Toekenning vir jong lewensredder ná heldedaad

Cameron White en Shakila Singh. Foto: Facebook

Cameron White en Shakila Singh. Foto: Facebook

Cameron White, die 17-jarige seun wat verlede week ʼn motoris uit diep vloedwater in La Lucia, noord van Durban gered het, het ʼn toekenning vir sy dapper optrede ontvang.

Maroela Media het vroeër berig Shakila Singh se motor was in vloedwater vasgekeer nadat swaar reënval verlede week chaos op KwaZulu-Natal se paaie veroorsaak het. Singh het aan Maroela Media vertel hoe haar motor in ʼn kitsvloed vasgevang en in die water rondgedobber het.

White, ʼn gekwalifiseerde lewensredder, het gesien wat gebeur en het in die vloedwater ingeduik om Singh te red. Hy het haar motor se deur oopgetrek, Singh uit die motor gehelp en met haar na die kant geswem. Hy kon ook Singh se persoonlike besittings uit die motor kry voordat die voertuig onder die water verdwyn het.

Lewensredding Suid-Afrika het die afgelope naweek ʼn toekenning aan White oorhandig vir sy heldedaad. “Cameron word gelukgewens met sy vinnige reddingspoging waardeur hy ʼn moontlik verdrinking verhoed het. Sy optrede strook met die hoë ideale van diens en redding waarna Lewensredding Suid-Afrika streef. Ons salueer jou!” het die organisasie op Facebook gesê.

White het vroeër aan Maroela Media gesê dat hy op daardie oomblik bloot op instink gereageer het en nie eers daaroor gedink het toe hy tot Singh se redding gekom het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Bestaan die Woltaadt Woltemade toekenning nie meer die? Ek glo die jongman verdien dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.