dieselfde pad loop? Dan besit die finansiers al die grond.

Henrico ·

Middag…ek hoop almal het die video van Eugene Terblanche weer gaan kyk wat op die sosiale media die rondte doen…….alles wat hy voorspel het,is besig om die werklikheid te word….vanaf die plundering van ons pensioenfondse tot moorde ens……..ons sal moet saam staan…dit help nie om klippe te gooi nie…mooi dag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.