Toenemende kommer oor MRK se hantering van Etzebeth-saak

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Al hoe meer vrae word gevra oor die Menseregtekommissie (MRK) se hantering van die ondersoek na die beweerde rassevoorval waarby die Springbokslot Eben Etzebeth betrek word.

Die MRK het in Augustus ʼn klag ontvang oor ʼn beweerde bakleiery buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus. ʼn Man het beweer hy is deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou. Etzebeth was glo hierby betrokke.

Etzebeth het vroeër al ontken dat hy enigiemand aangerand of rassistiese aanmerkings toegesnou het tydens die voorval.

Die MRK het die Langebaan Vier, soos die altesame vier klaers in die saak nou bekend staan, se klagte namens hulle by die gelykheidshof ingedien.

Enver Wilsenach, Yorayda Papier, Mogamad Smith en Kay Lee Brook voer in hofstukke aan dat Etzebeth hulle die h-woord toegesnou het. Die voorval het glo op 25 Augustus buite die Watergat-restaurant in Langebaan plaasgevind.

eNCA berig die vier is aangeraai om nie met die media te praat nie, uit vrees dat dit hul saak kan benadeel. Hulle eis nou onder meer skadevergoeding van R1 miljoen, dat Etzebeth gemeenskapsdiens doen en ʼn woedebestuurskursus ondergaan. Hulle eis ook dat Etzebeth ʼn openbare verskoning aan die bruin gemeenskap maak.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die feit dat die klaers dadelik R1 miljoen eis, maak die saak verdag. Hy sê dit gaan moontlik nie meer oor reg nie, maar oor geld.

“Die MRK is nie veronderstel om populisties te wees nie. Hulle is nie ʼn politieke party wat steun moet werf nie. In die saak het hulle hul objektiwiteit verloor.

“Etzebeth is die afgelope tyd in ʼn boendoehof aangekla, verhoor en skuldig bevind. Die MRK het lustig meegedoen. Solidariteit het die afgelope week ʼn veldtog bekend gemaak teen vals klagtes van rassisme. Die verskynsel om mense vals aan te kla vir eie belang is besig om sistemies te raak en die MRK is bewus daarvan.

“Hulle behoort sensitief daaroor te wees, maar het roekeloos ingestorm. Etzebeth se menswaardigheid en eer moet ook in die proses beskerm word. Die MRK het ook ʼn verantwoordelikheid teenoor Etzebeth. Die SAMRK gaan aandadig wees aan ʼn menseregte-onreg teenoor Etsebeth as hy onskuldig is,” het Hermann gesê.

“Die feite ter tafel tot dusver is baie verdag en geensins oortuigend nie. Etzebeth verdien ʼn behoorlike proses. Ter wille van alle partye moet ordelike prosesse gevolg word. Die klimaat wat nou al geskep is, maak ʼn billike verhoor byna onmoontlik.”

Jan Bosman, voorsitter van die AB, het Vrydag gesê wat ook al op die betrokke aand in Langebaan gebeur het, moet objektief en regverdig beoordeel word. “Indien enige kwetsende taal gebruik is, moet dit met bewyse gestaaf word en die reg sy loop neem,” het Bosman gesê.

“Die kern is egter dat feite objektief en regverdig beoordeel moet word. Dit word al hoe meer duidelik dat Etzebeth die spilpunt van die perfekte storm geword het, aangeblaas deur ʼn klomp individue wat later betrokke geraak het. Van ʼn regverdige en billike hantering deur die MRK is daar nie sprake nie en indien enigiemand dalk nog getwyfel het oor balans en konsekwentheid by die kommissie en optrede binne sy mandaat, moet dié geval enige twyfel uit die weg ruim.”

Die VF Plus het in reaksie gesê die uitlatings van adv. Buang Jones, nasionale hoof van die Menseregtekommissie (MRK) se regsafdeling, Donderdag oor Etzebeth se beweerde gebruik van haatspraak, is uiters voortydig en bevooroordeeld.

Jones het Donderdag tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Langebaan gesê die MRK wil ʼn voorbeeld van Etzebeth maak. “Ons wil aan ander rassiste wys dat die k- of h-woord pynlik en skadelik is en bruin mense verontmenslik.”

“Die MRK is, soos deur Jones ook bevestig, veronderstel om sy werk sonder begunstiging te doen, tog blyk dit Etzebeth is reeds deur die MRK skuldig bevind, voordat hy ʼn geleentheid gekry het om homself te verdedig,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

“Die VF Plus veroordeel alle vorme van rassisme van enige lid van die samelewing. Die MRK toon egter tans duidelik dubbele standaarde deur die Etzebeth-aangeleentheid met die uiterste dringendheid te hanteer. Dít terwyl ander klagtes, soos dié teen die leier van die BLF, Andile Mngxitama, oor sy rassistiese uitsprake en haatspraak, hoegenaamd nie met dieselfde graad van dringendheid hanteer is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Dirk ·

Onderwerp daai 4 aan ñ leunverklikkertoets. Gegrond op die uitslae, maak dan ñ saak. Teen Eben, of teen hulle.

Maria Koudelka ·

Die K en die H woord is verklaar tot haatspraak en rassisme en dis ook reg so maar wanneer voor die B woord ook verklaar tot haatspraak en rassisme sodat Ons almal gelyk behandel word

Abe ·

Dirk,
‘n Leunverklikkertoets is vir geen wettige doeleinde aanvaarbaar nie. Hulle saak sal in ‘n openbare hof getoets moet word.

Jurie Zwiegelaar ·

Die twee instansies waarvan in die berig gepraat word het die verkeerde name.Dit moet wees die “Komissie vir hulp aan swart mense om wit mense te vertrap en wraak te neem op witmense” .En nie “Gelykheidshof”nie maar die “Wraakneemhof”.

JohanR ·

Dirk. Ek sou enigeiemand wat daar was op die aand, of betrokke was, ‘n leun verklikker toets laat doen. Dit sal die enigste manier wees om by die waarheid uit te kom. adv Buang Jones moet ook die toets neem….. en dan gevra word waaneer kom die EFF en BLF voor die SAMRK.

Akademi Buktu ·

MRK – Menseregtekrommissie.
Engels, HRC – Hopelesly Racist Circus

gatiep ·

Dirk die mense is so goed in lieg hulle sal daai leunverklikker bevark.

Wurmpie ·

Hul sal tot vir ń leunverklikker toets lieg as hul geld kan kry

James ·

Wag tot Eben terugkeer – (hopelik na die kwarteindrondtes, ek het geen behoefte meer om die Bokke in die finaal te sien nie) – en laat die reg dan sy gang gaan.

Indien ‘n behoorlike Hof Eben skuldig bevind op aanklagtes van aanranding/rig van ‘n vuurwapen/poging tot moord/haatspraak: Laat hy dan die gevolge dra.

Indien ‘n behoorlike Hof Eben onskuldig bevind, doen ek hiermee ‘n beroep op Eben:

Ry die SAHRC en die 4 klaers vir ELKE PENNIE wat hulle het. Dagvaar vir hulle dat die trane loop, en die Balju elke stukkie wat hulle besit kom opskryf en veiling toe vat.

Le ook kriminele klagtes van crimen injuria en kwaadwillige vervolging teen die hele kaboedel. En, laat ons, nooit ophou protesteer voordat hulle almal 2 jaar tronkstraf kry nie. Effektief – nie opgeskort nie.

Bernard Hellberg ·

Dis soos die Nazi-era se Volksgericht – met die bloeddorstige Roland Freisler aan die spits

leser ·

“‘n man is aangerand en etzebeth was deel daarvan”, ‘n man, nou is daar 4, more is daar 20, wie se etzebeth het iemand geslaan of h…t genoem, dis alles hoorse
etzebeth, ek staan agter jou en weet jy is onskuldig, maar ons het nou hul name, dit maak dit net makliker ………………

Hennie ·

Tot watter ras behoort Adv. Jones van die MRK? Vra maar net. Ek ruik ‘n rot.

JJ ·

Gaan kyk die video op youtube. Luister hoe vloek hulle in die Kaapse taal. Die ma se p en n. En hou aan om Eben se naam te gebruik toe hulle hom erken. Nou lê hulle n klag van haatspraak. Lagwekkend

DC ·

Klagtes oor rassisme is n taktiek om geld wederregtelik te bekom. Slaan dit hok met teeneise en weiering v betaling v boetes. Daar is min sprake v n onafhanklike regbank as rassisme tersprake is en jy wit of n man is. In pragtyk kom dit neer op n tipe regsvergrype. Dis tyd om daarteen weerstand te bied.

JohanR ·

adv Buang Jones is soos ‘n hond wat aan hondsdolheid lei, en boonop tik en dagga rook, en heroïen snuif. Die ou kan net nie stilbly nie. en hy is ‘n bevel van die SAMRK. Hy behoort homself beter te gedra. Is dit nie tyd dat die SAMRK ondersoek word nie, want hulle het net een oog?

James ·

“My Lanie!!!” “MY LANIE”!!” “MYYYYY LAAANNIIE!!!!!!!” – van oorkant die straat.

Haatspraak klag van nou af – ek gaan ‘n video neem – en klagtes indien.

Kom ons kyk wat doen die SAHRC DAN…

Saretha Oberholzer ·

Etsebeth is geviktimiseer en uitgelok . Hy en sy vriende is met gebreekte bottels en messe aangeval.Etsebeth se motor is beskadig. Dit word alles verswyg en net die rassekaart word gespeel!

Albert ·

As ek Eben was, sou ek nie by “joints” uithang waar die riff raff ook is nie. Gaan eerder na eksklusiewe duur plekke toe wat deur 99% van die bevolking nie bekostig kan word nie. So bly onder andere weg van al die franchise eetplekke om mee te begin.

JamesTwee ·

Sover ek weet geniet almal in Suid-Afrika vryheid van beweging. Hy mag gaan gaan uithang waar hy wil, nie waar nie? Sonder om geteiken te word? Langebaan het waarskynlik nie so baie uithangplekke nie. Ook – ek bespeur ‘n tikkie snobisme by jou: Dit lyk my jy argumenteer dat mense met genoeg geld vir hulself apartheid kan “koop”? Hmm?

James ·

As jy wit is, is jy automaties n rassis. Die MRK, twitter en meerderheid in SA klaar so besluit. By werk hou hulle jou dop vir slegs n vreemde kyk en begin dan of jy een is.

Gee op!!!

James ·

Hi James – dis James hier. Die ander een. Ek sal van nou af maar James2 wees – is dit reg so met jou?

Gaitsigubib ·

Gee julle om as ander kommetators net praat van Mr Bond, of verkies julle die geheime kode?

Dick van der Merwe ·

Die rassekaart word gespeel, as die misbruik daarvan bewys word en as ʼn leun uitgewys word moet die klaer beboet word gelyk aan die eis wat ingestel is

Op grond van wat stel ʼn klaer ʼn eis in van R1 m. In so geval moet slegs ʼn boete van toepassing wees en in verband gebring word met ander boetes en strawe.

Ek beleef dit gereeld dat die wit-ras uitgekryt word as wit honde.

humor ·

Die klomp is almal elke dag van hul lewe afhanklik van die sg. Taxpayers en tog skroom hulle nie n oomblik om hulle sover moontlik te benadeel en verder uit te suig nie.

Sarel ·

Die MRK oortree die basiese beginsel van ” onskuldig tot skuldig bewys is. Of geld dit net vir ANC amptenare .Bewyse gaan gefabriseer word om seker te maak hulle wen hulle saak. Sy Regsverteenwoordiger sal baie fyn moet trap. Daar gaan natuurlik ook weer betoog word.

George ·

Ag, noem my wat jy wil vir ‘n lekker bedraggie geld!!!! Jy ken jouself .

Ben Geldenhuis ·

Dit vat darem báíé voor die besef dat die mrk, die gelykheidshof en die anc nog nooit gelykheid as ‘n beginsel aanvaar hetnie,tot ons deurdring. (“lower caps” doelbewus). Aanvaar ongelykheid as ‘n gegewe en werk om of deur dit. Moet nie huil oor die hoop riool in die pad nie – gryp ‘n graaf

KG ·

Omdat Eben bekend is, plaas dit hom ongelukkig in ‘n posisie waar opportuniste hulle kanse gaan vat. Deesdae word die hele rassisme storie uitgebuit en baie mense word valslik daarvan beskuldig. Hierdie hele storie word uit verband geruk en ek glo geld is een van die groot redes.

Johann cb ·

Openbare figure en persone wat finansieel goed daaraan toe is, moet verwag om in die toekoms geteiken te word.

Johan ·

Die klaers sal lieg dat dit klap om die geld te kry. Hulle maak seker al klaar planne wat hulle daarmee gaan doen. Want hulle manipuleer die een-ogige MRK wat te lekker saamspeel….

Anel ·

Die beste wat ons as blankes kan doen, is om, as jy iewers heen gaan in die openbaar, om ‘n lyfkamera te dra. Maak nie saak waarheen jy gaan nie. My opinie.

Freek ·

Ek dink dit is eerder die rif-raf wat oral betree waar hul dan hul nie kan gedra nie. Skoorsoekend en uit hul diepte.

Susan vl ·

Bewys!!
Bewys dat hy rassisties was plus jou aangerand ht. Asb.
Bewys!!!

JohanR ·

Hennie – as jy soek vir adv Buang Jones op die internet, lyk my hy is ‘n swartman. Jy kan hom nie mis loop of kyk nie want die een skouer sleep laer as die ander skouer, want hy het ‘n groot CHIP op daai skouer!

Christa ·

Dis duidelik dat hulle Etzebeth betrek want dan Kan hulle meer geld EIS want dis mos n bekende. Ook duidelik die eisers Wil Sy loopbaan vernietig daarom die ongelukkigheid omrede Hy nie dadelik terug gestuur is van oorsee nie.

Christa ·

Nee die ander se plan is Om witmense so te terroriseer dat nie e’en van ons meer iewers been Wil Gaan nie. Hulle Wil alles oorneem en Wil alleenreg he oral Waar hulle Gaan. Hulle Kan vermaaklikheid vir hulle self skep nie maar is gou Om jou kuierplekke te Kom oorneem.

Peet ·

Wat duidelik is dat die lot hulle aan geen reg steur nie.
Verder is ons lokale hoofstroom media aandadig is en aan ‘n trog vreet fest deelneem – en as daar nie iets is nie dan vervaardig ons dit of warm dit op.
Hoe het me Thunberg gesê – “shame on you”.

Henry ·

Verklaar die MRK en ons howe by die internasionale hof. Dit is duidelik dat die regstelsel korrup is. Kom ons stig ‘n beweging #” MRK must fall” sosiale media is effektief. Geen uitsprake of bevindings van die howe kan aanvaar word nie.

David Potgieter ·

Mense wat uit die Langebaan/Saldanha/Vredenburg driehoek kom weet, dit is net Sammy Claassens wat hieragter sit. ‘n Groot bek en opstoker.

Anneleen ·

Presies! Hoeveel keer het hy al sy werk verloor deur bedrog of leuens? Nou beskryf hy homself as ‘n “leier”. Zuma was ook’ n “leier”.

Wilma Marais ·

Ek dink dit is nou weer n kwessie van die dam onder die eend uitruk! Want hulle mag mos!

A Mac ·

Is die mense bewus daarvan dat daar onder die swartes ook ‘n skeldnaam vir wit mense is? Ons weet dat die k-woord nou die vloekwoord non grata(?) is, maar nou het baie van ons wit mense nie kennis van swart tale nie en kan hulle in hul taal ons enige iets toesnou en ons sal nie eers weet hulle vloek ons nie.

JG ·

Gelukkig is ek tevrede oor wie en wat ek is…ek voel nie geintimideerd oor allerlei naampies en vloek-woorde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.