TLU wil een tree vir elke plaasaanval gee

(Foto: Anja van der Merwe/Maroela Media)

TLU SA gaan volgende maand ’n virtuele staptog aanpak om opnuut bewusmaking oor plaasaanvalle en -moorde te skep.

Met die staptog hoop dié organisasie om genoeg aandag op plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmidaad te fokus sodat die regering gedwing word om sy erns oor die situasie uit te spreek.

Die plan is om op 16 en 17 Junie binne 24 uur virtueel 6 065 treë te stap. Elke tree verteenwoordig een van die plaasaanvalle wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaar geruk het.

Volgens statistiek van TLU SA is daar sedert 1990 altesaam 2 182 plaasmoorde aangemeld en meer as 6 000 plaasaanvalle.

Deelnemers wat aan die staptog wil deelneem, kan op dié dae virtueel 6 065 treë (6 km) hardloop en stap. Foto’s en video’s hiervan kan geneem en op sosialemedia gedeel word.

Indien dit vir deelnemers nie moontlik is om te stap of hardloop nie, kan hulle ook net hul stapskoene aantrek, ’n foto neem en dit deel.

Henry Geldenhuys, president van TLU SA, sê hoewel geen veldtog of protesoptog op sy eie misdaad kan stop nie, is dit belangrik om bewusmaking oor die probleem te skep, hier en internasionaal.

“Dit is in die hande van die gemeenskap om misdaad te bekamp, aangesien daar op regeringsvlak die politieke wil ontbreek om die situasie te beheer,” meen Geldenhuys.

“Aanvalle op boere, hul gesinne en werkers het ’n groot impak op die landboubedryf as geheel en só ook die land se voedselproduksie.”

Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder, moedig alle Suid-Afrikaners wat keelvol vir misdaad is, om aan hierdie protesoptog deel te neem.

Diegene wat die staptog wil ondersteun kan hier registreer. Deelnemers sal ’n e-pos ontvang met nog inligting rakende die staptog.

Deelnemers kan solank op sosialemediaplatforms deel dat hulle die projek ondersteun met die volgende hutsmerke: #plaaslewens #plaasstap #tlusa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoekom identifiseer hulle nie wie verantwoordelik is vir die plaas aanvalle en moorde op boere nie soos Ronald lamola sê hulle ouers leer hulle om dit te doen.

Jannie van Niekerk ·

Hulle sal dit NOOIT doen nie want dan gaan die ANC, SAKP. COSATO, EFF, BLF, BLM en GOOD almal in die hek duik. Tot osn land se Prsidnet is dan plaasmoorde goedgesind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.