TLU SA wys sy Jong boer van die jaar aan

Danie Bester is TLU SA se Jongboer van die Jaar vir 2020.

Danie Bester van Balfour in Mpumalanga is aangewys as TLU SA se Jong boer van die jaar vir 2020.

“Ons was baie beïndruk met Danie se gebruik van tegnologie en veral die internasionale skakeling en navorsing oor sojaboontjies,” sê Henry Geldenhuys, president van TLU SA.

“Hy is voorwaar ʼn boer wat nie net aanpas by die hulpbronne tot sy beskikking nie, maar ook die hulpbronne uitbrei en verbeter. Dit is presies die soort vindingrykheid waarna ons soek onder ons jong boere. Hy het ʼn blink toekoms voor hom.”

Die 35-jarige Bester het ná skool op die Potchefstroomse Landboukollege studeer.

Volgens TLU SA se verklaring boer Bester al, soos die meeste kinders wat op ʼn plaas grootgeword het, al vandat hy ʼn klein seuntjie is. Hy het ná skool amptelik begin boer en is die afgelope 12 jaar op Rietbult by Balfour in Mpumalanga.

Hy verbou graangewasse soos mielies en soja, terwyl sy pa, wat saam met hom boer, die beesboerdery hanteer.

Met dié onderskeiding het Bester onder meer ʼn oorsese reis en ʼn kontantprys losgeslaan.

CT van der Merwe, ʼn 35-jarige boer van Dendron in Limpopo, is as die naaswenner aangewys. Hy is die afgelope 13 jaar betrokke die Al 3-boerdery en boer met aartappels, botterskorsies, uie, beeste en het onlangs ook draakvrug by die lys gevoeg.

Die 32-jarige Janis Terblanche van Marble Hall in Limpopo het die derde plek gehaal. Terblanche boer al tien jaar lank. Hy het die Janis Terblanche-boerdery ses jaar gelede gekoop en boer voltyds met druiwe.

“Ons wens elkeen van hierdie jong boere geluk met hulle vernuf. Ons is tevrede dat die toekoms van landbou in bekwame hande lê.

“Ons wil ook ons borge Manitou, Santam en CMH Kempster Ford Hatfield bedank vir die belangrike rol wat hulle in hierdie kompetisie speel. Julle skep hoop deur die belegging in ons jong boere.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eltan ·

Interesant dat Santam deel is van die..maar daar waar hul regrig moet pa staan vir hul termes en voorwaardes met polisse probeer hul weghardloop en agter klousules wegkruip om nie uit te betaal nie…ekt al my respek vir Santam verloor…

Terence ·

Great so In hoeveel hektaar het hy in ge trou of ge erf? Ons hier buite swat op oor koste per hektaar wins per hektaar en lewwenvatbaarheid en jy worry oor watse cruiser….dalk. as jy hard werk good anders se ek gee n laaity n kans hy gaan dalk jou plaas transformer.

Yvonne ·

Ons bid vir hierdie jong boere….vir al die boere…..seenwense en beskerming..uit die Heer se hand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.