Toekomsberaad: Hoe kan jy betrokke raak?

Toekomsberaad-Kallie-Kriel-en-ds-Henk-Stavast

Ds. Henk Stavast oorhandig ‘n tjek van R1, 224 miljoen wat ingesamel is tydens die Hou God in Skole fietstoer aan Kallie Kriel van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

Bykans honderd jaar gelede was Afrikaners in sak en as. Die oorlog was verlore en Engeland het oor Suid-Afrika regeer, Afrikaners is as tweedeklasburgers behandel, armoede het ’n groeiende werklikheid geword en mense was oor die algemeen moedeloos.

Dit was egter die Helpmekaarbeweging wat  mense in hierdie moeilike omstandighede weer hoop gegee het. Afrikaners het besef dat hulle nie hul lot aan ’n vyandige owerheid kan oordra nie. Almal het betrokke geraak en hand aan die ploeg geslaan. Dit is deur hierdie durf en daadkrag wat Afrikaners uit die stof van verslaentheid opgestaan het.

Vandag is Afrikaners weer moedeloos. Die omstandighede waarin hulle hul vandag bevind, is in baie opsigte soortgelyk aan die omstandighede van honderd jaar gelede, maar is ook in baie opsigte uniek. Een feit wat egter duidelik is, is dat Afrikaners se toekoms slegs in hul eie hande is. Afrikaners moet uit die verlede leer en daarop bou vir die toekoms.

Die Solidariteit Beweging en al sy instellings werk hard om op hul onderskeie terreine ’n toekoms te verseker. Dit is egter tevergeefs as Afrikaners nie ook  in hul menigtes betrokke raak nie. Hierdie artikel bied ’n totaal van 150 “doen-dinge” wat uitgevoer kan word deur Afrikaners wat bereid is om hulle toekoms in hul eie hande te neem.

Deel 1: Instellings in die Solidariteit Beweging – 47 dinge wat jy kan doen

Die vakbond Solidariteit

  1. Sluit aan by die vakbond Solidariteit. Beskerm jou werk en jou inkomste – jou vermoë om na jou gesin om te sien. SMS die woord LID na 34802. Moedig ook jou vriende en familie aan om by Solidariteit aan te sluit
  2. Besoek die Solidariteit Wêreld by solidariteit.co.za en werk daaraan om ʼn goeie werk ʼn werklikheid te maak. Kry alles daar wat jy as werkende Suid-Afrikaner nodig het om vry, veilig en voorspoedig te wees.
  3. Veg saam teen die onbillike toepassing van regstellende aksie. Dra by tot die Solidariteit Regsfonds en help ons om meer as 34 sake oor regstellende aksie tot in die hoogste hof te pak. SMS die woord REG na 34802.
  4. Bou saam aan ʼn universiteit waar ons jongmense nog in hul moedertaal kan studeer en waar Christelike waardes en kwaliteitonderrig belangrik is. Dra by tot die Solidariteit Boufonds. SMS die woord BOU 34802
  5. Kuier met Solidariteit op sosiale media soos Facebook, Twitter en YouTube en teken in op die vakbond se weeklikse elektroniese nuusbrief, Soldeer.

 AfriForum

  1. Maak AfriForum nog sterker deur by die organisasie aan te sluit. Doen dit deur jou naam na 32077 te SMS. Moedig ook jou vriende en familie aan om by AfriForum aan te sluit.
  2. Raak betrokke by ’n projek van jou plaaslike AfriForum-tak om so jou plaaslike gemeenskap te verbeter. Besoek www.afriforum.co.za vir meer besonderhede.
  3. Skakel in by AfriForum se gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe en buurtwag in jou omgewing. Indien daar nie een bestaan nie, help om een te stig. Besoek www.afriforum.co.za vir meer besonderhede.
  4. Sluit aan en raak betrokke by AfriForum Jeug. Besoek www.afriforumjeug.co.za.
  5. Gesels saam op sosiale media op AfriForum se Facebook- en Twitter-bladsye en teken in op AfriForum se gratis weeklikse elektroniese nuusbrief Vonkpos om op hoogte te bly van AfriForum se tientalle veldtogte wat jy aktief kan ondersteun.

 Solidariteit Helpende Hand

  1. Ondersteun Solidariteit Helpende Hand deur aan te sluit as ondersteuner. Doen dit deur Hand na 34388 te SMS. Moedig ook jou vriende en familie aan om by Solidariteit Helpende Hand aan te sluit.
  2. Stig ’n studiefonds waarmee behoeftige Afrikanerstudente se studies befonds kan word.
  3. Besoek www.helpendehand.co.za/sos-oorsig/ en raak betrokke by die projekte om Afrikanerskole in jou gemeenskap te ondersteun.
  4. Raak betrokke by een van jou plaaslike Solidariteit Helpende Hand-takke se projekte om ’n verskil in jou plaaslike gemeenskap te maak. Besoek www.helpendehand.co.za vir meer besonderhede.
  5. Skakel in op Helpende Hand se Facebook- en Twitter-bladsye en teken in op Helpende Hand se gratis maandelikse elektroniese nuusbrief om op hoogte te bly van Helpende Hand se projekte wat jy aktief kan ondersteun.
  6. Ondersteun die Helpende Hand-skenkingskantoor in jou omgewing. Besoek www.helpendehand.co.za vir meer besonderhede.

Maroela Media

  1. Lees Maroela Media se nuus by maroelamedia.co.za en volg ons op Facebook, Twitter en YouTube.
  2. Deel Maroela Media se artikels en inligting op sosiale media met jou vriende.
  3. Laai Maroela Media se gratis nuus-app vir slimfone af.
  4. Stuur nuuswenke uit jou omgewing (gebruik die “Nuuswenke”-skakel op die tuisblad van die webwerf, of die “Nuuswenke”-funksie op die slimfoon-app) aan Maroela Media.
  5. Teken in op Maroela Media se nuusbrief met daaglikse nuus, en ons weeklikse lekkerlees-nuusbrief. Gebruik die “Nuusbriewe”-skakel op die webwerf se tuisblad.
  6. Neem deel aan sinvolle debatte en gesprekvoering op Maroela Media se webwerf en op Maroela Media se sosialemediaprofiele om so jou stem te laat hoor oor aktuele kwessies wat die Afrikaanse gemeenskap raak.

 FAK

  1. Sluit aan by die FAK. Sodoende ondersteun jy kultuur- en geskiedenisprojekte, terwyl jy deurlopend die FAK se publikasies gratis in die pos ontvang. Motiveer ook jou vriende en familie om by die FAK aan te sluit en die voordele van FAK-vriendskap te geniet.
  2. Hou die media asook die FAK se Facebook-blad dop en bly op hoogte van die FAK se projekte en publikasies.
  3. Lees en leer so veel as moontlik oor die Afrikanergeskiedenis. Onthou en herdenk die belangrike gebeurtenisse van ons geskiedenis. Die FAK se Afrikaner-internetmuseum is die ideale plek om jou kennis omtrent Afrikanergeskiedenis te verbreed. Besoek gerus www.afrikanergeskiedenis.co.za.
  4. Indien jy kinders op skool het, bly op hoogte van wat hulle in Geskiedenis geleer word en maak kapsie teen die kriminalisering van die Afrikaner se geskiedenis. Motiveer ook kinders om deel te neem aan die FAK se Afrikaanse Ekspo.
  5. Besoek die Afrikaanse Liedjietuin by die FAK se kantoor op Monumentkoppie. Die liedjietuin bestaan uit ’n versameling van sowat 130 roosboompies wat almal vernoem is na Afrikaanse liedjies en kunstenaars. Die woorde van die mooiste Afrikaanse liedjies is in granietplate in die tuin verewig.

 AfriSake

  1. Sluit aan by AfriSake. Besoek afrisake.co.za.
  2. Teken in op AfriSake se nuusbrief.
  3. Woon AfriSake se sakeontbyte by.
  4. Raak betrokke by AfriSake se beurskonsert.
  5. Woon AfriSake se konferensies by.

 Kraal Uitgewers

  1. Word ʼn lid van Kraal-klub (gratis) en bly op hoogte van al Kraal se publikasies.
  2. Koop ʼn Afrikaanse boek by Kraal Uitgewers as ’n geskenk of vir jouself!
  3. Lees Afrikaans.
  4. Kom meer te wete oor die geskiedenis van Afrikaans in prof. Jaap Steyn se boek ‘Ons gaan ʼn taal maak’.  Die eerste oplaag is byna uitverkoop!
  5. Besoek Kraal Uitgewers se webwerf vir nuus oor boeke en lekkerlees-brokkies oor woorde en geskiedkundige gebeure – besoek kraaluitgewers.co.za.

 Akademia

  1. Bevorder die idee om te studeer – die regte vaardighede en kwalifikasies is onontbeerlik vir die toekoms.
  2. Bevorder die idee om in Afrikaans te studeer en tref die onderskeid tussen onderrigtaal en taal in die werkplek.
  3. Bevorder die idee om te studeer terwyl jy werk – so doen jy waardevolle ervaring op en verwerf jy ’n kwalifikasie sonder om baie studieskuld op die hals te haal.
  4. Registreer vanaf 1 Mei 2015 aanlyn op akademia.ac.za vir studies in 2016 en verwerf jou BCom-graad of ’n hoër sertifikaat nauurs en in Afrikaans!
  5. Hou die Akademia-webblad, akademia.ac.za, in Oktober dop vir die aankondiging oor ons nuwe grade en kwalifikasies.
  6. Volg ons op sosiale media soos Facebook.

 Sol-Tech

  1. Vertel vriende en familie van Sol-Tech se unieke Afrikaanse ambagsopleiding; verwys hulle na die webblad sol-tech.co.za; skakel Sol-Tech by 0861 25 24 23; of stuur ’n e-pos na [email protected].
  2. Praktiese werkplekervaring vorm ’n integrale deel van Sol-Tech se ambagsopleiding.  Kontak Ajani, Sol-Tech se plasingsmaatskappy, by ajani.co.za, of stuur ’n e-pos na [email protected] vir moontlike werkgeleenthede by werkgewers vir vakleerlinge, of indien werkgewers betrokke wil raak by die plasing van Sol-Tech-studente.
  3. Vergewis jouself van die voordele rondom moedertaalonderrig en ondersteun Afrikaanse opleiding op alle vlakke.
  4. Maak seker dat ons kinders beroepsverwante vakke op skool neem, wat Wiskunde en Wetenskap insluit, sodat teoretiese onderrig nie later herhaal moet word nie.

 Deel 2:  Sektore waar jy betrokke kan raak – 103 dinge wat jy kan doen.

Algemeen

  1. Sluit aan by die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging.
  2. Maak bydraes tot een of meer van die fondse van die Solidariteit Beweging.
  3. Vertel mense van die Solidariteit Beweging.
  4. Steun die veldtogte van enige van die Solidariteit Beweging se instellings.
  5. Skakel in by die verskeie sosialemediaplatforms van die instellings wat deel van die Solidariteit Beweging uitmaak.
  6. Help om die Beweging se idee uit te bou deur deel te neem aan gesprekke op sosiale media of om briewe vir koerante te skryf.
  7. Vertel vir jou kind of kleinkind van geskiedenis.
  8. Koop ʼn Afrikaanse boek, kyk ʼn Afrikaanse fliek, woon kunstefeeste by en ondersteun Afrikaanse kunstenaars.
  9. Help bou aan die instelling/s waarin jy ʼn spesifieke belangstelling het.
  10. Werf mense wat skenkings of testamentêre bemakings wil maak.

 Goeie werk

  1. Word ʼn verteenwoordiger van Solidariteit.
  2. Dra by tot Solidariteit se Boufonds sodat opleidingsinstellings verder uitgebou kan word.
  3. Raak in jou beroep by die werksaamhede van Solidariteit betrokke.
  4. Stel jou testament deur Solidariteit op.

 Gemeenskapsveiligheid

  1. Skakel by ’n gemeenskapsveiligheidsnetwerk in jou area in.
  2. Bied aan om saam met die plaaslike buurtwag patrollies in jou omgewing te ry.
  3. As jy reeds deel van ’n gemeenskapsveiligheidsnetwerk (GVN) is, maak kontak met AfriForum en maak seker dat jou GVN goed opgelei is in die doeltreffende bestuur van ’n GVN, die wetlike raamwerk, samewerking met die polisie, die hantering van misdaadtonele, ensovoorts.
  4. Neem jou hele gesin vir ’n kursus in selfverdediging. Moedig jou vriende en familie aan om dit ook te doen.
  5. Maak seker dat jy alle misdade by jou plaaslike polisiestasie rapporteer.
  6. Ondersteun privaat sekuriteitmaatskappye.
  7. Handhaaf goeie verhoudings met die plaaslike polisie.
  8. Ondersteun AfriForum se veldtog vir die prioritisering van plaasmoorde.
  9. Ondersteun AfriForum se veldtog vir internasionale bewusmaking van plaasmoorde.

 Veldtog teen rassewetgewing

  1. Ondersteun Solidariteit se veldtog teen rassewetgewing.
  2. Dra by tot Solidariteit se Regsfonds om die onbillike toepassing van regstellende aksie te beveg.
  3. Skryf vir die plaaslike media oor jou persoonlike ervaring met rassewetgewing.
  4. Skryf vir die internasionale media oor waarom rassewetgewing die land benadeel.
  5. Neem deel aan debatte oor regstellende aksie en transformasie wat in die media, sowel as in die sosiale media, plaasvind.
  6. Neem standpunt teen rassekwotas in wanneer jy daarmee gekonfronteer word.

Markekonomie en regsorde

  1. Ondersteun AfriSake se veldtogte vir die behoud van die vrye mark.
  2. Ondersteun aksies wat op die behoud van die vrye mark en die reg om privaateiendom te besit, gemik is.
  3. Ondersteun die Solidariteit Beweging se veldtogte om regs- en diplomatieke druk te skep deur swart ekonomiese bemagtiging en die onbillike toepassing van regstellende aksie internasionaal aan die kaak te stel.
  4. Ondersteun die Solidariteit Beweging se inisiatief om spesiale ekonomiese sones binne die wetlike raamwerk van Suid-Afrika te vestig.
  5. Raak betrokke by sakeorganisasies wat op jou sektor toegespits is.

 Gemeenskapsmedia

  1. Ondersteun gemeenskapsmedia-instellings.
  2. Sluit aan as ’n vriend van Pretoria FM.
  3. Teken in op Maroela Media se nuusbrief en laai Maroela Media se selfoontoepassing af.
  4. Teken in op Forum Films.
  5. Adverteer in gemeenskapsmedia.
  6. Maak ’n punt daarvan om organisasies wat in gemeenskapsmedia adverteer, te ondersteun.
  7. Neem deel aan geleenthede en gespreksgeleenthede wat deur gemeenskapsmedia gereël word.

Geskiedenis

  1. Maak ’n punt daarvan om op te lees oor die geskiedenis.
  2. Leer jou kinders en kleinkinders van die geskiedenis.
  3. Koop die geskiedenispublikasies wat deur Kraal Uitgewers uitgegee word.
  4. Raak betrokke by die FAK se geskiedenisprojekte.
  5. Ondersteun Geloftefeeste wat in jou gemeenskap aangebied word.
  6. Besoek Afrikanermonumente, lees daaroor en leer jou kinders daaroor.
  7. Neem standpunt in wanneer jy met ’n verdraaiing van die geskiedenis gekonfronteer word.
  8. Gaan die feitelike korrektheid na van die geskiedenissillabus wat deur die Departement van Basiese Onderwys vir skole voorgeskryf word.

Erfenisbewaring

  1. Raak betrokke by organisasies in jou gemeenskap wat op die beskerming en behoud van erfenis toegespits is.
  2. Ondersteun AfriForum se veldtogte vir die behoud van Afrikaner-erfenis.
  3. As jy met vakansie gaan, reël jou reis so dat jy by monumente en historiese terreine wat op jou pad is, kan stop.
  4. Besoek museums oor Afrikanergeskiedenis en maak donasies aan hierdie museums.

Taal en kultuur

  1. Raak betrokke by die FAK se projekte wat op die bevordering van taal en kultuur gemik is.
  2. Ondersteun AfriForum en AfriSake se veldtogte vir die bevordering van Afrikaans in die sakewêreld.
  3. Kommunikeer met die staat in Afrikaans en maak kapsie wanneer jy deur ’n staatsamptenaar in kennis gestel word dat jy nie in Afrikaans gehelp kan word nie.
  4. Wanneer jy ’n vorm moet invul wat slegs in Engels is, vra vir ’n Afrikaanse vorm.
  5. Bedryf jou besigheid in Afrikaans of maak seker dat kliënte in Afrikaans gehelp kan word.
  6. Ondersteun maatskappye wat diens in Afrikaans lewer.
  7. Skryf jou kinders by Afrikaanse skole in en studeer by tersiêre instellings wat onderrig in Afrikaans bied.
  8. Dien ’n grief in as jou tersiêre instelling se bemarkingsafdeling beweer dat lesings of dienste in Afrikaans beskikbaar is, maar jy deur ’n dosent of amptenaar in kennis gestel word dat dit nie so is nie.
  9. Luister na Afrikaanse radiostasies, lees Afrikaanse koerante en kyk na Afrikaanse televisieprogramme.
  10. Ondersteun die Afrikaanse kunste.
  11. Ondersteun beroepsorganisasies wat op die bevordering van Afrikaans in jou sektor toegespits is. As daar nie so organisasie in jou sektor bestaan nie, stig een.
  12. Ondersteun Afrikaanse instellings wat in die buiteland funksioneer.

 Onderwys

  1. Raak betrokke by AfriForum en die Solidariteit Helpende Hand se veldtogte en projekte om gehalte-onderwys te bevorder.
  2. Ondersteun Akademia, Sol-Tech en ander Afrikaanse privaat onderwysinstellings
  3. Ondersteun die Solidariteit Helpende Hand se skooltassieprojek en kosblikkieprojek wat behoeftige kinders help om skoolgereed te word en iets te ete te kry by die skool.
  4. Ondersteun Afrikaanse vakverenigings soos die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) en die Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT).
  5. Ondersteun die Vereniging vir Voorskoolse Onderrig en Sorg (VVOS), wat op die ondersteuning van voorskoolse skole en onderwysers toegespits is.
  6. Maak ’n skenking aan die Solidariteit Helpende Hand se projek om studiehulp aan behoeftige mense te voorsien.
  7. Neem standpunt in vir die bevordering van moedertaalonderrig by die onderwysinstellings waar jy betrokke is.
  8. Ondersteun die FAK se Afrikaans-Ekspo.
  9. Sluit aan by en ondersteun FEDSAS se inisiatiewe om gehalteonderwys te bevorder en beheerliggame by te staan.

 Universiteite en beroepsopleiding

  1. Registreer om jou graad in Afrikaans te doen.
  2. Neem standpunt in wanneer daar by ’n tersiêre instelling teen jou gediskrimineer word op grond van jou taal of ras.
  3. Neem deel aan verkiesings vir die onderskeie universiteite se Alumni-rade en ondersteun kandidate wat hulle vir die behoud en bevordering van Afrikaans uitspreek.
  4. Neem deel aan verkiesings vir die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR) en ondersteun kandidate wat hulle vir die behoud en bevordering van Afrikaans uitspreek.
  5. Skryf in vir ’n kursus by Akademia of Sol-Tech.
  6. Maak ’n donasie aan Akademia en / of Sol-Tech.

Volhoubare voorspoed

  1. Ondersteun Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapsentrums.
  2. Maak ’n skenking aan Solidariteit Helpende Hand vir verspreiding onder behoeftige mense.
  3. Ondersteun Solidariteit Helpende Hand se beursfonds wat studiehulp aan behoeftige mense bied.
  4. Ondersteun Solidariteit Helpende Hand se Tuisgenootprojek, wat bystand aan behoeftige bejaardes bied.
  5. Ondersteun Solidariteit Helpende Hand se Silwerkroonprojek wat bejaardes wat goeie werk in hul gemeenskappe doen, vir hul werk beloon.
  6. Kontak Solidariteit Helpende Hand om navraag te doen hoe jy kan help wanneer mense se lewens deur ’n ramp vernietig word.
  7. Skakel in by Solidariteit Helpende Hand se plaaslike takke.

Buitelandse skakeling

  1. Teken in op AfriForum se Wêreldwyd-nuusbrief en deel dit met jou vriende.
  2. As jy in die buiteland woon, stig of skakel in by Afrikaanse klubs, verenigings, vriendekringe en organisasies in jou omgewing.
  3. Ondersteun Afrikaanse kerke, skole, media en gemeenskapsorganisasies wat in die buiteland funksioneer.
  4. As jy in Suid-Afrika woon, hou kontak met Afrikaners wat in die buiteland woon.
  5. As jy in die buiteland woon, hou kontak met Afrikaners in Suid-Afrika en maak jou kinders in Afrikaans groot.
  6. Ondersteun AfriForum se inisiatiewe om buitelandse skakeling te doen.
  7. Ondersteun die Solidariteit Beweging se veldtogte om steun te werf vir verslae wat by die Verenigde Nasies ingedien word.

 Jeug

  1. Raak betrokke by jeugaksies en -projekte in jou gemeenskap.
  2. Studeer in Afrikaans en dring aan op gehalteonderrig in jou taal.
  3. Ken jou regte as jong Afrikaner en eis dit op.
  4. Neem deel aan debatte en gespreksprogramme wat jou identiteit raak.
  5. Bly op hoogte van die nuus en formuleer jou eie opinies daaroor.
  6. Maak seker dat jy goed opgelei word, sodat jy onmisbaar word wanneer jy die arbeidsmark betree.

Mobilisering van Kapitaal

  1. Sluit aan by die onderskeie instellings van die Solidariteit Beweging.
  2. Werf mense wat skenkings of testamentêre bemakings aan enige van die instellings in die Solidariteit Beweging wil maak.
  3. Maak bydraes tot een of meer van die fondse van die Solidariteit Beweging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Sjoe !! Indien ek alles gaan doen en aan deelneem soos in die berig sal ek by Zuma moet oorneem en ‘n deurgetrekte- bankrotland sien ek nie voor kans op my ouderdom . . . (Eish !!)

Pieter ·

Peet,dat jy kommentaar lewer dui daarop dat jy dalk ‘n “skerp” senior burger mag wees.Nou, op ons ouderdom gebeur die volgende: ‘n goeie verstand motiveer jongeres om die fisiese werk te doen. Helder oe wek vertroue, ‘n sterk stem motiveer. Die meerderheid senior burgers van ons volk is nog sterk en vol talent wat goed aangewend kan word. Ons kan almal iewers inpas.Onthou, Moses was ‘n senior burger toe Israel getrek het.Dink hieraan ook:talle druppels water maak ‘n dam vol. Nog ‘n senior burger.

Marietjie ·

Hier kom ‘n ding!! Seniors verenig! Gaan nie help om te sit en kerm nie.

Jan maak n Plan ·

Kan daar nie n manier geskep word dat dit alles in een pakket kan wees om by aan te sluit nie.

Johannes Meintjes ·

Ek sien uit daarna om die ekonomie d.mv. die bevordering van landbou in en om SA aan te moedig en om by verbeterde buurtwag strukture ‘n bydrae te lewer.

Dorothy Venter ·

Al kan ek as senior burgeres nie finansieel bydra tot die instandhouding van ons geliefde taal nie, kan ek meld dat ek ‘n aantal Africana-boeke besit wat dalk vir jonger mense van waarde kan wees. Een voorbeeld is “Afrikaans, ons pêrel van groot waarde” wat in 1974 uitgegee is ten tye van die herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners deur die FAK uitgegee is. Slegs 100 eksemplare is destyds gepubliseer – hierdie eksemplaar is nr. 42.

Dorothy Venter ·

Al kan ek as senior burgeres nie finansieel bydra tot die instandhouding van ons geliefde taal nie, kan ek meld dat ek ‘n aantal Africana-boeke besit wat dalk vir jonger mense van waarde kan wees. Een voorbeeld is “Afrikaans, ons pêrel van groot waarde” wat in 1974 uitgegee is ten tye van die herdenking van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners deur die FAK uitgegee is. Slegs 100 eksemplare is destyds gepubliseer – hierdie eksemplaar is nr. 42.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.