Toelaagbetalings is ʼn enorme taak, sê Bathabile Dlamini

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling (15 September 2017) Foto: ANA

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Vrydag gesê die proses, om die betaling van welsynstoelae oor te neem kragtens die uitspraak in die konstitusionele hof, sal plaasvind, maar die proses sal geleidelik gebeur omdat daar tans geen geld of die nodige vaardighede is om dit te doen nie.

“Dit is ʼn enorme taak wat tyd en gespesialiseerde vaardighede en hulpbronne vereis wat nie maklik beskikbaar is nie,” het sy tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê.

“Die geleidelike inwerkingstelling van die prosesse sal ʼn foutlose oorgang verseker. As deel van die tussentydse reëlings, het SASSA begin om met die Suid-Afrikaanse Poskantoor saam te werk om seker te maak die welsynbetalings geskied nog ná Maart 2018. Die regering bly verbind tot hierdie samewerking,” het sy gesê.

“Dis ʼn hoogs tegniese en gespesialiseerde veld. Sassa het ʼn kwotasie versoek om ʼn diensverskaffer vir hierdie doeleinde aan te skaf. Dié proses het nie die verlangde uitslag gehad nie.”

Sy het gesê die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) is aangestel om ʼn oorsig te doen en dit is Donderdag afgehandel. “Die evaluasiekomitee sal op 20 September die WNNR se verslag oorweeg. Ons sal voor die einde van volgende week ons finale besluit bekend maak.”

Sy het gesê Sassa het in sy verslag aan die konstitusionele hof homself tot ʼn vyfjaar-veranderingsprogram verbind om die betaling van die welsynstoelaes oor te neem, kragtens die Suid-Afrikaanse Grondwet.

Volgens die Sassa-wet is die organisasie se primêre mandaat om seker te maak dat die betaling van welsynstoelaes doeltreffend bestuur en geadministreer word.

Minister van binnelandse sake prof. Hlengiwe Mkhize en minister van telekommunikasie en poswese Siyabonga Cwele, het by Dlamini aangesluit tydens die perskonferensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Alida ·

JA dit is n enorme taak dit glo ons. Laat bevoegde EERLIKE mense met integriteit sonder verskuilde agendas dit doen dan is dit maklik.

Toppie ·

Met die wat die belastingbetalers so leeg gemelk word soos ‘n brandsiek koei het ek besluit dit is finansieel meer voordelig om ook te registreer vir welsyn toelaag. Hoop ek kan nou ook in aanmerking kom vir ‘n gratis HOP huis, water , ligte en skottel op die dak . Ek wag.

Apache ·

Nou hoe wil die minister die hele proses in gang sit as sy aan die begin van die artikel se dat daar tans geen geld is nie en as minister moet jy oor die nodige vaardigheid beskik as jy die amp as minister bemagtig dan het jy nie ander nodig nie maar neem die taak geheel op jouself en doen jou werk self.

Chris Ws ·

Nou verdomp!Hier neuk sy met die poskantoor maar die’ is bankrot en sal dalk nie eers meer funksioneer in 2018 nie!Van onnosel gepraat . . . .

Frederik ·

Dlamini sê SA Sassa het homself tot ‘n 5 jaar veranderingsplan verbind!!?? Teen die tempo waarteen daar geteel word in SA, is daar oor 5 jaar niks geld vir enige toelae nie. Die belastingkrane, soos die waterkrane, drup,drup nog net.

Toppie ·

Kan weer ‘n belegging doen by die poskantoor dalk kan mens met ‘ n Sassa wins wegloop as mens die minister ondersteun in haar poging om die dooies weer op te wek. Sy ondersteun plaaslik sonder geld

Nita ·

Die huidige stelsel werk puik! Waarom aan iets karring wat vlot verloop? Onsinnig!

Adam ·

Nita, lees gerus die artikels wat verband hou met die hofuitspraak in die verband. Die SASSA debakel was ‘n etterput van korrupsie vanaf die tenderdatum. Die Poskantoor is die ideale voertuig vir die tipe diens en kan dalk met ‘n bietjie geluk hulle bestaan winsgewend maak.

Asjas ·

Die huidige stelsel werk puik vir skelms ja. Iemand het lekker SASSA Grant namens my Ma getrek, toe dit aan die lig kom wou geen Prokureur aan die saak raak nie, nie eens Legal SA wou ons help om die skuldiges te ontbloot nie. Iemand kry seker nog steeds haar geld terwyl ons sukkel om haar elke maand te versorg.

John ·

Sy het seker nog nooit van banke gehoor nie. Klaar gerat om geld te ontvang en uit te betaal met behulp van tellers of bankkaarte… Maar hulle wil nie. Eerstens haat sekere mense mos nou ons banke en verder kan onwettighede nie so maklik plaasvind nie. Mens kan byna wed dat Sassa nog vir jare deur die minister se geliefde maatskappy uitbetaal sal word, want chaos is mos die tweede naam van ons regering.

Johann Marx ·

Dit IS ‘n enorme taak…..en dit groei. 15 miljoen belastingbetalers sorg nou vir 17 miljoen mense vir ‘n niks-doen inkomste’tjie……die buite-egtelike ATM’s word sommer nou by onderwysers gekry…..en die dooies word sonder duime begrawe want iemand anders nodig daai “fingerprint” om te eis!!! Die bodemlose put se bodem het verlede week sigbaar geraak…

humor ·

Enorme taak nou toe nou roer jou en kry die geld by z en die gubtas terug en betaal. Die mense wurg.

Vermeende ·

Die koei is gespan en nou kan sy leeg gemelk word.

Dit is wat gebeur as jou kundige arbeid nie meer welkom is nie, n eenvoudige taak word n onoorkombare uitdaging waar miljoene in gestort word.

Basjan ·

Daar’s nie geld nie? R10miljard is sopas aan die SAL geskenk. Nou wat nou?

Eish ·

Die staatdiens is deur Afrikanisering gereduseer tot n massa oorgewig salaristrekkers sonder rigting waarvan die belangrikste kriteria is die vermoë om die kontak besonderhede van tenders, konsultante en spesialiste op die punte van hul vingers te ken.

Vryheid ·

Sy bekommer haar vir die verkeerde redes.
1. Die uitbetalings gaan binnekort die inkomstes oorskry met meer en meer mense wat toelae’s eis.
2. Korrupsie gaan seker maak dat die regverdige persone nie hul toelaag kry nie.
3. Daar is duisende mense wat verkeerdelik toelae’s eis.
Soos dit tans gaan het sy nie n kans in hel tot sukses nie.

Grassie ·

Hierdie hele SASSA-debakel het die potensiaal om die land in chaos en anargie te dompel. Die regering het duidelik nie die vermoë om dit te administreer nie en wanneer die uitbetalingstrukture die dag in duie stort en die “peoples” nie hul geld kry nie gaan die pot oorkook. Die 17 miljoen wat geld ontvang is nie al mense wat daarvan lewe nie, dit beteken dat heelwat meer as 20 miljoen met ‘n leë beursie en ‘n leë maag gaan sit. Die geskiedenis het ons mos nou al geleer hoe die mense van Afrika sulke probleme hanteer. Hulle gaan eenvoudig vat wat hulle nodig het – ons sal plundertogte sien soos nog nooit tevore nie, moontlik met kwaai weerstand van diegene wat gewerk het vir wat hulle besit en dit nie goedsmoeds sal afstaan nie.

Ek hoop ek is onnodig pessimisties. Miskien kom daar ‘n baie bevoegde, bekwame ANC-kader te voorskyn wat hierdie hele probleem sommer vining oplos. Dan sal ek seker wees die paashaas gaan vir my ook paastyd ‘n tjokliteier bring.

Chris Ws ·

Net NOG ‘n fiasko van ‘n onbevoegde anc regime.Die popo gaan die fan hard slaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.