Toergids val in Drakensberg; bring nag op berg deur

Die man is per helikopter na die hospitaal geneem (Foto: ER24)

ʼn 28-jarige toergids is Woensdag per helikopter na die hospitaal geneem nadat hy Dinsdagmiddag ʼn knie- en enkelbesering in die Drakensberge opgedoen het en gevolglik die hele Dinsdagnag op die berg moes deurbring.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die man het glo naby die Fangspas, tussen die Royal Natal Nasionale Park en Cathedral-piek, geval en kon nie daarin slaag om hulp te ontbied nie. Hy was volgens Siddall vermoedelik alleen op ʼn staproete.

Nooddienste is Woensdagoggend na die toneel ontbied waarna die man na die Ladysmith- provinsiale hospitaal vervoer is.

Siddall kon by navraag van Maroela Media nié met sekerheid sê of ʼn stapper die man aangetref het en of ʼn helikopter weens weerstoestande en die ruie gebied die man eers Woensdagoggend kon red nie.

Sy kon wel bevestig dat ʼn vrywilliger-paramedikus nooddienste bygestaan het om die man te behandel en na die hospitaal te vervoer.

Meer inligting oor die voorval is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

TS ·

Les nommer 1. Jy stap nooit alleen nie. Enige stapper met verstand behoort dit te weet. Jou eie lewe is belangrik.

Stem saam ·

Stem saam. Sou jy dit doen sal jy ander verwittig van ook jou roete en geraamde tyd van terugkoms.
Die Drakensberg is gevaarlik en merendeels ‘n wildernisroete. Liefs behoort ten minste 4 te stap sodat een by die beseerde kan bly terwyl TWEE kan gaan hulp soek.
Lees die boek van Aron Ralston ‘Between a Rock and a Hard Place’ waar hy sy arm self moes amputeer om sy lewe te red. As ek reg onthou was dit na ‘n week wat ‘n rots sy arm vasgepen het en hy die verrotting van die arm begin ruik het. Dis nie speletjies om teëspoed op te tel want dit kan jou lewe kos. Bly ook saam in ‘n groep sodat indien julle verdwaal julle nog steeds saam is. Moenie slim raak en alleen ‘n koers inslaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.