Toeris dood toe krokodil opblaasbootjie aanval

Argieffoto (Miniformat65, Pixabay)

ʼn 90-jarige manlike toeris is Sondag dood in ʼn nasionale park in Zimbabwe toe ʼn krokodil die opblaasboot waarin hy was aangeval het.

Die Matobo- nasionale park, in die suidwestelike dele van Zimbabwe, se bestuur het gesê die man se vrou wat saam met hom op die boot was is ook ernstig beseer.

The Herald het die twee as John Bowman en Rosemary Mitchell geïdentifiseer.

Die paartjie het glo die Mpopoma-dam in ʼn opblaasbootjie verken toe die voorval plaasgevind het.

Volgens Tinashe Farawo, woordvoerder vir die park, is dit onwettig juis omdat dié bootjies geneig is om aangeval te word.

Farawo het gesê die park raai mense af om opgeblaasde bote te gebruik in omgewings waar daar baie krokodille is. Volgens hom is daar kennisgewings daaroor rondom die park opgesit.

Volgens Farawo is sowat 23 mense in 2017 in Zimbabwe deur krokodille doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PJC ·

Ek dink nie dit was baie slim van hierdie ou nie. Ongelukkig het hierdie toeriste geen idee van hoe gevaarlik Afrika se diere is nie en dikwels met tragiese gevolge.

Dries ·

Baie toeriste, veral die van oorsee, besef net nie hoe lewensgevaarlik Afrika se wilde diere is nie, ‘n krokodil is nie ‘n mens se speelmaat nie.

cs ·

Ek klim nie eers op ‘n opblaas bootjie in ‘n dam sonder krokodille nie. Shame dis baie erg om op 90 so aan die einde van jou lewe te kom

Johann ·

Stephen, Jou kommentaar bewys dat jy baie min van Amerikaners weet!

petrus du toit ·

Nee regtig…90 jaar in n opblaasbootjie saam met krokodille…nie baie verantwoordelik nie….laat mens wonder hoe hy in die eerste plek toegang tot die dam gekry het….tragies.

Hans ·

Ai tog. Wanneer gaan die mense leer dat die natuur nie jou maatjie is nie. Dit is ook nie n speelpark nie. Tog jy kan net so seer kry in n speelpark. Maar nie teen teg syde, feit bly die mensdom moet dink wat hulle, die natuur is baie mooi en wonderlik in hul natuurlike form sonder heinnings en versperrings wat die mooiheid wegvat. Tong in die kies, moet die plek ook nou gesluuit word of om hein word?

Frikkie Geld en huis ·

Het die krok hom doodgebyt, of het hy verdrink nadat die krok sy rubberboot beskadig het??

Niklaas ·

Tragiese nuus. Dis verbasend dat die ou kerel blykbaar glad nie bewus was van krokodille in die meer nie. Daar is mos altyd pamflette en ander tekens in die ontvangs kantoor of naby die water en ook waar jy bote kan huur , om mens te waarsku. Dis ‘n aaklige dood en sy laaste oomblikke was seker verskriklik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.