TLU versoek president om SEB, minimum loon af te skaf

geld ekonomie suid-afrika

(Argieffoto)

Swart ekonomiese bevoordeling (SEB) moet gestaak en minimum lone ter syde gestel word om te verhoed dat die land verder in rommelstatus wegsak en met meer armoede te doen kry. Só het TLU SA in ʼn ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa versoek.

Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA, maak in hierdie brief verskillende voorstelle en versoek dat dit so spoedig moontlik geïmplementeer word.

“Die ANC-regering is nie ʼn regering vir alle landsburgers nie, maar slegs vir die kaders wat naby julle vuur staan. ʼn Beter lewe vir almal is hol woorde. Die massas sal nog agterkom hoe bitter moeilik almal in die land kop bo water gaan hou as julle die staatskas finaal vernietig het,” skryf Geldenhuys.

In die brief noem dié landbou-organisasie regstellende aksie en SEB en stel voor dat dit so gou moontlik gestaak word. Volgens die organisasie moet ook doelgerig en daadwerklik teen korrupsie en selfverryking op alle vlakke opgetree word.

Die organisasie vra verder dat die minimum loon ter syde gestel moet word tot tyd en wyl die ekonomie herstel het, gegewe Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer. “Laat die mark die arbeid reguleer. Werkloosheid is erger as ’n lae salaris. Kry ons werklose arbeidsmag in diens en dit sal ook grootliks bydra om misdaad te bekamp,” lui die brief.

TLU SA vra ook dat die regering:

  • Doelgerig en daadwerklik optree teen korrupsie en selfverryking op alle vlakke.
  • Die SAPD se huis volledig in orde kry sodat die publiek hulle weer kan vertrou.
  • Voorkomend en streng optree teen misdaad en veral plaasmoorde.
  • Die beginsel van private besitreg en die vrye mark aanvaar as die enigste meganisme wat welvaart kan skep en die beleid van onteiening sonder vergoeding laat vaar. Die regering moet dit openlik as beleid verklaar en enige vorm van sosialisme of kommunisme verwerp.

“Ramaphosa, dit is jul keuse om hierdie voorstelle te implementeer en sodoende vir almal in Suid-Afrika die geleentheid tot ’n goeie toekoms te skep of eerder voort te gaan op die vernietigende pad waarop julle nou is,” skryf Geldenhuys.

“TLU SA en ons lede sal voortgaan om aan hierdie land te bou na die beste van ons vermoë en in God-Drie-Enig se opdrag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Althes ·

In die mag van die tong lê lewe en dood. Daarom doen ek ñ doelbewuste keuse om positiwiteit in te spreek op TLU se versoek aan Cyril Ramaphosa.
God is met ons, en ek bid dat die ANC regering vatbaar is vir veranderinge.

domheks ·

cr stel net in cANCer belang verder is alle kaders se sakke wat propvol gestop is. Ekonomie moet maar vir homself sorg. Tyd dat ons belasting weerhou.

Johanncb ·

Die Staatskas is reeds geplunder! Ons wag net vir die finale nekslag om toegedien te word!

koos10 ·

TLU, die ANC gaan nie na julle versoeke luister nie, want dit is die hoof dryf bron vir mense om nog vir hulle te stem. Hulle glo met hart en siel, soos die EFF ook, dat sosialime volhoubaar en goed is. Jammer dat hulle nie bietjie navorsing doen in lande soos Rusland (die ou USSR) en sien dat die hele stelsel nie kan werk nie. Tot China begin hulle solialisme afskud. In al hierdie lande is dit dit politikuste wat ryker word en die werkers armer. Dit is soos ‘n groot piramide skema, met 100de beloftes, wat na ‘n ruk inplof en alles saam met hulle insluk.

Hennie J ·

‘n Werklik roerende en doelgerigte pleidooi. Ongelukkig kan dit net sowel aan die kremlin gerig word, want hierdie regering voel vir ons vere!

Samuel ·

Ja, TLU, julle is baie manmoedig, maar dink julle werklik die ANC gaan hulle aan julle steur? Hulle moet eers hul sakke volprop.

Pieter ·

Julle mors julle tyd hoe wil julle met n klomp kommuniste en terroriste onderhandel. Dit is tyd om wakker te skrik.

Great ·

Die cANCer gaan beslis nie gehoor gee nie. Nie nou nie, ook nie gou nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.