TLU SA wil veiligheidsuitgawes teen belasting verhaal

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die landbouorganisasie TLU SA sê dit is vir hom duidelik dat die regering onbekwaam of onwillig is om die land se inwoners te beskerm. Hy gaan dus wetgewing ondersteun wat Suid-Afrikaners die kans gee om vir hul eie veiligheid te sorg.

“Die meerderheid Suid-Afrikaners leef in vrees en kwesbare groepe soos boere byt die spit die ergste af. Boere is in die spreekwoordelike voorste linie in die oorlog teen misdaad in Suid-Afrika,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

“Ons sien die regering se onvermoë om ons te beskerm in elke deel van die samelewing. Suid-Afrikaners is onveilig by die huis, by die werk, in die strate, met vakansie, in die stad, in dorpe, op die platteland en op plase.”

Die organisasie sê hy gaan binnekort ʼn voorstel indien wat beleid só sal verander dat alle veiligheid- en sekuriteitsuitgawes teen belasting verhaal kan word. TLU SA eis ook dat alle misdaadvoorkoming tot so ʼn mate verbeter word dat alle Suid-Afrikaners op enige plek in die land veilig is – en as die regering dié taak nie self kan uitvoer nie, moet dié taak van hom weggeneem word.

“Ons doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners wat keelvol is vir die regering se onvermoë om na ons veiligheid om te sien om hierdie projek te ondersteun,” sê Geldenhuys.

“Die landgenote wat nie ons verknorsing verstaan nie, moet wakker skrik. Dié oorsee wat blind is vir die feite as ʼn direkte gevolg van die regering se internasionale propaganda, moet kennis neem. Dit is nou tyd dat ons onsself beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

Buurman, waar val jy nou uit? Die skielike nuwe wetsontwerp wat nou deurgedruk gaan word laat jou nie eens meer die baas van jou gemakshuisie tussen die bloubloekoms agter die waenhuis wees nie, glo omdat die grond nie beter benut word nie en die ondergrond hoeka aan die staat behoort, dus beide onteiening en boete. Nee. Alle grappies op ‘n stokkie. Hier kom groot… moeilikheid!

RekmyBek

Klink net reg!

Groen Haas

Ek is in!!!!

Pieter

Die beste idee ooit, aangesien ons belasting betaal en dit vermors word. Gebruik dit vir iets met n doel.

Judik

Ek stem vir “ons doen self”