TLU SA wil hawelose boere bystaan

Argieffoto (Foto: markus53, Pixabay)

TLU SA het die Plaashuiseregister bekendgestel om boere, wat in nood verkeer, by te staan met verblyf.

Dié inisiatief spruit uit ʼn idee van Bertus van der Westhuizen, voorsitter van TLU SA in die Vrystaat, om ʼn register van leë bewoonbare plaashuise saam te stel waar boere moontlik ʼn tussentydse heenkome kan vind.

Hy sê boere verloor onder meer weens droogte en ander natuurrampe hul plase. “Dit is ʼn gegewe dat niemand teen die kragte van die natuur kan baklei of vrywaring teen natuurrampe ontvang het nie. Rampe kan enige boer, groot of klein, tref en tot noodlottige toestande lei.”

Volgens hom is die landbou-organisasie opreg bekommerd oor die toekoms van hierdie boere. “Van hulle het ʼn heenkome, maar ander nie. Dit is nie binne die organisasie se vermoë om elkeen van hierdie boere finansieel by te staan nie, maar daarom vat ons graag hande met ons gemeenskap om oplossings te vind.”

Die Plaashuiseregister sal by TLU SA se hoofkantoor bygehou word om boere en weldoeners se persoonlike inligting te beskerm.

Wanneer TLU SA in verband met noodbehuising genader word, sal die organisasie dan as tussenganger optree om die betrokke partye met mekaar in verbinding te plaas. Daarna sal die partye self met mekaar onderhandel. TLU SA sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir die proses nie en sien dit as ʼn private aangeleentheid.

Enige belangstellendes kan die Elanza Joubert kontak by 012 804 8031 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gert ·

Puik inisiatief! Dankie Bertus van der Westhuizen en TLU SA wat julle vir Suid-Afrika se landbou gemeenskap beteken!

Gaitsigubib ·

Dis duidelik TLU begryp die situasie waarin boere hulle tans bevind, terwyl ander lanbou organisasies kyk waar hulle voordele vir hul eie lede kan onderhandel met die ANC, terwyl hulle ander boere onder die bus gooi. Dankie TLU dat julle met soveel begrip en barmhartigheid optree.

Stephan de S ·

Wonderlik TLU SA……my waardering vir jul werk styg 200 persent. Mag dit hoop vir baie beproefde boere bring en talle onvoorsiene voordele bring.

Zumie ·

Tyd het gekom om weer meer mense op die plaaswerf te kry om plaasaanvalle te verminder. Waar verskeie gesinne / groepe op die werf is maak dit ‘n aanval moeiliker. Dit kan ook geleenthede gee vir die wat nie het nie en so 2 probleme aanspreek.

Helga ·

Briljante initiatief, hoe meer hande en oë op n plaas hoe beter.

Boer in Beton ·

Kry genoeg mense op jou plaas en kyk dan of die regering nog jou grond net kan vat! Dit gaan nou om oorlewing . Dit lyk of sommige mense nou begin besef dit is tyd vir saamstaan! Moes lankal begin het!

Al ·

Uitstekende inisiatief! God seën julle. Ons besef nie altyd hoe weerloos boere is nie.

Hanna Hoekom ·

Wat n edele motief! Baie dankie vir die hulp aan ons boere, hulle trek swaar. Hou net asb daardie lys onder die Regeting se gulsige ogies uit. Anders word plase sumier beset.

Johann M van Heerden ·

Fantastiese idee. Ons moet eenvoudig mekaar begin help. Niemand anders gaan nie. Hou ons ingelig oor die vordering van die poging.

Anita ·

Hierdie is die beste idee die ek in jare van gehoor het, ook moet op plase waar leë huise is mense akkomodeer wie in die wit plakkers kampe sit, almal kan hande vat en saam werk, die ander idee is om op een plaas ;n kubutz te begin alles is moontlik , ons beskik oor mense met krag, verstand, kennis en saamstaan…..mag dit ‘n sukses word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.