Toekenning vir departement van toerisme

vlag suid-afrika

Argieffoto

Die departement van toerisme het die 2016 nasionale Batho Pele-toekenning vir uitnemendheid ontvang vir die mees doeltreffende nasionale departement vir die jaar.

Die departemente van staatsdiens en administrasie se Batho Pele-toekennings erken en bevorder staatsamptenare se prestasie en ʼn professionele en produktiewe staatsdiens.

“Ek is baie trots op die departement en dié goue toekenning bevestig dat ons visie en planne om die toerismebedryf uit te bou, op die regte spoor is,” het minister Derek Hanekom Sondag in ʼn verklaring gesê.

Toerisme is een van 38 staatsdepartemente wat binne die kategorie “mees doeltreffende nasionale departement” geassesseer is, gebaseer op die bestuursprestasie-assesseringsinstrument en die ouditeur-generaal se verslag. Die assessering neem strategiese beplanning, finansies, bedryfsbeplanning, bestuur en implementasie, en die impak van die werk wat deur die departement gedoen word in ag.

“Uitnemende dienslewering is die hoeksteen van die werk wat ons in toerisme doen,” het Hanekom bygevoeg. “Dit is ingewortel in ons strategieë en werkskultuur en inspireer ons om steeds hard te werk om die landsburgers te dien en ons land te posisioneer as een van die toptoeristebestemmings in die wêreld.”

In 2015/16 het die departement meer as 85% van sy prestasieteikens gehaal en ʼn ongekwalifiseerde skoon oudit deur die OG ontvang.

Victor Tharage, direkteur-generaal van toerisme, het die toekenning ontvang as beste direkteur-generaal vir die jaar. Dié toekenning erken uitsonderlike leierskapsvaardighede en kennis met ʼn bewese geskiedenis om transformasie en veranderingsbestuur in die departement toe te pas.

“Ek is uiters trots op my DG Victor Tharage en dié goue toekenning is welverdiend. Hy is hardwerkend en nederig en sy beamptes is vol vertroue in sy leierskap.”

Die toekennings is in 2013 bekend gestel om ʼn professionele en produktiewe staatsdiens te verseker en om staatsamptenare se prestasie te verbeter. Die toekennings bevorder beste praktyke, meet landsburgers se tevredenheid met regeringsprestasie en beloon goeie prestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wilma ·

Hanekom moet ook ma se wat van hom verwag word. Seke ook ma n Puppet on the string

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.