Toekoms van e-tol vandag aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

Gauteng-motoriste sal Woensdag uitvind hoe e-tol hul sakke gaan raak wanneer adj-pres. Cyril Ramaphosa ʼn nuwe bedeling vir dié omstrede stelsel gaan aankondig.

Dipuo Peters, minister van vervoer, Nhlanhla Nene, minister van finansies, David Makhura, premier van Gauteng, Ishmael Vadi en Barbara Creecy, die Gautengse LUR’e vir vervoer en finansies, sal ook by die aankondiging wees wat om 14:00 gedoen word.

Die nuwe e-tolbedeling is die uiteinde van uitgebreide openbare verhore, besprekings binne die regering en goedkeuring deur die kabinet, het die departement gesê.

Intussen het die Vryheidsfront Plus (VF+) gesê die syfers oor die stelsel skets ʼn duidelike prentjie van ʼn stelsel wat besig is om in duie te stort.

Volgens Anton Alberts, die VF+ se parlementêre woordvoerder, blyk dit dat die stelsel se totale bedryfskoste meer as R66 miljoen per maand beloop terwyl die inkomste wat deur e-tol gegenereer moet word nie realiseer nie. In April vanjaar is slegs 20 104 skyfies geregistreer teenoor 71 751 skyfies in April verlede jaar en 356 766 in Desember 2013.

“Dit is duidelik dat die verwagtinge wat met e-tol geskep is, buitensporig hoog was. Maar hoe groot die stelsel se finansiële krisis werklik is, sal eers gesien kan word wanneer die vrae volledig [deur die departement van vervoer] beantwoord word,” het Alberts gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Griet ·

Aankondiging se voet!!! Enigste “aankondiging” wat ons wil hoor is dat dit geskrap word!!!
Het nog nooit betaal vir die skelmspul nie, dit gaan nie verander nie. Sodra Nkandla se gesteelde geld terug betaal is, sal ek dit DALK oorweeg…….

Pietie ·

Hulle gaan tanne wys hoor my lied. Die skielike verskerpte polisisie optredes sedert die naweek is om motoriste te intimideer en nie om dowe neute nie.

Adel Meyer ·

Ek wil my nie eers uitlaat oor die katastrofe genaamd e-tol nie. Ek wil SANRAL net bedank , dit is reg, bedank. Dit is so lekker om so baie oranje , blanje , blou te sien wanneer ons op hierdie paaie ry!!

pop ·

Dit was n aborsie van die begin af. Al staan hulle op hulle koppe en fluit sarie marais deur hulle jisse< is daar nie n manier hoe hulle miljoene mense gaan dwing om te betaal nie. Hof toe kan hulle nie. Skrap die hele gedoente en kry klaar!!!!regtig. Wees nou goeie verloorders en erken dit maar.

Piet Pompies ·

Maak nie saak wat die uitkoms gaan wees nie, dit gaan beteken dat ek en jy wat belasting betaal die geld gaan gee om die fout reg te stel, so die e-tol stelsel is ‘n staats instelling.

Clyvia ·

Ek stem saam Piet, die geld gaan van iewers af moet kom. Of hulle nou die petrol prys net weer gaan op sit of soos jy sê van ons belasting geld gaan vat, vat gaan hulle vat.

Griet ·

Clyvia, jy bedoel seker “STEEL”, want “STEEL” gaan hulle “STEEL”!!

Thomas ·

spas aangekondig– afslag op tolfooie maar: sal nieblisensie kan herni asbjy agterstallig is nie! In ons glory in.. As jy nie lisensie het nie jet jy ook nie versekering nie– so, weer tot voordeel ban alndie ongelisensieerdes wat ook nie bersekering het nie.. Verby!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.