Die liggaam van ʼn Japannese toeris is Donderdagoggend op Tafelberg in Kaapstad opgespoor.
Volgens Robert Daniels, ʼn woordvoerder van die stad se nooddienste, het die 24-jarige man Woensdagaand in Platteklip-ravyn verdwyn nadat hy glo in die donker gaan voetslaan het.
Hy het gesê vuilspel word nie vermoed nie.
Die man se liggaam is omstreeks 09:00 deur ʼn soek-en-reddingspan opgespoor.
* Platteklip-ravyn