
Die minisbusbestuurder kon glo nie die kameelperd vermy nie en het met die dier gebots. (Foto: SANparke)
ʼn Switserse toeris is ernstig beseer en per helikopter vir verdere mediese behandeling na ʼn hospitaal geneem, nadat ʼn kameelperd tydens ʼn botsing in die Krugerwildtuin naby die Mopani-ruskamp op sy voertuig beland het.
Luidens ʼn verklaring van SANParke was ʼn minibus met 13 dagbesoekers op pad na Letaba, toe die kameelperd glo voor die voertuig ingeloop het.
Die minibus se bestuurder kon glo nie ʼn botsing met die dier verhoed nie en die kameelperd het op ʼn gehuurde safarivoertuig te lande gekom.

‘n Switserse toeris is ernstig beseer toe ‘n kameelperd in die Krugerwildtuin na ‘n ongeluk op sy voertuig beland het. (Foto: SANparke)
“Die bestuurder, ʼn Switserse burger, is ernstig beseer. Sy passasier het geringe beserings opgedoen,” het SANParke gesê.
Die persoon was op die toneel by sy bewussyn en is in ʼn bestendige toestand.
“Die polisie sal die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, ondersoek. SANParke waarsku besoekers aan die Krugerwildtuin steeds om by die spoedbeperking te hou en versigtig op die paaie te wees.”
Twee van die insittendes in die minibus is na ʼn hospitaal vir waarneming geneem.

Die kameelperd het op die voertuig te lande gekom. (Foto: SANparke)
SANParke het nie verdere inligting oor die kameelperd verstrek nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
84 Kommentare
Gee asseblief vir ons nog inligting mbt die storie. Is die dier vankant gemaak agv beserings?
Hoe vinnig het hulle gekry??????
Hoe vinnig het hulle gery?????
die kameelperd loop in die pad, :; kom ons jaag hom/haar :; en wat gebeur ? ieder en elk weet
Hulle het verseker te vinnig gery! Het al baie in die wildtuin gesien hoe sulke voertuie en van die park se eie werknemers glad nie by die spoedgrens hou nie.