Toeris beseer ná hy van balkon spring

‘n Skermskoot uit ‘n video van die toneel. (Video: Netcare 911)

ʼn Buitelandse toeris moes Vrydagaand na ʼn hospitaal geneem word nadat hy vanaf die tweede verdieping van ʼn gebou in Umhlanga Rocks, noord van Durban, gespring het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is vroegaand na ʼn bekende restaurant in die gebied ontbied omdat daar glo ʼn brand by die gebou uitgebreek het.

Volgens Herbst het ooggetuies egter by hul aankoms op die toneel gesê daar was glo ʼn gaslekkasie in die gebou, wat daartoe gelei het dat die sprinkelstelsel afgegaan en pandemonium in die restaurant ontstaan het. “’n 33-jarige buitelandse toeris het in die harwar van die tweedeverdieping-balkon gespring,” sê Herbst.

Die man het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hy per ambulans na ʼn hospitaal geneem is.

“Die omstandighede van die gaslekkasie word deur die Durban-Noord SAPD ondersoek wat op die toneel was,” sê Herbst.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dán ·

Sprinkelaars aktiveer met hitte. Nie deur gas nie. Die gas lek, veroorsaak ‘n brand. Die brand gee hitte af. Die hitte aktiveer die sprinkelaar kop.
Die sprinkelaar kop se aktiverings temperatuur in die okkupasie is 68 Celsius.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.