‘Toenemende mynsterfgevalle wek kommer’

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek gesê hy is bekommerd oor die toenemende mynsterftes in 2017.

Solidariteit het sy meegevoel betuig met die families van die mynwerkers wat onlangs gesterf het in twee afsonderlike voorvalle by Sibanye Gold, asook die families van die ses mynwerkers wat beseer is in twee ander voorvalle.

Adv. Paul Mardon, adjunkhoofsekretaris vir beroepsgesondheid en -veiligheid van die vakbond, sê dié gevalle, wat onderskeidelik by die Rethabile- en Royana-skagte van Sibanye Gold plaasgevind het, verhoog die jaar se mynsterftesyfer tans tot 58.

“Die getal mynsterftes is onaanvaarbaar en dit kan nie so voortgaan nie. Ons is bekommerd dat die algehele mynsterftesyfer in 2017 dalk meer sal wees as in 2016,” het Mardon gesê.

Die vakbond het ʼn beroep gedoen op werkgewers om hernieude pogings aan te wend om verdere stygings in mynsterfgevalle te verhoed. Hy het ook ʼn beroep gedoen op alle rolspelers in die mynboubedryf, onder wie mynwerkers en hul toesighoudende personeel, om “verantwoordelikheid vir hulself én vir mekaar te neem” en om “in ʼn volwasse gees van samewerking en interafhanklikheid” te werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Die feit van die saak is dat ‘n werksplek ondergronds in enige myn,NIE ‘N KANTOOR IS NIE.Ek het self 34 jaar ondergronds in verkeie myne gewerk.Dis duidelik dat bitter min mense daar buite weet WAT ‘n myn is en WAT die omstandighede ondergronds in ‘n myn is.Veral diep myne.Daar het werkers te doen met geweldige hitte EN drukbarste( bekend as bumps ) en ook sterk seismiese gebeurtenisse en jy kan nerens heen vlug nie.

Uncle Buck ·

Kyk maar net wie is aan die leierkorps, van myner af op, en hoe is die dissipline ondergronds. Dit is tog so ‘n jammerte hoe produksie en veiligheid afgaan. Ons het ‘n gesegde in die myn gehad dat produksie en veiligheid loop hand aan hand menende dat as die produksie reg is dan is daar net soveel minder druk op ‘n span.

Chris Ws ·

Uncle Buck jy is 100% reg.Ek maak ‘n voorspelling vandag : die produksie vlakke en veiligheid doelwitte wat in my tyd ondergronds bereik was is geskiedenis.Dit sal NOOIT weer bereik word nie.Dis verby.

Myner ·

Geagte Solidariteit en Advokaat Mardon,Mynsterftes is tragies en traumaties .Dis egter maklik om syfers te gebruik soos in u berig omdat dit dalk erger as laasjaar se syfers kan wees…regtig? Verhoogde syfers teenoor laasjaar maak u bekommerd?Net een sterfte in een jaar moet u bekommerd maak!
Kan u dalk vir ons vertel wat U voorstel in terme van konkrete aksie planne , u gebruik groot woorde soos volwasse gees van samewerking en woorde soos interafhanklikheid en dies meer.Vertel meer asb want dit klink net te maklik om vir n myner dit te se of wat se u regtig …dat sterftes (fatalities) veroorsaak word deur onvolwasse mense wat nie saamwerk en nie interafhanklik werk nie?
Ek neem aan u het nog nie as myner gewerk nie?
Ek hoor graag van u in n gees van volwassenheid en interafhanklikhied en skryf gerus vanuit u lugversorgde kantoor

linda ·

Ons het die afgelope 4jr intelligente sagteware ontwerp en ons is die eerste en enigste in SA wat toerusting het wat vir al die bo-genoemde. Die Ingeneurs het self op die myn gewerk en vroeer jare hulle ambagte daar gedoen. Hulle het al hierdie nalatige, en tekortkomminge gevat en in produkte omgesit, Maar die voormanne is ouskool en wil nie aanpas na nuwe tegnologie nie. Ons word uitgehou hierdeur en kan nie die veiligheid van die myne op standaard help kry nie. Dis frustreerend! Hulle moet kyk na die bestuur en voormanne, die probleem le by hulle wat besluite kan maak.

domnajare ·

Linda: jy se dit le by voorman en bestuur. WERK JY OP N MYN MEVROU????EN JOU PRODUK I SMOS NOU DIE ENIGESTE…kom ek se jou werk al 14 jaar op myn …en kom ek se jou wat is die oorsaak oor die DMR elke dag besoeke doen en dan moet jy nog soveel risk assesments doen en job kaarte dat op die einde id dit nie n mens wat die werk moet doen nie en oor hulle die brein krag om te dink weg vat….so programme en al as jy dom is gaann program jou nie help nie…my oupa het altyd gese : ok in orpa in te al moet jy do…ers dom wees wat soek jy daar …daar was reels en jy het dit toegpas nie papier of slim programme wat vir jou gedink hget nie…NEE DIS OOR ALMAL ALS WIL FIX…EN DIE MEESTE HET TE LUI GEWORD VIR WERK EN DOEN IETS MOS AFRIKA STYLE….
EN DAN DEMAND ONS INCREASE WANT ONS KAN…
my man is voorman het nie veel se oor besluite nie want dit le by die EXCO maar jy sal nie weet nie want jou onkunde spreek boekdele!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.