Toename in misdaadgevalle in veiligheidskomplekse

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT het inwoners van veiligheidskomplekse in Gauteng gewaarsku om paraat te wees. Dit nadat ʼn aantal misdaadvoorvalle in komplekse of op landgoedere die afgelope vier weke in dié provinsie aangemeld is.

Maroela Media het vroeër die maand berig oor die moord van Wayne (57) en Janique (56) Giles op ʼn spoggerige veiligheidslandgoed naby Elandsfontein in Gauteng.

“Om op ʼn veiligheidslandgoed of in ʼn kompleks te woon kan by inwoners ʼn valse gevoel skep dat veiligheid nie prioriteit is nie. Die afgelope vier weke was daar egter ʼn aantal voorvalle in dié gebiede wat kommerwekkend is,” het Charnel Hattingh, nasionale bemarkingsbestuurder van Fidelity ADT Maandag in ʼn verklaring gesê. “Dit kom daarop neer dat daar altyd ʼn risiko is vir diefstal en inbrake, selfs in ʼn veiligheidskompleks. Inwoners moet altyd paraat en verantwoordelik vir hul eie veiligheid wees.”

Volgens Hattingh is dié woongebiede dikwels kwesbaar wanneer daar onbewoonde eenhede is of waar konstruksiewerkers rondbeweeg. “Dit is ook nie ongewoon dat kriminele by komplekse intrek en hul voordoen as inwoners, net om by huise in te breek en dan weer uit te trek nie. Ons beveel sterk aan dat inwoners alarmstelsels en ander veiligheidsmaatreëls in hul individuele eenhede aanbring.”

Hattingh het eienaars of bestuurders van veiligheidskomplekse verder aangeraai om altyd te verseker dat die ingang na die kompleks deur ʼn veiligheidswag beman word. “Die veiligheid van hierdie wag is ook noodsaaklik. Dit gebeur toenemend dat kriminele die wag self met ʼn vuurwapen aanhou terwyl die makkers die kompleks betree. Dit is belangrik dat die vensters van die wag se kamer donker verkleur en koeëlvas is sodat kriminele nie kan inkyk nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Prikkie ·

So hoekom word dit ‘n “veiligheidskompleks” genoem?

Ek stem saam met ADT, mense trek onder wanindrukke daar in en dink hulle is dan buite bereik van kriminele. Verre daarvandaan.

Andre ·

Was so genoem omdat die “previous regime” nie geweet het hoe die “current regime” te werk sal gaan nie.

Mallie ·

In die kompleks waar ek gewoon het, het die veiligheiswagte op mekaar geskiet. So hoe veilig is n kompleks regtig.

Zacharias ·

Jammer die volle prentjie lyk so: raak onslae van daai wag en vervang hom met tegnologie, dis baaaaie goedkoper onomkoopbaar vat nie lang toilet breuke nie verskaf nie inligting aan sy tjommies nie slaap nie op die job nie… en… En… En…. En…

Herpiet ·

En hoe kry misdadigers dit reg on huurders te word? Behoort van die eiendomme dan aan skurke? Ek is n landlord al vir 18 jaar en nog nooit sulke probleme gehad

Blomme ·

En dit is die algemene storie van ń hernieude SA… Misdaad, Moord, Huisbraak, Rooftogte..en..en..en. Wat is nuut? Dis die nuwe normaal van ons eens mooi en veilige land!

saggiespraat ·

Ek moet nou mooi praat… want ek sien dit elke dag waar ek bly…. Die ouers wat so intrek met hulle groot kinders wat nie werk kry. Ouers werk lang ure terwyl die kinders in die dag slaap en aktief
in die nag rond gaan. hulle ken almal in die kompleks se beweegings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.