TLU SA wil hoor oor Mngxitama se vervolging

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

TLU SA het ʼn dringende versoek gerig aan die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, adv. Shamila Batohi, om uitsluitsel te gee of die leier van Black First Land First (BLF), Andile Mngxitama, wel vervolg gaan word.

TLU SA het op 11 Desember 2018 ʼn klag van haatspraak teen Mngxitama by die polisie aanhangig gemaak. Hy het die vorige dag in Potchefstroom, Noordwes tydens ʼn openbare byeenkoms voor ʼn groot gehoor gedreig om vyf wit mense dood te maak vir elke een swart persoon wat doodgemaak word. Hy het voortgegaan om vroue en kinders te dreig: “We will kill their children, we will kill their women, we will kill anything we find on our way”.

“Ons het tot dusver nog geen terugvoer gekry oor waar die saak staan nie,” sê Louis Meintjies, president van TLU SA. “Ná verskeie oproepe en e-posse het ons op 26 Februarie per hand ʼn brief afgelewer by die NVG se kantore. Ontvangs daarvan is deur adv. E Matzke namens die adjunk-direkteur van Openbare Vervolging erken en sy het onderneem om ‘binne twee dae’ terugvoer te gee. Ons het nog steeds niks gehoor nie.”

Klagtes is ook deur verskeie groepe by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aanhangig gemaak om die BLF se registrasie as politieke party terug te trek. Die OVK se Gedragskode verbied politieke partye wat aan die verkiesing deelneem om, onder andere, taal te gebruik wat geweld uitlok en stemmers te intimideer.

Die OVK het egter gesê dat dié reël nog nie geld nie omdat dit nie ʼn binne ʼn verkiesingstyd val nie.

Mngxitama het dit vandeesweek tydens die BLF se registrasie vir die verkiesing by die OVK se kantore duidelik gemaak dat wit mense nie welkom is in sy party nie (kyk gerus hierdie video).

“Dié soort haatspraak wat gedurig uit sy mond kom, is uiters opswepend en is dikwels die vonk in die kruitvat wat lei tot gewelddadige aanvalle en selfs moord op plase,” sê Meintjies. “Die NVG faal liederlik in sy taak om ʼn haatspreker soos Andile Mngxitama te vervolg. Hy kom letterlik weg met moord.”

TLU SA doen ʼn beroep op die publiek om druk toe te pas op die NVG se Batohi om hom wel te vervolg.

TLU SA het ʼn petisie van stapel gestuur wat die publiek kan onderteken om druk toe te pas op die NVG om Mngxitama te vervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Piet Lourens ·

Moenie julle asem ophou nie. Niks gaan gebeur nie.
Laat Gerrie Nel die saak hanteer.

Slim Jan ·

Oor 24 jaar….. net na die aansoeke teen ons namba one al val 2009 daar lê.
Julle het nie DRINGENT op julle aansoek geskryf nie.

Martie ·

Stel jou voor hoe vinnig gaan ñ blanke wat soortgelyke uitlatings maak gearresteer en gevonnes word. Hierdie vieslike haatdraende skepsel behoort geen vryheid te geniet nie.

CallieL ·

Sy voorvaders laat hom mos al die dinge kwytraak of praat deur hom. Hoe kan Christene hom nou aanspreek. Dan dink aan die intelektuele vlak waarop die is wat vir hom stem.

HPV ·

6% malema doen dieselfde en mag aan die verkiesing deelneem. Hierdie doelbewuste aanhitsing tot geweld teen ander groepe behoort deur ‘n regsgeleerde ter kennisname voor die wêreldhof gelê te word. Of gaan ons wag tot ‘n tweede Rwanda eers hier gebeur.

willem Botha ·

Hoe lank gaan ons nog hierdie diskriminasie aanvaar voordat ons die piesang republiek onregeerbaar maak.

Willehond ·

Hy sal niks oorkom nie. Ons moet maar self die man aanspreek dan sal hy mooi verstaan, glo my.

kolla ·

Stem saam dat hierdie menseregte vergrype na ‘n internasionale hof geneem word want daar blyk ‘n traagheid te wees om dit in SA te hanteer. En selfs as dit nie internasionaal hanteer kan word nie, is die bewusmaking die moeite werd. Dis die tipe ding wat ‘n persoon onmiddellik in die tronk sal laat beland in enige ander land.

barend ·

Ek kyk na die foto ,daar is iets onheilspelens omtrent die persoon ,daar is n duiwel in hom

KaterinaKat ·

Yep ek stem saam. Ek voel dit ook wanneer ek hom sien, op foto’s of video. Ek is nie godsdienstig nie maar ek kan nog steeds sien wanneer daar so iets teenwoordig is in iemand.

Hannah ·

Nou waarom sal hy vervolg word???
??
Hy is mos die regte kleur om te sê wat hy wil…doen wat hy wil…..dis verbale regstellende aksie…

Gert J ·

Hulle gaan weer se dis nie haatspraak nie soos MRK met Malema. Weet dit dat swart mense word nie vervolg nie. Hulle kry poste in Parlement.

bolla ·

Is dit dieselfde perd wat met die standbeelde storie gekom het, klink bekend (Rhodes se standbeeld by UCT, ens.)?

fred ·

die probleem met ons blankes is dat ons te beskaaf is en binne die wet praat en optree…hulle sien dit as n swakte en put voordeel daaruit…..die man is seker baie ongelukkig met homself…n produk van die korrupte Pottinger bemarkingsmaatskappy…hulle is nou indie UK toegemaak…

Johan ·

Help my asseblief om ons banana republiek se wetgewing te verstaan want die IEC (Independent Electoral Commission) wat gereguleer word deur die Electoral Commission Act of 1996 beskryf duidelik die volgende: Seksie 16 – Prohibition on registration of party under certain circumstances.
(1) The chief electoral officer may not register a party in terms of section 15 or 15A, if-
(c) a proposed name, abbreviated name, distinguishing mark or symbol mentioned in
the application or the constitution of the party or the deed of foundation mentioned
in section 15 or 15A contains anything-
(i) which portrays the propagation or incitement of violence or hatred or which
causes serious offence to any section of the population on the grounds of
race, gender, sex, ethnic origin, colour, sexual orientation, age, disability,
religion, conscience, belief, culture or language; or
(ii) which indicates that persons will not be admitted to membership of the party
or welcomed as supporters of the party on the grounds of their race, ethnic
origin or colour.
So die Moroon het alles gese wat volgens die wet verbied word. Gaan die IEC “balls” he om hulle te verbied of met groot bravade na die verkiesing aankondig dit was vry en regverdige verkiesing gewees. Kom ons ondersteun mense wat die saak aanvat om die gif in die tronk te sit om homself te bevry van sy haat teenoor ander mede suid Afrikaners veral blankes.

Tarzan ·

Lees punt 1. Die chief……..
Daar lê die ding in die drinkwater.

Nugter ·

As iemand gedink het dat Shamila Batoihi enigsins iets vir die sameweling gaan beteken, gaan dink oor. Sy is ook maar net ‘n “show” perd.
Moet ook nie vir Gerrie Nel weggooi nie, ook nie veel in die broek nie, net blaf, geen byt nie. Let maar op, niks gebeur nie.

Hasie ·

Johan, ek hou van jou navorsing, maar ek glo nie daai man van die BLF sal dit ooit verstaan nie.

Johan ·

Dankie Hasie maar dit is juis nie vir hom om dit te verstaan nie, ons weet daar is niks tussen die ore om die hogere terme te verstaan nie. Dit is juis die IEC wat die wet moet neerle en doen wat gedoen moet word. Maar ja ons weet dit het net betrekking as ek of jy nuwe party stig en ons het gese dit is vir blankes alleenlik dan was die hel los. Hoop maar die manne van TLU en Afriforum sal dit daarop beveg…..

Gert van Wierdapark ·

Goeie foto van die bfl se presedent. Dit lyk of hy n student in n klas is, maar die vraestel is “lastig” en die antwoorde nie so voor die Land liggend nie. Hy het dalk n Grondige rede om beswaar aan te teken op die vraag rakende die Witskrif oor erfgroottes!

humor ·

Gaan niks gebeur nie die Bfl en eff is maar net die handige arms van die anc wat dien om polarisasie en revolusie te stook, want sien dan bly die internasionale beeld van die anc steeds gepoets. Indien die anc hul wel aanspreek dan weet hul alte goed dit is maar net bluf.

Irene ·

Hoekom so aan gaan. hy kry lekker as jul so tekere gaan. Ignoreer hom sy dag sal kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.