Toeris in Tafelberg Nasionale Park vermoor

Houtbaai, Kaapstad (Foto: Falco, Pixabay)

ʼn 25-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn toeris van die Oekraïne Saterdag in die Tafelberg Nasionale Park vermoor is.

Die 44-jarige toeris het Saterdagoggend in die park in Houtbaai gestap toe hy omstreeks 11:00 deur drie mans naby die Oos-Fort aangeval is.

Die toeris is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek voor die verdagtes met sy rugsak met sy persoonlike besittings daarin op die vlug geslaan het.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het lede van die buurtwag een van die verdagtes vasgetrek en is van die gesteelde goedere in sy besit gevind. Die ander twee verdagtes is steeds soek.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is, sal Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Ria van Rensburg ·

Hoekom, hoekom, hoekom. Is dit lekker om n ander mens dood te maak. Hoekom is mense so harteloos en Godloos? Ek verstaan dit nie

Skaap ·

Ons het al baie toeriste van SA en oorsee gewaarsku om nie teen die berg op te loop nie. Maar hulle luister nie en doen dit nog steeds. Selfde met swem in areas waar daar haaie is. Hulle dink die fout le by jou en jy oorreageer ?
Eish.

Johnny ·

Die mense moet weet in SA is n lewe niks werd nie .bly weg iut SA want ons land is besig om iut mekaar te gaan want die ANC kan nie wet en orde hand half nie .moenie julle geld hier mors nie .bly waar julle is dit is so hartseer om dit van ons land te se .

Carharodon Carcharias ·

Daar word vir toeriste gelieg oor hul veiligheid in die land! Hul geld is welkom, maar hul lewe is niks werd nie! Vertel hulle van die sewe= en vyftig moorde per dag en kyk of hulle dan nog wil kom!

Skaap ·

Carha
Jy is absoluut reg !
Oorsee is hulle te bang om rasisties te klink of Afropessimisties.
Daarom lieg hulle oor werklike stand van sake en die naiewe toeriste verloor hulle lewens agv polities korrektheid.
Siek !

Jr ·

Ja maar die Minister van Toerisme in sy onbekwaamheid het nou die dag gesê dis die ” wit man ” se skuld toerisma is af. Dis omdat ons mense oorsee hoe gevaarlik dit hier is. PEOPLE OF OTHER COUNTRIES – YOU ARE AT RISK – TRAVEL TO ANOTHER COUNTRY. PUT THAT IN YOUR PIPE AND SMOKE IT MR ” HONOURABLE ” LIAR MINISTER

Tino ·

Dis maar dieselfde as ons lewens. Niks werd maar ons geld is reg.

Stuur die weermag in…!

Johnna ·

Dit gebeur nou dikwels daar maar hoekom is daar nog nie verskerpte sekuriteit ingestel nie.Hierdie rowers sal moet boet vir hulle Dade.

Johan ·

Sal nie enige iemand aanraai om Suid Afrika te besoek nie. Inteendeel…

Pop ·

Van ons kinders woon in ander lande, en ons moet vir hulle gaan kuier, hulle weier om hulle voete met hulle kindertjies hier te sit. Almal kla maar die selfbeskikking form word nie geteken nie. Mense gaan doen dit.

Werner ·

Wel dit lyk nog nie of die weermag enige verskil maak op die vlakte as daar na hierdie week se moorde gekyk word nie

HPV ·

Stuur hierdie soort berigte vir internasionale koerante, besighede en vriende, ons doen dit. Vertaal dit en meld die bron van oorsprong.

Vlakvark ·

Toerisme is van die bitter min produkte waar Suid-Afrika dalk nog wêreldkompeteerbaar kan raak om volhoubaar voldoende buitelandse valuta te verdien vir ‘n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners. In New Zealand toer baie mense alleen veilig met fietse!

Ons ANC-leierskap het geen visie om van toerisme ‘n wenresep te maak nie. Pateties!

sweis ·

Ek kan nie glo daar is nog toeriste wat na hierdie piesang republiek wil kom nie ,waarsku die verskeie ambassades nie hulle mense nie?

AndrewL ·

Houtbaai raak die dorp van betogings en verwoesting. Laat die politieke vlugtelinge begin erfbelasting betaal vir die prima grond wat hulle beset, en die betogers betaal vir skade.p

Melanie ·

Bring die doodstraf terug minder moorde sal gepleeg word!

Schalk ·

Ek dink steeds SA is een van die mooiste lande ter wêreld. Ek bly tans al ‘n paar jaar in Abu Dhabi en bemark ons land aan almal. Het al verskeie ander lande besoek en geen land kom naby SA nie. Al my vriende van verskeie lande het al SA saam met my besoek en gesê dis veel beter as ander bestemmings. Mens moet wel voorsorg tref waarheen mens gaan. Maar dit gebeur in alle lande – selfs hier ook. Hier mag dit net nie in die media verkondig word nie.

Skaap ·

Schalk
Abu Dhabi het nie 18000 moorde per jaar (waarvan die polisie weet) nie.
Abu Dhabi se huise het nie diefwering, alarmstelsels, groot honde, hoe mure, sekuriteits firmas of elektriese drade nie.
Maar dit het die doodstraf.

Genoeg is genoeg. ·

Waste voorsorg? Verduidelik asb.
Enigste voorsorg is bly weg.

Johanna Botha ·

Ons waag dit nie om in die velt hier naby te gaan stap nie ! Die stadsraad weet al lankal van die probleem maar doen niks ! En die polisie monitor mos net en weet nie van proaktief wees nie ! Toeruste moet maar nie nou kom na SA nie want nerens is jy veilig in die land met sy 57 moorde n dag en 106 verkragtings….se dit nie reeds bly weg nie …dalk veiliger in die midde ooste se oorlog areas as hier !

Jannie ·

Ag, mooi man!! Jammer oor die menseverlies, maar hopelik sal oë elders ook dalk oopgaan oor die LibTards se Reënboogland!!!

Michael P ·

Stiks ek is seker die ANC gaan nou weer se die toeris het die K-woord gebruik.In hulle oe is die veel erger as n geweldadige moord.

John ·

Kyk tog na sabc se program tans oor grondhervorming waarin ene Mahlati, nog voor die nuwe komitee vergader het, aanbevelings maak oa dat boere grond moet skenk as ‘n vorm van grype sonder vergoeding. So op die Sondagoggend word voortydige bevindinge deur die uwe bekendgestel. Die grondeisehof moet glo ook gewysig word. Wat probeer die grondgrypgeweldenaars hiermee regkry?

fred ·

vra hulle n biekie wat hulle vir dekades met HULLE gronde in die tuislande gemaak het…… NIKS …NIKS…NIKS
En die NP het hulle dan nog miljoene gegee..

Koos de Meyer. ·

Dis nou ‘n mooi beeld na die buiteland toe. Ons land is in moord en anargie gedompel en dan word daar vir die wêreld gelieg.

Ander Koos ·

Schalk, dit is waar. SA is van die beste en mooiste lande, maar en groot MAAR. dan moet dit tog goed bestuur word en beslis nie soos tans nie. Jy woon in Abu Dahbi en nie SA . hoe rym dit met jou “post”?

marous ·

Stuur hulle Oekranie toe vir verhoor . Die land se onregstelsel is verrot!

Sarel ·

Ek stem saam dat ons oor ‘n unieke natuurskoon beskik en wel een van die mooiste natuurtonele get. Masr word ongelukkig tans ontsier deur Politisie wat nie ‘n duit omgee nie , misdaadbendes wat hulle toespits op moord en roof van toeriste soms word die mooiste plekke ontsier deur Plakkerskampe. Dit is nie net stappers wat deurloop nie.

Christa ·

Die buiteland het nog nie geleer van die moordadige land SA nie. Hier word almal aangeval of/en vermoor.

Kobus ·

Die doodstraf? Nou oor die naweek weer gelees van sg. menseregte groepe wat veg reen die herinstelling van doodstraf in ‘n sekere land. Nou vra ek weer het die slagoffers en families nie ook regte nie. Weeg die misdadiger se regte meer as die van die slagoffer? In SA weet ek is dit wel so
Hier het SLAGOFFERS geen regte nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.