Toeris ernstig beseer toe kameelperd in wildtuin op voertuig beland

Die minisbusbestuurder kon glo nie die kameelperd vermy nie en het met die dier gebots. (Foto: SANparke)

ʼn Switserse toeris is ernstig beseer en per helikopter vir verdere mediese behandeling na ʼn hospitaal geneem, nadat ʼn kameelperd tydens ʼn botsing in die Krugerwildtuin naby die Mopani-ruskamp op sy voertuig beland het.

Luidens ʼn verklaring van SANParke was ʼn minibus met 13 dagbesoekers op pad na Letaba, toe die kameelperd glo voor die voertuig ingeloop het.

Die minibus se bestuurder kon glo nie ʼn botsing met die dier verhoed nie en die kameelperd het op ʼn gehuurde safarivoertuig te lande gekom.

‘n Switserse toeris is ernstig beseer toe ‘n kameelperd in die Krugerwildtuin na ‘n ongeluk op sy voertuig beland het. (Foto: SANparke)

“Die bestuurder, ʼn Switserse burger, is ernstig beseer. Sy passasier het geringe beserings opgedoen,” het SANParke gesê.

Die persoon was op die toneel by sy bewussyn en is in ʼn bestendige toestand.

“Die polisie sal die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, ondersoek. SANParke waarsku besoekers aan die Krugerwildtuin steeds om by die spoedbeperking te hou en versigtig op die paaie te wees.”

Twee van die insittendes in die minibus is na ʼn hospitaal vir waarneming geneem.

Die kameelperd het op die voertuig te lande gekom. (Foto: SANparke)

SANParke het nie verdere inligting oor die kameelperd verstrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Inligting ·

Gee asseblief vir ons nog inligting mbt die storie. Is die dier vankant gemaak agv beserings?

Kameeltje ·

Ek stel meer belang wat het met die arme kameelperd gebeur!!!!

Anne ·

Minibus. Sal moet gaan opslaan oor die tiepe minibus. Ek hoop die kameelperd het dit oorleef. Watse spoed het die bus gery. Ek weet nie. Nog minder verstaan ek dit.

Hanno ·

Ek het die kameelperd self gesien lê langd sie toneel, dood.

Siestog ·

Volgens Hanno het hy die kameelperd dood langs voertuig gesien. As dit so wel is maak my dit so siek en sat dat diere sterf agv mense se onnoselheid. Die wêreld is overpopulated met meestal dom mense wat nie flenter omgee oor die natuur. Sal eerder mense sien suffer as diere. As die land nie agter die diere wil kyk nie of respek toon maak al die plekke toe en verhoed dat diere ly. Wat doen taxis anyway in die wildtuin. Hou hulle vir Rosebank of die N1/N2 waar hulle kan aanjaag. Rus in vrede arme kameelperd! Ek hoop nie jy het gesuffer nie. Vir daai mense wat sê ons maak te veel van n dier se dood kry jouself n siel. As julle dink onskuldige diere se dood “maak te veel daarvan” is daar min hoop vir julle. Die lewe maak te veel van julle!

Ronel ·

Hy is opslag dood volgens die Sanparks se webblad of Facebook.

Hendrik van George ·

“13 Dag Besoekers” – ha ha…..klomp lawaaierige insittendes in n taxi wat teen n hoë spoed deur die wildtuin jaag….

leser ·

die kameelperd loop in die pad, :; kom ons jaag hom/haar :; en wat gebeur ? ieder en elk weet

Ekke ·

Ons hoef nie te vra teen watse spoed die Taxi gery het nie. Kyk hoe lyk die ding se dak…n Kameelperd wat langs die pad loop kan nie soveel skade doen nie. Wat het geword van die arme ding…moes seker weer van kant gemaak word omdat hy n gevaar vir die mense was….vra maar net…

Frans ·

Hulle het verseker te vinnig gery! Het al baie in die wildtuin gesien hoe sulke voertuie en van die park se eie werknemers glad nie by die spoedgrens hou nie.

Langtoon ·

Kyk mooi, die arme dier lê langs die pad lyk klaar dood!
Absoluut vervolgbaar, wat soek hul in die Park as dit die tragiese ge
volge van hul besoeke is!
Wie gaan mediese koste van Switser betaal?

Spikkels ·

Die Taxi het defnitief nie by die spoed gehou nie wou net jaag om by su bestemming te kom en ook nie op die uitkyk gewees vir wild langs die pad nie . Want dan sou hy nie die kameelperd raak gery het nie. Hoop hul sluit hom toe en verbied hom om ooit weer in die wildtuin te wees / te ry met sy taxi

Dis Nou ·

Kameelperd loop voor minibus taxi in. Twak man, hy’t weer gejaag, soos gewoonlik – geen respek.

Wielspore ·

Die kameelperd is in Nelspruit Medi Kliniek opgeneem en is ‘n algemene saal. Hy word behandel vir kneusplekke aan sy linker been en harsing skudding. Slegs familie word by die pasient toeglaat. Die kameelperd het nie ‘n mediese fonds en skenkings kan direk aan die Kameelperd fonds oorbetaal word. Gaan moontlik Woensdag ontslaan word en vrygelaat word in die Suide van KNP.
Wys vir my ‘n dier wat soveel skade aan twee voertuie veroorsaak en nog leef.

Jan Hugo ·

Op die fotos is duidelik dat die area nie dig bebos is nie en dat die kameelperd baie sigbaar moes wees ,hoe ry jy n kameelperd van 4 meter lank raak anders as wat jy teen n hoë spoed gery het. Laat hom bepaal vir die dier en die opruimingskostes !

Ig ·

Vat hulle vir oogtoetse, hoe kan jy nie n kameelperd raaksien nie?? Dit lyk asof die ongeluk in daglig en mooiweer plaasgevind het??????

George ·

Soms dink ek die 50 KMph is te vinnig op teerpaaie. Veral as n dier agter n bos skielik uitkom en jy nie kan uitswaai nie. Die mense stop doodstil in om fotos te neem dan is daar nie kans om uit te swaai, veral die jaagduiwels wat toeriste vervoer in bussies en ook insluitende die safari bakkies wat sy span toeriste by die leeus in die anderkant van die park probeer uitkry nie. Ons gaan gereeld wiltuin toe en sien baie hoe so n ongeluk amper gebeur.

MCS ·

Ja nee, ‘n taxi! Say no more! Dis ‘n grap ons almal weer presies wat gebeur het, hy het bestuur soos wat hul maar gewoond is om te doen.

Bucco ·

Kameelperd is op SANparke se FB blad te sien langs die pad. Hy is dood.

Marietjie ·

Alweer n taxi. Verseker nie by die spoedgrens gehou nie. So ken ons hulle. Arme Kameelperd.

Karlahari ·

Te oordeel aan die rem merke links agter die taxi het die bestuurder definitief nie by die spoed grens gehou nie.
Maksimum straf asseblief. Roekelose en nalatige bestuur. Alkohol?

Jaco ·

Lizette Scholtz ACCIDENT KRUGER NATIONAL PARK

On the 10th of November 2019 @ 11h00 CPF MEDICAL received a call from Mopanie Camp about a accident about 10km north of Mopanie Camp towards Singwedzi Camp.

I immediately contacted the relevant services and responded.

On my arrival I found a severely injured adult male from Switserland, his wife with minor injuries and two minor injured persons from a Quantum
We treated the injured Male on the scene and stabilized him prior to his transport to Marula Med in Phalaborwa.
Marula Med (015 781 0340) stabilized him before he was airlifted by a Helicopter to Nelspruit. His minor injured wife was taken to Nelspruit in a TEMS Ambulance.
Basic information. The tourists was travelling from Mopanie Camp in a direction of Singwedzi Camp. A Quantum was travelling from Sinwedzi towards Mopani Camp. The Quantum then collided with a young giraffe. The carcass was flung from the Quantum on top of the tourists rental vehicle.

SAPS are investigating

We hope and pray for a speedy recovery to the injured persons

Million thanks to all who assisted on the scene with patient care

Knp staff
TEMS Ambulance service
Redimed Ambulance Service

RHG ·

Dankie vir die volledige inligting. Ek het gewonder of die taxi die ander voertuig verby gegaan het dat hulle so naby aan mekaar was. Nou verstaan mens die situasie beter.
Arme toeriste se vakansie in Suid-Afrika is op ‘n einde. Hoop hy herstel gou.

Alwyna ·

Spoedgrens? Verseker dit geïgnoreer. Arme kameelperd. Hoop ander toeriste sal lig werp op saak

Carel ·

Ek het al op verskeie geleenthede gesien hoe taxis en swaar belaaide bakkies oppad na Mosambiek die spoedgrense heeltemal ignoreer. Hulle ry deur areas waar daar groepe voertuie staan en kyk na diere, aangesien hulle binne ñ sekere tyd by die hek moet wees. Op een so ñ gellentheid was ons besig om na ñ groot slang te kyk wat besig was om oor die pad te seil, toe een van daai oorbelaaide bakkies eenvoudig om die voertuie ry, doe slang in die pad doodry en doodluiters aangaan op sy roete!

MJ Kroezen ·

hulle kan se wat hulle wil maar voertuie kan net so lyk deur SPOED die wildtuin behoord aan die diere . Wildtui werkers en aflewerings voertuie ignnoreer die spoedgrens

humor ·

Lees ek dan verkeerd :” die bestuurder, n Switserse burger is ernstig beseer”. So dit is nie een van ons knap verantwoordelike wetsgehoosame bussiebestuurders wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Henk ·

As gereelde besoeker kan ek uit ondervinding se dat die taxis, sanpark voertuie en aflewerings voertuie geen spoedperke handhaaf nie en is hulle onaantasbaar!!

Sannie ·

Lees weer die berig….. Die taxi het teen die kameelperd gebots en die kameelperd is sekerlik geslinger weens die impak en het op die gehuurde motor van die toeris te lande gekom. Ongelukkig beteken dit dat daardie taxi teen ‘n geweldige spoed moes ry as die dier op ‘n ander voertuig te lande gekom het. ????????????

Karolis ·

Jammer om jou mee te deel, jy lees verkeerd.
Die Switser was die bestuurder van die gehuurde safarivoertuig.

Kokketiel ·

Buitelanders is baie keer die varke in die wildtuin, het dit al baie gesien

Uilspieel ·

Ag lees asb weer! Di taxi het di kameelperd getref (met ń spoed) en toe slinger di kameelperd tot bo op ń gehuurde safari voertuig wat bestuur is deur ń switserse toeris . Ai

RHG ·

Lees weer, humor. Die kameelperd het op die Switser se voertuig, wat hy bestuur het, geval nadat die taxi die dier getref het.
Elke voertuig het ‘n bestuurder né.

Foxi ·

Ons het self gesien HOE die mense daar ry. En ook hoe daar gedrink word en ook hoe die bottels en vuilis by die vensters uitgegooi word! So, dis SPOED en DRANK op die wildtuin se paaie.

Hhhmmmm ·

Ons kuier baie in die wildtuin. Die speod wat die taxi’s daar ry is ongehoord. Hulle gaan ook nie na die kampe nie hulle gebruik die wildtuin vir n deurpad . Hulle verontagsaam die reels wat hulle word mos van als vrygestel. Al hoekom daar n storie is op die een is omdat dit nou n buitelander betrek.

Stephanus ·

Ek het al baie taxis in die wildtuin gekry wat jaag, so ek sal nie verbaas wees as dit wel die geval is nie!!

Martie ·

Is die arme kameelperd OK?
Duidelik het die bestuurder te vinnig gery en nie omgegee of hy die spoedgrens oorskry en diere kan beseer nie

M'Lady ·

“Dagbesoekers”? Wat n grap. Taxis gebruik die wildtuin paaie as kortpad om gouer by hulle bestemmings te kom. Verbied alle taxis in KNP.

Griet ·

Ons is tans in ‘n wildtuin. Die personeel, minibusse en ouer mans ry die vinnigste!

Niklaas ·

Ek was n week gelede in KNP. 4 Dae. Elke dag was daar persone , moontlik werkers van Parkeraad wat liederlik jaag. Spoed wat maklik 80 km/u oorskry. Spoedgrens is 50. Daar is geen beheer oor spoedvrate en jaagduiwels. Geen kans dat hul ooit gestraf sal word nie. Natuurlik lag die menere vir jou as jy beduiwe dat hy moet stadiger ry . Ek het probeer en maar gestaak .Jy word geïgnoreer.Dit blyk dat daar is ongelukkig nie enige oplossing vir die ongelukke en doodry van diere nie. Ons het naby Skukuza voertuie gesien geparkeer langs die pad by n dooie rooibok ooi (moontlik dragtig) en n bek-bloeinde ram wat eenkant staan . Duidelik raakgery en seker weens spoed. Daar was gelukkig genoeg motoriste as getuies vir vervolging. Nie mooi om te aanskou.

Andrea ·

@Steganie
Nie nodig om daar te wees nie, baie mense kan twee en twee bymekaar tel en dan vier kry.

Ilse ·

Was vdag is Kruger en op plekke erger as Jhb verkeer mense raak ongeduldig ander weer selfsugtig en beweeg nie om almal kans te gee om diere te besigtig oor die algemeen ht almal spoed gehou om so groot dier raak te ry se vir my spoed!

m ·

Definatief te vinnig gery, spoedgrens op die teerpaaie is 50km/h, as ek teen daai spoed in my garagedeur vasry sal my kar defenitief nie so beskadig wees soos daai taxi nie!!

Penellope Jones ·

Daar is twee verskillende foto’s van twee verskillende voertuie.

Dit wil voorkom asof die taxi die arme dier getref het en die kameelperd toe op die ander voertuig beland het. . .?

George in Bloem ·

Ek hoop die beseerdes is ok. Is ek genooi vir die kameelperd nekpotjie? Daar’s seker plek vir baie gaste?

Manie van Worcester ·

Waar dagbesoekers toegelaat word is wanorde enprobleme. arme dier en toeris wat ly onder dagbesoekers se roekeloosheid

Hardus ·

Di betrokke minibus het beslis ni 50 km/h gery nie,eerder 100km/h,daar is ni baie dig beboste dele mopani toe ni en kameel perd ook di di groote van ‘n ‘n rooibok nie,spoed en ingeleģte verversings was ook betrokke,daar is geen verkeer beamptes na mopanie toe nie,sanparke kef net in die wind as hul mense waarsku om by spoedgrens te hou.het altyd gedurende des gaan braai in wildtuin (16 des) maar ni meer ,te veel minibuse met reeds dronk insittendes en harde musiek

Sonja ·

Ek het gisteraand op facebook ‘n foto van die taxi se remmerke gesien. Dis sulke laaaaang strepe, hy het verseker weer gejaag. Hul doen dit heeltyd deur die wildtuin, met blerrende musiek en almal suip. Lieflik. Die kameelperd is blykbaar dood.

chrisjan ·

Tydens ons laaste dagbesoek aan die wildtuin het ons ervaar dat, terwyl ons by die spoedperk hou ,taxis by ons verby gevlieg het.’n Kameelperd loop maar stadig so daai taxi bestuurder sou tyd gehad het om te stop as hy by die spoedperk gehou het.Maar die teerpaaie in die park word as snelwee gebruik.Nou is twee toeriste se hele vakansie opgevoeter.Nog meer swak publisiteit vir die land.

elna ·

Wil net noem, die park se werknemers het n ander spoedbeperking as toeriste.

Karin ·

Daar moet ‘n reel wees dat dagbesoekers glad nie deur die grense poste in die KNP mag beweeg nie, mense wat deur die grens poste wil gaan moet ten minste 2 aande in die park oornag. Dit is ‘n reel wat die Kgalagadi het, en dit werk, dit maak seker dat die park nie net ‘n deurgang word nie. Ek hou ook nie van dagbesoekers nie, maar ek is seker Sanparke sal dit nie wegvat nie, hulle sal te veel inkomste verloor. Miskien moet dagbesoekers in offisiele voertuie in die park vervoer word, nie hul privaat voertuie nie.

Badie ·

Die Taxi het verseker te vinnig gery. Maar dit gebeur as jy hulle toelaat om deur n natuurbewarings gebied te ry. Want wetsgehoorsaam is hulle beslis nie.

Attie. ·

Die taxi het net teen die kameelperd gebots en kyk hoe beskadig is dit, duidelik was die snelheid baie hoog. Taxis gebruik die wildtuin as ‘n deurroete. Die kameelperd het toe bo -op die toeriste se voertuig geval. Ek aanvaar dit is wat gebeur het. Taxis in die Krugerwildtuin jaag en bemors die omgewing en ek het ook gehoor van taxis wat bergskilpaaie oplaai. Duidelik is die die Parkeraad besig om die bewaringstryd in SA te verloor.

Patch ·

Ek stem met baie lesers hierbo. Die taxi moes vinniger as die toelaatbare spoed ry. Het ook al baie gesien hoe taxi’s en afleweringsvoertuie in die Kruger jaag. Geen respek vir dier of mede padgebruikers nie. Die taximan is 100% skuldig wat spoed betref, kyk net na die skade . Ek hoop vir spoedige herstel vir die buitelandse toeris.

Annelize ·

Daardie Taxi het beslis bo die spoedgrens gery. Seker weer gery soos hulle hier in Rtb ry, voet in die hoek!

Swanna ·

Die taxi bestuurder moet vinnig deur die wildtuin ry want sy volgende groep toeriste was besig om te wag vir hom. Dit is mos hoe dit gaan in spits tyd in diue oggende en die middae
in Gauteng om geld te maak dan moet all die ander bestuurders op sy staan sodat hulle kan ry soos hulle wil en moes daar die geval wees. Hulle moet taxi busse uit die wildtuin veban. Hierdie is nie die eerste geval nie en gaan ook nie die laaste wees nie.

Lizel Pretorius ·

Dit is definitief spoed, ons almal weet dit ! N taxi wat 20km per uur ry ? Nog nooit gesien !

T ·

Ons was in die Wildtuin so 3 jaar terug en was erg geskok oor hoe die Taxis jaag, hulle ry asof hulle op ‘n snelweg ry. Kyk nie eers na die diere nie jaag net om tussen die kampe te kom of by hulle bestemming, dit is baie hartseer dat die dier moes sterf agv dit.

Se ook maar net ·

Ons was ook in Jul 2016 laas daar. Die plek isnet nie meer dieselfde nie, alhoewel ons mal is oor KNP. Dis baie hartseer hoe dinge daar versleg, en akommodasie word buitesporig duur. dus, sal ek nie sommer daar gaan nie. Ek volg ook die FB blaaie van KNP en sien gereeld wat daar aangaan. Wat ek vir ‘n tent in KNP nou betaal, kry ek ‘n3 slaapkamer penthouse by die see…ten volle toegerus. KNP is nie meer wat dit 30 en meer jare terug was nie…en dis nou maar ‘n feit soos ‘n koei!

T ·

Al ry mens 60km per uur kan jy ‘n kameelperd sien aankom, en genoeg tyd he om uit te swaai OF te stop. Maar teen 100km en hoer begind it ‘n probleem raak. Die wildtuin is nie meer wat dit was nie alles vergaan dis so hartseer, hulle moet maar die heinings afsny en die diere maar laat gaan.

jakes ·

Daar kan net een van twee redes wees vir die storie. Of die bestuurder het nog nooit n kameelperd gesien nie en gedink dat dit n tokolosh is of die waarskynlike dat hy in n wildtuin gejaag het. Ek hoop dat die toeris nou besef dat SA nie meer n veilige toriste bestemming is nie.

Dance ·

Daai taxi is onskuldig, mag ek nou maar al Daai nekbiltonge kry?

Sandy ·

Ja tot die diere in ‘n beskermde omgewing is nie vrygespreek van die taxi’s wat dink hulle is bo die wet verhewe nie. Ek stel ook net belang om te hoor of die kameelperd ok is?

PJN ·

Die Kruger gaan elke jaar meer en meer agteruit. Mense wat die wildtuin gebruik om deur te ry, jaag teen ‘n spoed by jou verby. Ons besoek die Park nou 14 jaar elke jaar. Meer rommel lê langs die pad. Die challets se standaard gaan agteruit. (soos die gebrek aan potte, bakke en borde en eetstelle/ partykeer nie kettels om water in te kook nie) Nou hierdie ongeluk wat haas onmoontlik behoort te wees teen 60km per uur op die teerpad en 50km per uur op die grondpaaie. Dit behoort so anders te wees. Buitelandse toeruste bring baie geld die land in deur die Kruger te besoek. Gaan ons binnekort hoor dat die KNP ook nou teen ‘n verlies bedryf word????

willem wat wonder ·

Sjoe. Die simpatie vir die Switser is oorverdowend.

ap ·

cowboys is tot daar n irritasie , behoort glad nie op enige pad toegelaat word on daar te wees nie , veral daar

Diereliefhebber ·

Die kere wat ons in die KNP was, het ons gesien hoe die personeel die spoedgrens oorskry. Die ergste is die aflewerings voertuie. Hulle ry soos maniake deur KNP.

PJN ·

Jammer ek het my vroeer verkeerdelik aangehaal. Dit is 50km per uur op teerpad en 40km per uur op grondpad. Dis dalk weer tyd dat ons daar moet gaan draai.
Sterkte aan die Switser. Ek hoop vir spoedige herstel van jou beserings

madels ·

Seker weer soos n totale besetene gery en dis hoekom die taxi die arme kameelperd so erg getref het. Ek hoop regtig dat die taxi bestuurder tronk toe sal gaan as voorbeeld van wat gebeur as jy soos n besetene in die wildtuin jaag

Sakkie ·

Die taxie is onskuldig ek hoor die kameelperd het in die taxie vas gehardloop

Sakkie ·

Ek dink daar taxi is onskuldig. Die kameelperd het glo in die taxi vas gehardloop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.