Toegang tot Vuwani versper terwyl betogings woed

Argieffoto

Argieffoto

Paaie in Vuwani, Limpopo, was Dinsdagoggend steeds afgesper nadat besighede oornag geplunder is terwyl inwoners steeds betoog teen die beplande insluiting in die nuut afgebakende Malamulele-munisipaliteit.

Elijah Malatji, polisiewoordvoerder, het gesê alle skole en besighede in die gebied is gesluit nadat betogings gewelddadig geraak het.

“Gisteraand [Maandag] is verskeie besighede geplunder en sommige afgebrand. Dit sluit twee hardewarewinkels in wat afgebrand is, twee kroeë wat deur betogers bestorm is en waar drank geplunder is, asook ʼn slaghuis,” het Malatji gesê. “’n 29-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy van die gesteelde drank weggedra het.”

Hy het ook gesê dat daar geen openbare vervoer in of uit die gebied is nie aangesien die paaie heeltemal met bande en klippe afgesper is.

Die polisie het Maandag rubberkoeëls afgevuur om die skare uiteen te jaag wat geëis het dat pres. Jacob Zuma ingryp en toegee aan hul eis dat hulle nie in die Malamulele-munisipaliteit ingesluit word nie. Die munisipale afbakeningsraad (MCB) het in Julie aangekondig dat Malamulele sy eie munisipaliteit, bekend as die Malamulele-Vuwani-munisipaliteit, sal kry. Die raad het besluit om Vuwani by hierdie munisipaliteit in te sluit.

Dit volg nadat Malamulele-inwoners al jare lank betoog en eis dat hulle van die Thulamela-munisipaliteit geskei word. Hulle wil egter nie deel van Malamulele se munisipaliteit wees nie, aangesien dit volgens hulle diensverskaffing in die gebied sal vertraag. Die inwoners eis dat Vuwani onder die Makhado-munisipaliteit val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dave ·

Is daar ‘n Afrikaanse weergawe van die uitdrukking ‘cut your nose to spite your face’? Die ANC het die land onregeerbaar gemaak. Dit was deel van hul uitgesproke beplanning. Nou is hulle daarmee opgeskeep.

Dit bly onverstaanbaar hoe mense wat vir geen dienste betaal kan vandalistiese optogte hou as betogings teen gebrek aan munisipale dienste. Hoe enigeen eise kan instel vir dienste waarvoor nie betaal word is vir hulle om uit te sorteer.

Winston ·

Wat ek nie kan verstaan nie? Hulle stem vir n regering. Die verkose regering maak veranderinge en dan begin hulle ontevrede raak en steek alles brand. Eish!! Hoe onnosel moet kiesers wees ?
Wat n dom vraag!

Dave ·

Hulle sal weer en weer vir dieselfde regering stem. Dit is ‘n heel filosofiese gesegde wat lui dat ‘n land sy regering verdien.

Peet Schabort ·

Ook Dave: Stem vir die een wat die minste beloftes maak want hy is die een wat jou die minste gaan teleurstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.