Toekomsberaad: R3,5 miljard-plan vir Afrikaners  word goed ontvang

Meer as 2 700 mense het die beraad bygewoon. Foto: Phillip Bruwer

Meer as 2 700 mense het die beraad bygewoon. Foto: Phillip Bruwer

Die Solidariteit Beweging het Saterdag ʼn Helpmekaarplan van R3,5 miljard by sy Toekomsberaad in Pretoria bekend gemaak. Die beraad is deur digby 2 700 afgevaardigdes en lede van die publiek bygewoon.

Dié plan sal oor die volgende vyf jaar toegepas word en sluit in die uitbou van Akademia tot ’n groot, nuwe Afrikaanse privaat universiteit; miljoene rande se studiehulp aan Afrikaanse studente; ʼn taalsentrum, planne vir gemeenskapsveiligheid; goeie werk; armoedeverligting; tegniese opleiding; Afrikaanse gemeenskapmedia; erfenisbewaring;  geskiedenisprojekte en talle ander projekte in.

Maroela Media het ná die tyd met van die spesiale genooide gaste en besoekers, van so ver as Stilbaai, gesels om hul mening oor die beraad te kry.

Anchen Dreyer, DA-LP. Foto: Phillip Bruwer

Anchen Dreyer, DA-LP. Foto: Phillip Bruwer

Anchen Dreyer, DA-LP van Johannesburg, is een van die vele spesiale gaste wat genooi is.

“Dit was ʼn groot voorreg om hier te kon wees en ek is geweldig beïndruk oor die hele aanbieding. Dit is deeglik beplan en verskriklik goed aangebied om die boodskap van die probleem en die plan oor te dra. Die aanbieding is duidelik deeglik deurdink en baie professioneel.

’’Wat die plan betref dink ek dit is positief, konstruktief, opbouend en laat ʼn mens vorentoe kyk. Dít is alles dinge waarmee ek myself kan vereenselwig. In my hoedanigheid as  ʼn  DA-lid van die parlement het die party onlangs ʼn waardeshandves aanvaar en die waardes wat die Solidariteit Beweging hier verwoord, oorvleuel merkwaardig met ons handves. Veral Solidariteit se slagspreuk –Vry, Veilig en Voorspoedig – pas by Vryheid, Regverdigheid en Geleenthede wat die DA se nuwe slagspreuk is. Dit is dus vir my verstommend en ek sien uit na ʼn goeie konstruktiewe verhouding met die Solidariteit Beweging,” het sy gesê.

Dr. Pieter Mulder Foto: GCIS

Dr. Pieter Mulder Foto: GCIS

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus:

“Waar die VF Plus internasionaal beweeg, is dit duidelik dat minderheidsregte wêreldwyd aanvaar word, maar in Suid-Afrika het ons nog altyd geworstel om die begrip tuis te bring. Ek kry die gevoel dat die tyd nou begin ryper word en mense begin groter begrip en ondersteuning kry vir die gedagte van minderheidsregte. Die vraag was altyd, hoe doen ʼn mens dit prakties? Hoe pas jy dit uiteindelik toe op alle vlakke? Op politieke vlak is ons party daarmee besig, maar ʼn mens moet ook realisties wees op ander vlakke soos die burgerlike samelewing. Ek dink dit is ʼn realistiese plan. Dit stel wel hoë doelwitte. ʼn Mens is altyd bang om doelwitte te stel wat nie bereik kan word nie, maar dit is beter om vir die maan te mik en oor die muur te spring en só die helfte van die doelwitte te bereik. Dan het ʼn mens darem iets uitgerig. Die belangrikste toets is realisme en ek is oortuig die plan voldoen daaraan. Dit beteken egter nie die regering gaan sal nie soos gewoonlik klippe in die pad rol nie, maar kom ons hanteer hulle een vir een wanneer dit gebeur.”

Gene Stoltz en Annemarie Olivier. Foto: Phillip Bruwer

Gene Stoltz en Annemarie Olivier. Foto: Phillip Bruwer

Gene Stoltz (27) en Annemarie Olivier (24) van Pretoria het uit nuuskierigheid besluit om die beraad by te woon.

“Gene is ʼn lid van AfriForum en ek het nie regtig geweet waarvoor hulle staan nie. Ek het altyd die indruk gehad dat dit ʼn baie regse beweging is, maar ons het besluit om self te kom sien omdat ek nie my kultuur wil veroordeel nie. Die beraad het my opinie verander en ek het besef hoeveel goeie werk die Solidariteit Beweging vir Afrikaners doen. Ons kort net meer ondersteuning. Ek sal graag wil hê dat my kinders eendag in Afrikaans kan skool gaan en dat daar vir Afrikaners ʼn plekkie in die toekoms is,” het Annemarie gesê.

Hanlie en Renier van Vuuren. Foto: Phillip Bruwer

Hanlie en Renier van Vuuren. Foto: Phillip Bruwer

Hanlie en Renier van Vuuren het van Brits af gery om die beraad by te woon.

“Ek dink die planne is haalbaar en uitvoerbaar, maar almal sal moet saam staan. Wat ek daarvan waardeer, is dat daar respek is vir onsself en ons medemens. Ons is hier om te bly,” het Hanlie gesê.

Lauretha van der Walt (regs) en haar dogter Laurette Filmalter. Foto: Phillip Bruwer

Lauretha van der Walt (regs) en haar dogter Laurette Filmalter. Foto: Phillip Bruwer

Lauretha van der Walt van Stilbaai en haar dogter Laurette Filmalter van Middelburg in Mpumalanga was ook beïndruk.

“In die jare 70s het ek sonder media en sonder televisie ʼn organisasie reg oor die land vir vroue paraatheid opgestel want ons was bang daar breek ʼn oorlog uit en die vroue en kinders het geen verweer nie. Ek het 10 jaar daaraan gewerk, toe maak genl. Magnus Malan my organisasie toe want toe het hulle al die wonderlike sameswerings en ons mag nie meer ʼn parate Afrikaner vrouevolk gehad het nie. Vandag is ʼn hoogtepunt in my lewe. Vir jare bid ek vir die Here oor wat ons gaan doen. Ek is lief vir hierdie mense en ek is lief vir hierdie volk,” het Lauretha gesê.

Kobus Voster saam met Alana Bailey, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum. Foto: Phillip Bruwer

Kobus Voster saam met Alana Bailey, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum. Foto: Phillip Bruwer

Kobus Voster het saam met ʼn vriend van Kempton Park af gekom om die geleentheid by te woon.

“Dit was baie goed georganiseer. Hierdie boodskap en plan kom op die regte tyd,” het hy kort en kragtig gesê.

Lees alles oor die toekomsberaad op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

andre ·

Dit is wat ons nodig het!! Dit KAN en SAL werk AS en ek se. weer AS ons AfRIKANERS net kan saamstaan en saamwerk ……DANKIE vir mense soos AFRIFORUM !!!!!

André ·

As jy daar was, sal jy bewys hê dat ons alreeds saam staan, meer as in vergelying met die verlede; én dit gaan net groei. Besluit net: Wil jy saam staan óf op die kantlyn sit…?

andre ·

Dit is wat ons nodig het!! Dit KAN en SAL werk AS en ek se. weer AS ons AfRIKANERS net kan saamstaan en saamwerk ……DANKIE vir mense soos AFRIFORUM !!!!!

Johan 2 ·

Die beraad was baie positief, dankie. Ek wil U almal aanraai om gerus meer daaroor te lees, ek dink daar is meer inligting op hul webblad. Het die spreuker van Suid-triool ook baie geniet ekt nie geweet on Afrikaners het sulke vriende nie, en die dame wat vertaal het was puik!

Genis ·

Ek sou hierdie historiese geleentheid graag wou bywoon maar het ongelukkig ander verpligtinge gehad. Ek waardeer dus die inligting wat in die opvolg-berigte beskikbaar gestel word baie en hoop ek leef nog teen 2020 om die planne te sien realiseer. ‘n Lig in die donker tonnel sowaar!

Leon ·

ʼn Projek soos hierbo beskryf, sal werk solank betrokkenheid ʼn kerf of 10 bo bevraagtekening is. ons moet net begin sonder om te bevraagteken. Laat die wiele rol. Voorspoed aan almal wat dit wil doen.

Annwen ·

Sal graag Blade se opine wil hoor hierdie is ‘n dolk in sy verrotte hart.

Johannes Meintjes ·

Ek maak dit graag publiek gerug dat ek my volhardend sal help beywer vir optimale burgerlike beskerming en die bevordering van landbou in en om SA, en dat ek skakeling met die projekte ten opsigte van landboubevorderring en burgerlike beveiliging van Solidariteit en Afrikforum sal help bevorder, koppel en skakel waar menslik moontlik en prakties uitvoerbaar.

Winston ·

Puik. Ek ondersteun julle met my wese Afriforum en almal wat gemoeid is met in beter toekoms as waarvoor ons wag en nooit sal kry onder bewind van SA se huidige regering nie. Ons sal offer……

andre de kegel ·

ons hoop als Vlaming uit belgie dat julle taal het afrikaans dat baie naby ons taal het vlaams nie sal verlaar gaan ons wens julle baie veel geluk om julle taal het afrikaans te behouden

Johan van Drimmelen ·

Dit word al hoe meer en meer duidelik dat daar grootliks ooreenkomste tussen die doelwitte, idees en gedagtes van byvoorbeeld Afriforum en PretoriaFM en Orania en Kleinfontein en FAK en veral ook die Vryheidsfront-Plus ens ens is. Puik!

Dis skep n nuwe nodale ‘front’ vir die Afrikaner wat nie te ver ‘regs’ en ook nie te ver ‘links’ is nie.

MAW., AL DIE AFRIKANER EN AFRIKAANS-GEORIëNTEERDE ENTITEITE ONDERSTEUN MEKAAR ALREEDS LUIDKEELS –‘teen’– die huidige rassistiese SEB en grond-onteienings-liberalisme.

Dit is alreeds n bewese natuurlike SAAMSTAAN-aksie, alreeds gebore uit n algemene besef in hoe n mate al die Afrikaner-organisasies alreeds eners voel, en alreeds enerse doelwitte nastreef.

Dit is sodaning ‘gematig’ en ‘modern’ en ‘vooruitstrewend’ dat dit alreeds die mense van beide links en regs saamsnoer, om groepsgewys (‘gesamentlik’ en ‘afsonderlik’), sonder om enige iemand se identiteit aan te tas, as n alreeds verenigde front, die eersvolgende twee verkiesings positief tegemoed te kan gaan, — om na afloop van die verkiesings dan stewige koalisies oor belangrike sake in ons gesamentlike belang te kan bewerkstellig.

Dit maak n mens opgewonde en entoesiasties om die toekoms met durf en daad tegemoed te kan gaan wetende dat al hierdie onderskeie entiteite mekaar inderdaad alreeds ondersteun.

Dis PUIK! Nou kan ons begin beweeg. Voorwaards.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.