Toename in plaasaanvalle – strafmaatreëls ontoereikend

Argieffoto

Die mees onlangse plaasaanval buite Jagersfontein in die Vrystaat, waartydens Kyle Stols (22) vermoor is, bewys dat die regering se landelike beveiligingsplan faal en die strafmaatreëls wat op hierdie misdadigers toegepas word, nie ʼn voldoende afskrikmiddel is nie, het Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat, gesê.

“Buiten die feit dat misdaad oor die algemeen en plaasaanvalle in besonder deur die VF Plus en ander organisasies onder die aandag van die internasionale gemeenskap gebring word, sal alle plaaslike burgerlike organisasies, politieke partye en ander belangegroepe moet hande vat om hierdie yslike probleem daadwerklik aan te spreek,” het hy bygevoeg. “Daar word letterlik jag gemaak op ons landbougemeenskap. Dit is ʼn bose en onaanvaarbare stand van sake.

“Die VF Plus is in die proses om samesprekings met sleutelorganisasies in die landboubedryf te hou ten einde boere en hul werknemers te help deur die nodige bystand te bied sodat hul hulself weerbaar kan maak teen sodanige boosdoeners,” aldus Van Niekerk. Die inisiatief sluit onder meer selfverdedigingsklasse in.

“Boere, hul gesinne en werknemers moet paraat wees. Hierdie booswigte hou gewoonlik hul teikens vir ʼn geruime tyd dop voordat hulle toeslaan. Hulle is voorbereid op wat kom, terwyl die slagoffers niksvermoedend aangeval word. Die landbougemeenskap moet in staat gestel word om ook in ʼn oomblik te kan reageer om hulself binne die perke van die wet te verdedig.

“Die VF Plus spreek sy medelye uit met Kyle se geliefdes in hierdie moeilike tyd en sal alle moontlike druk op die polisie uitoefen om te verseker dat sy moordenaars so spoedig moontlik gevang en uit die samelewing verwyder word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Leahim ·

Die polisie moet die blaam vat hulle doen nie hulle werk nie hulle weet van die plaasaanvalle ek het vandag gehoor dat daar konstabels is wat doktorsgrade het maar geen aksie of plan om hierdie misdaad hok te slaan hulle is te bang om die probleem te identifiseer hoe gaan hulle dit bekamp.Die boere sal hulle eie veiligheid moet verseker hoekom ons moet belasting betaal vir n diens wat ons nie kry nie gaan my verstand te bowe.

Andre ·

Witmens jy staan alleen!
Bewapen en verdedig jouself!
Of gaan onder ….!
Dis al!

Carl ·

Met groot vesigtigheid se ek die volgende:
-Die slagoffer is gewoonlik eerste by die misdaad toneel en nie SAPS of die sekuriteits dienste nie.
-Ons is verantwoordelik vir ons eie veiligheid. Indien ons dit wil kontrakteer na n derde party kan mens net wag dat hulp opdaag wat te laat kan wees.
-Leer wat se die wet mbt tot selfvedediging.
-Bly binne die wet.
-Wees paraat , lees, leer en oefen om gereed te wees vir n aanval.
-Ons is nog bevoorreg om n wapen wettig te mag besit. Gebruik jou voorreg en behou jou wapen of kry een en dra dit by jou. Leer en oefen om dit te gebruik. Sluit aan by n klub en leer soveel jy kan oor self vedediging.
-Aanvaar dat ons self verantwoordelikheid moet aanvaar vir ons veiligheid.
-Pas basiese veiligheids maatreels toe, soos om buite deure/veligheids hekke gesluit te hou.
-Wees bewus wat om jou aangaan en probeer konflik te vermy.

Kan nog baie se maar gaan lees op die internet maar belangrikste is neem verantwoordelikheid vir jou eie lewe en jou familie om jou………

Wagter ·

Weet jy ek sal ne huiwer om te skiet nie, maar die meerderheid is nogal gelowig en sal liewer dooi as wat hulle iemand anders vermoor, geloof is nogal sterk in die land vir een of ander rede, so bewapening nie die antwoord, en buitendien, baie mense is nie meer jonk nie en kan nie rond hardloop met wapens nie

Willem ·

Dis presies nes jy daar sê – jy is op jouself aangewese.

Cherokee ·

Ironies die woorde ‘binne die perke van die wet te verdedig’ terwyl hulle perkeloos aangeval word.

Lynn ·

Ons lees van plaasmoorde, so baie, maar wanneer word die moordenaars gearresreer? hoor ons van vonnisse? ‘n Jong lewe is geneem! Haal dit voorblad nuus, media outrage soos met doodskis geval? Ja, ons is op ons eie. In die minderheid en word gejag. Mag God ons help. Wees wakker wit mense, boere afrikaners. Ons is in guerilla oorlog!

Mario ·

Woon al 16 jaar in die buiteland. Een ding wat verseker is die buiteland of internasionale gemeenskap sal nie n vinger verroer om die Boere in SA te help nie al word die laaste een vermoor. Hulp sal maar self moet kom as die polisie te sleg is om hulle take te verrig. Ek kan maar net bid vir die Boere

Johan ·

If violent crime is to be curbed, it is only the intended victim who can do it. The felon does not fear the police, and he fears neither judge nor jury. Therefore what he must be taught to fear is his victim.
Jeff Cooper (1920–2006)
6. Ruthlessness, “Principles of Personal Defense”, 1989

Johannes Meintjes ·

Ons is almal deel van die SA korrupsie en misdaad probleem, – hetsy deur verkeerde aksie of deur versuim! Meegevoel met nog ‘n plaasaanval en lewensverlies. Dit is nou al baie meer as ‘n skandvlek vir die SA samelewing en strukture.

martins ·

Mario dankie vir jou gebede.jy bevestig wat ons weet die buite lande sal niks doen om ons te help nie en eks jammer om te se maar ons is ook nie instaat om ons self te help nie.As ons hulp nie van bo af kom nie sal ons as Afrikaaners sekerlik uitsterf in Afrika.

Jakalas ·

Kyk vanoggend op Maroela Media se hoofnuus blad om te sien dat dit die waarheid is. Drie aanvalle al te saam wat daar verskyn. Het ons ons sensitiviteit verloor oor dit? Mens dink mens kan niks doen nie, maar mens is baie verkeerd om so te dink. Die regering wil hê ons moet dit dink. Alles is moontlik in die lewe.

Bernard ·

Kevin ja, die doodstraf sal verseker werk maar dit sal nóóit weer ingestel word nie. Zuma en sy regering het dit baie duidelik gestel. Daai is geen vrees meer onder misdadigers nie, nie vir die land se weermag, polisie óf regstelsel nie.

Willie ·

Mense dis tyd dat ons, ons stem laat hoor op alle vlakke… Wees ook baie paraat, en plaas maar n selfverdedigings toerustingkie in elke mootlikke vertrek… pas die hone kinders op…

vierkleur ·

Daar het julle dit nou gehoor by Mario. Ons gaan geen hulp kry van die buitelenad nie,
inteendeel dink ek daar is buitelandes onganisasies wat van die aanvalle op ons mense befonds.

As jy n boer is sonder n vuurwapen, kry jou agterent in rat, en gaan doen die nodigge kursus, en doen aansoek vir n wapen lisensie. Jy is verantwoordelik vir jou en jou geliefded se veiligheid op jou plaas.

Eddie de Jager ·

Ek het in ‘n woonbuurt in die ou ooste van Pretoria gewoon wat tans deur ‘n ontwikkelingsfase gaan omrede die metro dit ge-oormerk het vir hoë densiteit ontwikkeling. Die gevolg is huise wat vir maande leegstaan voor dit gesloop word. Natuurlik lok dit ongewensde elemente. Dit word ‘safe houses ‘ waar wapens, buit en akkommodasie aan die boosdoener voorsien word. Hierdie is ‘n stedelike voorbeeld. Die ooreenkomste wel is dat plase beskik oor geboue en nie net ‘n huis nie. Van daardie gebou kan goeie wegkruip plek wees. Laastens het ek in die woonbuurt gevind dat misdaad toeneem soos die feesseisoen nader kom en dit hou aan tot omtrent einde Januarie voor dit rustiger raak. Dis eenvoudig : Feesseisoen gaan gepaard met verkope soos huishoudelike toestelle. Dit maak geld. Geld is altyd ‘n groot trekpleister. Dis items wat op plase en in huise verkry kan word. Wees ekstra paraat en versigtig oor die feesseisoen.

Domvraag ·

Waar is die wit geldmag om weer kommandos op die been te bring. Daar is tog seker baie wat sal meedoen om te help. Begin so stelsel.

Self nie seker ·

Soos ek dit verstaan is die kommando stelsel afgeskaf deur die huidige regering – was ‘n verder poging om ons net meer weersloos te maak

Anoniem ·

Ek gaan sit eerder in die tronk vir moord en weet ek het my deel gedoen voor ek by n graf staan en huil .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.