Toergroep in Khayelitsha beroof

(Argieffoto)

Die Wes-Kaapse polisie het beveel dat sy 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel word ná 11 toeriste Vrydag in Khayelitsha beroof is.

“Die groep het ʼn tuinbouprojek besoek toe hulle gedreig en van hul kameras, selfone en beursies beroof is,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

“Hulle was in die gebied saam met ʼn plaaslike toergids toe vyf gewapende mans die perseel van die skool wat hulle besoek het, binnegekom het. Die verdagtes, wat glimbaadjies aangehad het, het die groep in hul voertuig ingedwing en beroof.”

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Speurders het die toeriste later in hul hotel besoek en daar verklarings afgeneem. Beradingsdienste is ook vir hulle aangebied.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Lollie ·

Kry vir julle! Ons wat hier bly kla hieroor dan dink julle oor ons wit is ons vererger alles.
Eerstehandse ondervinding bly maar die beste. Glo seker maar aan sien is glo.

Michael P ·

Wat gaan soek hulle daar dit is selfmoord om daar in te gaan ons het juis al ons projekte daar gestaak.net nie meer veilig nie.Hulle kan bly wees hulle is net beroof en nie vermoor nie.

Sokrates ·

Dit lyk my, in SA, is die verskil tussen n Toeris en ‘n Rassis, net drie dae.

Kobus ·

Toergids moet maar verantwoordelikheid aanvaar. Weet mos hoe dit in hierdie land gaan. Wie het onligting uitgelek oor die program van die Toergroep

Kol ·

Watse toer maatskappy laat mense toe daar as hulle weet hoe gevaarlik dit is??? Geld praat te veel!

Willehond ·

Welkom in sogenaamde suid afrika! Geniet die ondervinding en vertel julle tjommies by die huis hoe n mooi land hierdie was!

Hanna Hoekom ·

Dit gaan altyd my verstand te bowe: hoekom gaan toeriste in hierdie gevaarlike areas in? Die hele SA is danksy misdaad omtrent n oorlogsone. Ek het tot onlangs in die buiteland gewerk en dit my plig teenoor voornemende besoekers aan SA gemaak om hulle af te raai om die land te besoek. Hul veiligheid kan nie gewaarborg word nie. Maar sommige toeriste blyk bloot naief te wees! Hoop hul vertel van hul ervaring aan hul eie landsgenote sodra hul tuis kom. SA is n bleddie hool. Feite.

pan ·

Dit is nou n voorbeeld van Ramaposa wat sy neus in die VSA se sake wil steek maar sy eie piesang republiek is besig om tot niet te gaan ,die eerste wêreld lande behoort sy burgers te waarsku teen die kriminele anargie wat hier heers.

jaco ·

as jy vir hulle sê bly weg uit sulke plekke, is hulle vinnig om te sê jy is rassisties en dat jy nog steeds die apartheid in jou het
As die ryk wit lande vanwaar hierdie toeriste vandaan kom, ook net minder ekonomiese sanksies teen die ou SA ingstel het, het dinge ook beter gegaan.
The very people they wanted to “help”, suffered the most. En die nalatenskap is maar nog steeds vandag daar

m ·

Ja en ek hoop daai anti-apartheid song “viva mandela” bler in daai toeriste se agterkoppe!! Laat dit vir hulle ‘n les wees, “moenie goed ondersteun waarvan jy niks weet nie”

Lolla ·

Ek en my man het via gps per ongeluk daar geland, ons is vinniger daar uit as in. In my lewe was ek nog nooit so bang of angstig nie. Hoewel daar baie weermag voertuie was het ek nie n enkele soldaat gesien nie! Dit was September 2019. Nee wat, bly weg, moenie vir nonsens soek nie. Die rooi bus in Kaapstad stop ook in Houtbaai by n “settlement” en dan klim toeriste af en stap daardeur saam met n gids. Nee wat, so braaf is ek nie

Patch ·

Buitelandse toeriste… Wat wil hulle in townships gaan kyk? Tuine kan jy oral in SA sien. Gaan my verstand te bowe dat toergidse dit nog enigsins oorweeg om toeriste in townships in te vat. Die toeriste kan bly wees hulle is net van selfone, beursies en kameras beroof en het nie met hul lewens geboet nie.

skurweberg ·

‘n Realiteit: Ons boet gelukkig nie alleen vir transformasie nie. Oor 5 jaar is Suid-Afrika een minder bestemming vir die toeriste.

Planning ·

Tuine in Townships is ‘n goeie ding. Maar julle do-goodertjies wat dit gaan besoek moet maar oorweeg om ‘n pistool aan jou belt te sit, reg daar langs die pouch wat die ekstra batterye vir die kamera hou okay.

A Mac ·

Julle het seker gedink daar is sterkte in getalle en die stories geglo van hoe veilig dit in ons land is. Alle toeriste, plaaslik en van oorsee, neem maar ‘n blaadjie uit ons boekie – Suid Afrika is nie die Utopia wat die mense dit voor uitmaak nie.

Izet ·

Ja so wat soek hulle daar? Praat ons net oor ons rassisties is as ons se munie in daai gebiede ingaan al het jy n begeleide toergids. Dit hey niks met rassisme of kleur te doen, feite aan die einde vd dag. Crime kraai koning. Hou.vas julle broeke, its the wild west out there. Kry maar vir julle, ouma hou van koekbak

Wielspore ·

Kom besoek my tuin in die Laeveld, toegang is 30 Amerikaanse Dollar per persoon. Ek het self die tuin gemaak, plante geplant. Gratis is koffie of tee onder die koelte boom waar jy kan luister na die sang van die voëls.

André André ·

Of die mense kan die watervalle in Die Laeveld besoek en daar verdring word deur ‘n magdom smouse met hul stalletjies ware wat hulle uitstal dat die natuurskoon mens verlore gaan. Ook God’s Window. En natuurlik is daar oral boomhekke waar mens toegangsgeld moet betaal.

André André ·

Wiele, oral word die geleentheid aangegryp om geld te maak, so droewig gaan dit met die ekonomie in die land, party is baie vindingryk, selfs as mens in die natuur wil water afslaan, moet jy nie verbaas wees as daar ‘n kollekteblikkie aan ‘n boom hang nie.

Muffin ·

Sal graag wil weet watse ras is die toergids. Ek glo die besoek was vooraf met die skool gereel en iemand het uit gepraat en die roof was ordentlik beplan.

Swannie ·

Hulle volg net prins Harry se voorbeeld na. Hy is mos ook so lief vir townships.

Zumie ·

Ek sien deesdae is die staat se enigste antwoord om beradingsdienste aan te bied – dit is seker te verstane in die lig dat hulle nie die probleem kan aanspreek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.