TMPD-voertuig glo nie aangeval

Samwu-betoging (Foto: polityza/Twitter)

Die Tshwane-metropolisie het Donderdag berigte op sosiale media verwerp dat TMPD-beamptes aangeval en hul voertuig omgekeer is tydens die voortslepende staking deur lede van die munisipale werkersunie Samwu.

ʼn Foto van ʼn TMPD-voertuig, wat omgekeer is, word op Twitter versprei. Die foto is reeds in 2016 deur die African News Agency in Pretoria geneem tydens ʼn onverwante betoging.

“Ons wil dit graag benadruk dat dit ʼn ou foto is van ʼn voorval wat in 2016 plaasgevind het. Dit het niks te doen met die huidige status van betogings in die stad, soos beweer word nie,” het senior superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die TMPD, gesê. “Ons maan lede van die publiek om nie vals inligting te versprei wat misleidend is vir die gemeenskap en wetstoepassers nie.”

Munisipale werkers het vandeesweek asblikke in die Pretoriase middestad omgekeer, stokke rondgeswaai, en munisipale busse en vragmotors gebruik om sekere paaie te versper. Hulle dring aan op ʼn verhoging van 18%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christa

Enigiets is moontlik van die klomp verwoestaards

Tweet

Die voertuig is nie omgekeer nie, maar die land en die ekonomie is omgekeer en word onherstelbaar verwoes!

sweis

En die kastige polisie kry soos altyd niks reg nie die betogers is baas en die polisie is nanas

Christa

Hulle voel seker so trots om hul Fotos op tv te sien. Hulle is nie gepla of dit oor iets goed of sleg is nie, hulle ken nie die verskil nie.

Stiks

Hoe kan die betogers soos uitgebeeld op die foto n salaris verdien. ? Toe jy aansoek gedoen het vir hierdie werk het jy geweet wat is die salaris en die voordele. Nou is jy nie gelukkig daarmee nie. Soek dan vir jou n werk waar jy meer kan verdien. Met hierdie optrede sal geen regdenkende jou aanstel nie. Ek definitief nie.