Toelaes: OB gevra om minister se vriend te bekyk

Bathabile Dlamini. Foto: Flickr/GovernmentZA

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het bewerings dat ʼn vriend van haar bande het met Cash Paymaster Services (CPS), wat verantwoordelik is vir die uitbetaling van maatskaplike toelaes, ten sterkste ontken.

Die Sunday Times het berig hulle het selfoonboodskappe wat Dlamini met Lunga Ncwana, ʼn sakeman, wat bande met CPS se swartbemagtigingsvennoot het, verbind.

Dlamini het gesê die “ondersoek” is al holrug gery en dat die saak al twee jaar gelede deur die Valke ondersoek en in November 2015 gesluit is.

Die Sunday Times berig ook oor korrespondensie tussen Dlamini en Zane Dangor, die voormalige direkteur-generaal (DG) van die departement van maatskaplike ontwikkeling, wat vroeër vanjaar bedank het ná die skandaal van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) aan die lig gekom het.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het in ʼn verklaring gesê die koerant, sy redakteurs en eienaars is daarop uit om die betoog dat die minister korrup is voort te dryf en voorsien Suid-Afrika van geen bewyse dat dit wel so is dat die minister voordeel getrek het as CPS die kontrak om die maatskaplike toelaes te betaal, behou het nie.

“Die media skryf al vier jaar lank oor die vermeende verhouding tussen Dlamini en Ncwana en kon nog nie een maal met ware bewyse vorendag kom nie. Die vraag wat Suid-Afrikaners hulself moet afvra, is: Hoekom wil hierdie sogenaamde ‘bronne’ nie hul inligting aan wetstoepassers oorhandig nie?” het die departement gesê.

Die DA het intussen in ʼn verklaring gesê dat hulle adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), sal nader om die bewerings te ondersoek.

“Die minister se bande met Ncwana is kommerwekkend as ʼn mens in ag neem dat Ncwana ʼn goeie vriend van Brian Mosehla is. Mosehla het glo R83 miljoen in sy sak gesteek as CPS se swartbemagtigingsvennoot,” het die DA gesê.

Die departement het dié ondersoek deur die OB verwelkom en meen dit sal ʼn einde bring aan halfhartige ondersoeke deur mense wat nie belangstel in die waarheid of objektiwiteit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andrew ·

Regtig die Valke ht jou ondersoek, die selfde Valke wat in Zuma se sak is???

Nou-toe-nou ·

Verlede jaar is die SASSA-toelaes aan sekere {sekere die met wit vanne} gestaak vir 4 maande. En die jaar voor dit ook!! Niemand wil sê wat daar gebeur het nie. En nodeloos om te noem dat die geld ook nie terug betaal is nie. Ons moes die gestremde wat omtrent 85kg weeg, 2x by SASSA-kantore laat aanmeld om te sien dat sy nog leef. Niemand het nog iets hieroor erken of reggestel nie. Skande Dolly Paarton

Johan ·

Die altyd onskuldige Bathibile Dlamini.

Ek dink sy het gerieflikheidshalwe n bietjie vergeet dat sy reeds in 2006 in die Hooggeregshof skuldig gepleit het op n klagte van bedrog van R254 000-00 en n boete opgele is van R120 000-00 of 5 jaar gevangenisstraf en n verdere 5jaar gevangenisstraf wat opgeskort is vir 5 jaar.

Baie interessante leestof as julle belangstel- gaan kyk op die internet by Seven crooked comrades

Daan Boraine ·

DIS DI REDE WAAROM BEE NI WERK NI NET N KLEIN KLOMPIE ZUPTAS KRY DI VOORDEEL EN VERGEET DI RES

Scalla ·

Hoe is dit moontlik dat persone met kriminele rekords nog steeds in die staatsdiens is.

BOLANDER ·

Scalla, die antwoord wat ek vir jou het, gaan hulle so wrintie waar nie hier plaas nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Verbouereerd ·

Scalla.. as die President amper 800 aanklagte teen hom het.. en al skuldig bevind is… en hom daaraan afvee.. dan moet hy hom omring met ewe korrupte ministers sodat hy hulle aan hul weak points kan houvas en beheer. So lank hy die onder hom kan beheer is hy onaantasbaar.

Jordaan ·

Dit is ‘n voorvereiste op die CV, nie ‘n diskwalifikasie nie!

MS ·

Dis een van die vereistes op jou CV om werk in die staatdiens te kry! Jy kan Std 5 he matriek is nie nodig nie, maar ‘n rekord a must have!

cor ·

Scalla ek dink jy moet liewer vra hoe is dit moontlik dat mense sonder ‘n kriminele rekord nie in die staatsdiens is nie.

Ouvrou ·

Ek stel ook nie meer belang in al die ondersoeke en verdere geld mors erg nie. Niks kom daarvan nie. Almal het iemand in die sak.

martin cilliers ·

waar is die grond wat die regering vir die mense wil gee sonder betaling. is dit plase dorpsgebied maar waar?

Robert ·

Mense, ek dink nie julle verstaan nie. Wat vir ons skelm en bedrog is , is vir hulle reg en eerlik……

Jean ·

Whaaaaa hulle konsentreer so op WHITE MONOPOLY dat hulle glad nie sien hoe ken die Ministers en ander Parlementslede tenders aan boyfriends en vriende en familielede toe nie. Die massas skreeu steeds WHITE MONOPOLY terwyl hulle rot en kaal besteel word deur hulle EIE mense waarvoor hulle stem. Miljoene verdwyn so in vriende en familie se sakke, en die massas skreeu . .the whites are sucking the economy dry !!! heheheh is al wat ek nog wil se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.