Toenemende oproepe om ramptoestand op te hef

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Sowat 570 dae nadat die ramptoestand in Suid-Afrika aangekondig is, is daar toenemende druk dat die regering dié toestand finaal ophef sodat mense met hul gewone lewe kan aangaan en die ekonomie ʼn kans kan kry om te herstel.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, asook die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het in afsonderlike pleidooie albei daarop aangedring dat die ramptoestand beëindig word, eerder as wat dit volgende week weer moontlik verleng word.

Winde het pres. Cyril Ramaphosa versoek om voor dít gebeur eers met die provinsiale regerings te vergader sodat hulle die regering se voorgestelde plan om eindelik die ramptoestand te beëindig, onder oë kan kry.

“Hierdie plan is nog nie aan lede van die publiek of provinsiale regerings bekend gemaak nie, ondanks die beduidende uitwerking wat die voortgesette ramptoestand op die land se ekonomie, provinsiale en plaaslike regerings se grondwetlike magte en mense se regte het,” sê Winde.

“Dit is net reg dat lede van die publiek en die sakeondernemings wat gebuk gaan onder die regulasies duidelikheid oor die stand van sake kry.”

Winde het ook ʼn vyf-punt-plan saamgestel wat na sy mening die regte balans tussen lewe en mense se inkomste vind.

In die plan sê hy meer mense moet ingeënt word, terwyl provinsiale en plaaslike regerings stappe doen om meer doeltreffende planne teen die verspreiding van Covid-19 te beraam.

Die regering het verlede naweek reeds sy eerste Vooma-inentingsnaweek van stapel gestuur in ʼn poging om dit makliker te maak vir mense om die entstof te ontvang.

Die IRV het intussen daarop aangedring dat die nasionale Covid-19-bevelsraad saam met die ramptoestand ontbind word en het ʼn petisie daaroor van stapel gestuur.

Volgens die instituut tree die raad as ʼn sogenaamde superwetgewer op wie se besluite mense se regte, soos dit in die handves van menseregte opgeneem is, sonder regverdiging of deursigtigheid beperk.

Dié raad skrap dus die rol van parlementêre toesig en is ʼn nie-demokratiese praktyk.

“Hoewel dit tydelik nodig was dat die raad se sogenaamde aanbevelings die demokratiese prosesse van die land oorheers, kan dit nie vir ewig so aangaan nie,” sê die IRV.

Hy meen soos sake nou staan, kan die bevelsraad tot in lengte van dae bestaan en die regte van Suid-Afrikaners nog vir jare beperk.

“Die raad het geen maatstaf of planne om te ontbind nie en as Covid-19 endemies raak, wat beteken dat dit onbepaald in omloop sal bly, kan die bevelsraad voortgaan om permanent die norme van ons konstitusionele demokrasie te troef.

“Die bevelsraad is bloot ʼn verlenging van die korrupte regering en die vlak van wanadministrasie in Suid-Afrika, daarom moet die ramptoestand finaal beëindig word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Die land kan nie meer onder kopdoek en kie se ramptoestand gebuk gaan nie. Die ramptoestand het niks anders as armoede en skuld tot gevolg gehad nie. Dis tyd dat die provinsiale regerings self die ramptoestand in hul onderskeie provinsies afskaf en besluit hoe die pandemie in die provinsie bestuur moet word.

Jaco ·

IRV, Wes-Kaapse regering: dis net wit mense wat kla. Ramaphosa gaan eenvoudig sê “julle is wit rassiste. Julle verdien om met inperking verder vir apartheid gestraf te word”. Al wat gaan help om inperking te stop, is as ramaphosa se eie “our people” in baie groot getalle teen inperking in opstand kom.

Barney ·

Simpel Cyril kon nie eers ń masker op sy gesig sit nie na hy gelieg het oor drank en die sigaret verbod. Mandela draai in sy graf om. Kyk hoe slaan die vlak 5 in na die verkiessing en kyk hoe draai die deuntjies wanneer jy nie ń Sassa grant kan kry sonder ń inentings sertifikaat nie. Die land gaan voor 2022 afbrand. Hoor my lied.

Jenny ·

Hierdie hele situasie van Covid is so oordryf. Met die Hong Kong griep destyds in 70ger jare was die sterfte syfer ook erg, ons het nie toe maskers gedra nie, ons was nie ingeënt nie. Ek onthou nog hoe leeg die klaskamers was van al die siek kinders asook onderwysers wat siek was.
Ek voel hierdie is ‘n hele klug storie.

SlinkseKoljander ·

Die dwaas stuur hom nie aan wat wit mense voorstel nie, hy en sy maatjies maak nog lekker geld so alles is goed. Ons sal vlak drie weer sien oor twee maande.

Swerwer ·

Dit is in elk geval net gehoorsame, opgevoede landsburgers wat die rëels nakom. Die ander het verlede jaar al die toestand sommer self opgehef en het absoluut niks oorgekom nie.

Alleen Wolf ·

Ramapara en kopdoek sal dit nooit ophef nie, dan verloor hulle mag en daar is hoeka ‘n 4 de golf oppad, dan kan hulle nie jou vakansie in Desember beduiwel en die toerisme industrie nog verder vernietig nie.

KB ·

Daar is baie meer van daai VW-modelle op die pad.
Vierde Golf???

dr. Petronella ·

Die IRV slaan die spyker op die kop!! Ramaphosa en sy tannie kopdoek wil nie hul mag verloor nie!! As dit nie nou stopgesit word nie, gaan dit tot in ewigheid duur; totdat niks v Suid-Afrika oorbly nie!

JohanR ·

Hello Cyril. Ek het die riool wat jy elke Maandag praat gemis hierdie week!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.