TLU teken beswaar aan teen Zuma

tlu-saTLU SA het beswaar aangeteken teen pres. Jacob Zuma as kandidaat vir die verkiesing op 7 Mei, het die landbou-unie Dinsdag gesê.

Die landbou-unie het skriftelik by Pansy Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) beswaar aangeteken teen Zuma se posisie op die ANC se lys van kandidate.

“Hy is onlangs geïmpliseer in ʼn verslag deur die Openbare Beskermer rakende moontlike onreëlmatige uitgawes by sy huis in Nkandla, en hy het moontlik die parlement hieroor mislei,” het TLU SA geskryf. “Die volle ondersoek oor die sogenaamde wapenskandaal is nog nie afgehandel nie en sy naam is ook in ʼn paar van hierdie verslae genoem.”

Die unie sê hy is van mening dat ʼn LP nie verdink moet word van enige betrokkenheid by korrupsie of wanbesteding van fondse nie en ook nie dat hy die parlement mislei het nie. “Gevolglik teken ons beswaar aan teen sy nominasie as kandidaat.”

Die sperdatum om beswaar aan te teken teen kandidate wat deur politieke partye vir die nasionale vergadering of provinsiale wetgewer genomineer is, was Dinsdag om 17:00. Kragtens die Verkiesingswet kan enigiemand, insluitend die hoof verkiesingsbeampte, beswaar aanteken teen ʼn genomineerde.

Die OVK sal alle besware ondersoek en sy besluit op 7 April bekend maak. Dit was Dinsdagaand nog nie duidelik hoeveel besware die OVK ontvang het nie.

Die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika het ook beswaar aangeteken teen Zuma se nominasie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Ek ondersteun ook die TLU in hulle poging om die man se naam verwyder te kry.Hy hoort nie daar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.