Toeris aangeval, beroof, 9 keer gesteek

Argieffoto

ʼn 39-jarige Egiptiese toeris wat met vakansie in Suid-Afrika was sterk aan in ʼn Wes-Kaapse hospitaal nadat hy aangeval, beroof en nege keer met ʼn mes gesteek is terwyl hy op die strand gestap het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die voorval het by die Noordhoekstrand suid van Kaapstad gebeur.

“NSRI-paramedici het die man behandel vir steekwonde aan sy bors en kop. Hoewel sy toestand ernstig is, is hy gestabiliseer en toe na ʼn hospitaal vervoer,” het hy gesê.

Ian Klopper, stasiebevelvoerder van die Kommetjie-polisie, sê die man is tans in ʼn stabiele toestand. “Ons was bang dat een van die steekwonde sy long beskadig het wat kan veroorsaak dat dit platval.”

Klopper sê die man se beursie, dokumente en sleutels vir ʼn huurmotor is by hom gesteel.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Worsie ·

Nouja toe, welkom in SA my vriend, hoop jy geniet jou vakansie hier, en gaan vertel vir al jou familie en vriende watse wonderlike tyd jy hier in ons mooi land gehad het. Onthou om nog by so paar wynplase ‘n draai te maak asook al die mooi strande te beloop en die mooi Afrika son sien sak….

Mauritz ·

Wanneer gaan die mense leer om uit SA te bly. Ek waarsku mense orals waar ek kom om weg, ver weg te bly van daai land af.

Johann Marx ·

Mauritz, ek doen net die teenoorgestelde….ek NOOI mense uit na die nuwe Suid Afrika toe…..soveel as wat ek kan……en dan gaan wys ek hulle die dele wat NIE op die toerisme agentskap se pamflet verskyn nie!!! Dan klap die tonge lekker….

Lollie ·

Ons as gebore SA burgers vrees elke dag vir ons lewens. Moenie dink jy as toeris gaan dit vryspring nie. Bly liewer in jou eie land want jy ken die gevare daar. As jy moeg is vir die lewe : kom kuier in SA!

Mauritz ·

@JohannMarx, gaan nie oor waarnatoe hul was om te besoek nie, ek waarsku almal om weg te bly en eerder n ander land te besoek as hulle wil travel, die wêreld is groot, so moenie jou tyd en geld mors op SA nie, jy gaan moontlik nie lewend daar uitkom.

Hiehaa ·

O ek het nou lekker gelag vir die kommentare hier bo. Dis werklik snaaks. Presies wat ek ook dink. Wat op aarde sal ‘n normale regdenkende mens uit eie vrye wil besiel om hierdie land te besoek, tensy hulle met misleidende reklame in ‘n ding gelok is.

PJC ·

Die hele omgewing daar is gevaarlik as gevolg van die plakkerskamp wat tussen Noordhoek en Kommetjie ontstaan het maar hoe is buitelanders veronderstel om dit te weet as niemand hulle daarop attent maak nie.

Theresa B ·

Welkom in SA. Dis wat ons elke liewe dag van ons lewens moet trotseer. Hoop almal oorsee sien die wetteloosheid in hierdie land.

Chris Ws ·

SA se toerisme bedryf KON baie werk verskaf het en KON baie geld die land laat inkom het.Dit KON ‘n reuse impak op die ekonomie gehad het.Maar ongelukkig val die’ bedryf uit die bus uit direk as gevolg van misdadigers wat ongehinderd toeriste aanval en beroof.Ons vriende in Australie weier botweg om hulle voete hier te sit en se reguit ”dis te gevaarlik in SA” en spandeer vakansies elders.
Dis duidelik die anc regering het nie ‘n clue wat die toerisme bedryf vir die land KAN beteken nie.

Avril ·

@ChrisWs, Ek en my man is nou so 9jaar al uit SA, en ons sê presies dieselfde, ons laat familie eerder by ons kom kuier of ons kry mekaar by n ander plek, om vlugte te verkort ook (ons is in NZ) Sal nie my voete daar sit nie, en beveel so ook vir almal aan.

Marianne ·

Die wisselkoers maak S.A. ‘n goedkoop wegbreuk….
Leer die toeriste, goedkoop Koop is duur Koop.
Ek sal nie nou in Afganistan of Noord Korea gaan kuier nie, dus bly ek ook weg uit dele van ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.