TLU skep aanlyn mark vir boere

Argieffoto

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) het Donderdag ʼn aanlyn mark bekendgestel waar boere hulle produkte oor die internet kan verkoop. Dié platform stel boere en verbruikers ook in staat om met mekaar in verbinding te tree.

Boere sal op dié digitale koop- en verkoopplatform enige landbouproduk wat hulle wil verkoop, kan aanbied. Die boer kan foto’s van die beskikbare produkte op die aanlyn platform laai.

Die verbruiker besoek dan die mark en kies die produkte waarin hy of sy belangstel. Die verbruiker kan ook direk met die boer oor die produkte gesels om ’n transaksie te beklink.

Louis Meintjies, president van TLU SA, sê op dié manier kan kommersiële boere steeds ’n bestaan maak ten tyde van die landwye afsondering.

“Kommersiële boere is die sleutel tot voedselsekerheid, maar kry geen finansiële hulp van die regering af nie. Reddingsboei ná reddingsboei word gegooi na kleinskaalboere wat minder as 2% van die algehele landbou-inkomste verskaf en net 6% van plaaswerkers in diens neem,” meen Meintjies.

Meintjies sê hoewel grootskaalse boere finansieel makliker ’n ramp soos dié kan trotseer en anderkant heel uitkom, sal die trefslag wanneer só ’n boerdery wel vou, soveel groter wees.

Besoek die aanlyn mark hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oujongvrou ·

Die mense wat geld geskenk het moes seker gemaak het dat witvelle ook gehelp word. Daar word erg teen ons rassisties op getree. Nou ons sal maar moet begin om onsself ook eerste te stel. Ek sal dit ondersteun maar sit bietjie ver.

Jacobus ·

Wonderlikke idee. Ons drommels op die platteland, soos Oujongvrou gaan dus voortsukkel as jy nie naby ‘n mark is nie. Kla nie, dis maar soos dit werk, hoop ook die boer kan darem voordeel daaruit kry. Dis ‘n vyandige wêreld daarbuite selfs sonder die virus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.