ʼn Veiligheidswag van Fidelity Cash Solutions is vandeesweek geloof vir sy dapperheid nadat hy man alleen vyf gewapende rowers tydens ʼn transitorooftog in hul spore laat omdraai het.
Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die maatskappy, sê ʼn wag was Dinsdag om 10:00 besig om geld by ‘n drankwinkel by Zambezi Junction in Pretoria op te laai toe vyf gewapende rowers hom oorrompel het.
“Hy was op pad terug na die geldwa toe die mans op hom afgestorm en sy vuurwapen probeer afneem het. ʼn Struweling het tussen die mans en die wag ontstaan en die wag is in die maag geskiet,” sê Bartmann.
Die bestuurder van die geldwa het gesien die wag word geskiet en het blitsig gereageer om sy kollega te help.
“Die bestuurder het ongelooflike dapperheid getoon. Hy het die gewonde wag gehelp en het in die proses boonop al die geldsakke teruggekry. Hy het die verdagtes agterna gesit en hulle het in verskeie rigtings laat spaander. Hy het een van die verdagtes in die proses ook platgetrek.”
Met die hulp van die polisie is al vyf verdagtes eindelik aangekeer.
Die gewonde wag is ná die voorval na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en is in ʼn bestendige toestand.
Die veiligheidsmaatskappy gaan ʼn toekenning aan die geldwabestuurder gee vir sy dapperheid en vreesloosheid. Bartmann het ook die gewonde wag ʼn spoedige herstel toegewens.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Sovêr ek weet is daar nie ‘n ultraliquors by Zambezi junction nie, daar is wel ‘n liquor city.
Dink hy verdien darem ‘n stewige bonus!
Inderdaad uiteraard ‘n Bells
Welgedaan, 5 nikswerd kriminele loop hulle toe vas teen een dapper man.
Whal, beloon die man, kry ook sommer vir Chucky, die tik tok fan.